Ramaphosa sien nie die gesondheidsorgkrisis nie, sê Hospersa

Pres. Cyril Ramaphosa tydens sy staatsrede (13 Februarie 2020) (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Die vakbond vir gesondheid en dienspersoneel (Hospersa) meen pres. Cyril Ramaphosa “sien nie die krisis waarin die land se gesondheidsorgstelsel verkeer nie”.

Die vakbond het in ʼn verklaring sy teleurstelling uitgespreek oor die gebrek aan fokus op die beleërde gesondheidsorgbedryf tydens Ramaphosa se staatsrede Donderdagaand.

Kevin Halama, woordvoerder vir Hospersa, het gesê die vakbond is teleurgesteld dat Ramaphosa glad nie enige planne genoem het om swak infrastruktuur, wanadministrasie, gebrek aan personeel by staatsfasiliteite en die gewelddadige aanvalle op gesondheidsorgwerkers te takel nie.

Hospersa “maan ook die president om dit nie te laat blyk of die land se staatsgesondheidsorg in ʼn goeie toestand is terwyl dit jaar ná jaar versleg omdat dit nie aangespreek word nie”.

“Tydens sy toespraak het Ramaphosa versuim om die algemene publiek gerus te stel oor die stand van staatgesondheidsorg en ingrypings te verskaf om die krisis hok te slaan. In ʼn toespraak van byna twee ure het hy slegs in drie sinne terugvoer gegee oor die Nasionale Gesondheidversekering (NGV). Die staatsrede het nie die verbeelding aangegryp van gesondheidsorgpersoneel wat elke dag lang ure werk om gemeenskappe te dien sonder enige ondersteuning van die regering nie,” het Halama gesê.

“Hospersa is van mening dat die president nie die krisis sien waarin die land se staatgesondheidsorgstelsel verkeer nie.”

Ramaphosa het tydens sy staatsrede gesê in voorbereiding op die NGV het die regering reeds meer as 44 miljoen mense by 3 000 klinieke in die elektroniese gesondheidsorgstelsel as pasiënte geregistreer. Dié stelsel word nou in hospitale bekend gestel.

Hospersa ondersteun die NGV, maar het benadruk dat dit belangrik is om eers die basiese diensleweringsprobleme te takel voor só groot verandering aangepak word.

“Meer as 85% van ons mense is afhanklik van die staatsgesondheidsorgstelsel,” het Halama bygevoeg. “Dit is dus noodsaaklik dat die president die land in sy vertroue neem oor die regering se planne om die beleërde staatgesondheidsorgstelsel om te keer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

ElizeK ·

Genade, hier rek n spier soos ek lag. Regtig Hospersa, hy sien GEEN krisis raak nie, wat maak jul dan so spesiaal. Wens hulle wil alternatiewe krag by sy huis en res van regering se huise stop, dan moet jul sien hoe vinnig sorteer hy/hulle Eskom uit. Voel mos n vy, want hulle paleise word mos nie geraak nie.
Hy kyk toe hoe SA “down the drain” gaan. Glo my, dit pla hom nie in die minste nie.

Johan Venter ·

En tog het hy raadgewers, maar wat blyk soos hy, ook by verre nie kundiges in die algemeen of op spesialisgebiede te wees nie, nie tegnokrate is nie, nie ekonome nie, nie bankiers nie, nie mediese dokters nie, nie bouers nie, nie loodgieters nie, het nog nooit ‘n besigheid van die grond af gebou en suksesvol tot wêreldgehalte laat uitstyg nie. Mens betwyfel nie dat hulle kaderaanstellings was of is nie. Weet hulle wat beplanning is, aksieplanne, doeldatums edm?

Maar hy wil die land bestuur so asof hulle spesialiskennis van al die bogemelde het en hy en die ANC wil die funksies van instansies in die private sektor oorneem, sodat hulle deur hul volgelinge nie versaak word nie, maar as die groot paterfamilias beskou word … Baba.

Johan Venter ·

Hulle moet Cyril Ramaphosa versoek om die name van die staatshospitale wat hy die afgelope twee jaar besoek het bekend maak, hulle is mos maar in dieselfde toestand as Eskom en die ander staatsbeheerde instellings, ons het mos gesien hoe hy Eskom besoek, insgelyks kan hy dan mos ook die verslae van die toestand betreffende die staatshospitale wat sy minister in die tyd aan hom verskaf het bevestig, asook wat hulle daaromtrent gedoen het.

Jeanette ·

Ironie tans met die elektroniese stelsel: tydens beurtkrag geen toegang tot pasiente se rekords.

SomeOne ·

ramaphosa is so stiksiening soos n mol, sien net sy eie sak raak

Anel ·

Hy het geen idee wat in die hospitale aan gaan nie want hy word in die buiteland behandel. Die regering gaan ook nie van die NGV gebruik maak nie, want ons gaan vir hul behandeling in die buiteland betaal. Net soos vir Zuma. Dis geen demokrasie nie. Dit is komunisme. Ek gaan defnitief nie dat ‘n Kybaan of enige ander buitelander if iemand wat slegs 30% benodig om te slaag aan my laat vat nie. Dan gaan ek maar eerder na my.plaadlike veearts!

Rudolph ·

Wag tot he siek word, Dan gaan by ook oorsee vir behandeling soos Zuma.

Hansie slim ·

Die ANC het hospitale gekry wat hulle net gelos het om te vergaan. Ander lande het van die hospitale opgegradeer met die beste toerusting maar dit help nie as dit nie instand gehou word nie. (George Makhari Hospitaal is ‘n voorbeeld)
As die ANC net instandhouding gedoen het, was die NGV nie nodig nie… Daar kry hulle gratis behandeling deur van die beste wit spesialiste.
Daar kon seker aspekte van die gesondheidsdienste verbeter het, maar nie naastenby wat hulle met die NGV in gedagte het nie.
So, maak nou maar die land bankrot met die NGV en dan sien ons na ‘n paar jaar of daar ENIGSINS ‘n verbetering is op die huidige stand van sake!!??

Bernhard Wener ·

Die oplossing is baie eenvoudig. Die hele regering mag slegs van staats dokters en hospitale gebruik maak.
Indien daar geen probleem in die gesondheids sektor is nie het hulle mos geen rede tot vrees nie.

antieke antie ·

sjoe die man sien regtig nie die gemors waarin hulle die land gesit het nie en het ook geen beheer oor sy kaders…

007 ·

Hulle moet alle staatsamptenare verplig om na staats hospitale toe te gaan dan kan hulle self sien hoe lyk dit daar.

henndrik ·

Iemand anders het nou anderdag voorgestel dat alle parlementslede verplig behoort te word om net provinsiale hospitale en gesondheidsorg te mag gebruik. Hulle moet ook soos ons gewone mense in ‘n ry sit en wag. Ek reken dit is ‘n baie goeie voorstel want dan sal die diens verbeter

Leon ·

Ramaphosa sien niks raak nie. Hy is so blind soos ‘n mol as dit by politiek kom. Om die waarheid te sê, die hele ANC is so blind soos ‘n mol as dit by die land kom. Al wat hulle sien is apartheid en dan sien hulle dit ook nie korrek raak nie.

Jakes ·

Natuurlik sal CR hom blind staar teen die gesondheids krisis. Sodra die top mense siek is word hulle in die buiteland behandel. Die eise agv nalatigheid teen dokters en staatshospitale in SA beloop miljarde.

RyanSA ·

Selektiewe siening. My skoonpa het selektiewe gehoor.. Dit is baie gerieflik..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.