Ramaphosa stuur gesante om Zimbabwe te help

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Presidensie/Twitter)

Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdag dr. Sydney Mufamadi, voormalige kabinetsminister, en Baleka Mbete, voormalige speaker van die parlement, as sy spesiale verteenwoordigers na Zimbabwe aangestel.

Betogings teen die Zimbabwiese regering het die afgelope week opgevlam waar die polisie en weermag betogers hardhandig gehanteer het. Dit het ʼn inploffing van die menseregteskendingskrisis tot gevolg gehad.

Die #ZimbabweanLivesMatter-veldtog het vandeesweek momentum begin kry op sosialemedianetwerke, waaronder Twitter.

Internasionale persoonlikhede en politieke aktiviste in Suid-Afrika het by die #ZimbabweanLivesMatter-veldtog op Twitter aangesluit en die regering in Harare word gemaan om ʼn einde te bring aan onderdrukking onder die Mnangagwa-geleide regering.

Daar is ook druk op die Suid-Afrikaanse regering geplaas om in te gryp in wat aktiviste ʼn “krimpende demokratiese ruimte” noem. Dit het tot Ramaphosa se besluit gelei om Mufamadi en Mbete as gesante te stuur.

(Foto: Chihera wepaWedza via Twitter)

Die presidensie het in ʼn verklaring gesê Mufamadi en Mbete sal na verwagting met die Zimbabwiese regering en die betrokke belanghebbendes praat om moontlike maniere waarop Suid-Afrika Zimbabwe kan help, te identifiseer.

Hulle sal so gou moontlik na Zimbabwe vertrek.

Maroela Media het vroeër berig die Zimbabwiese regering het Donderdag “valse bewerings” van menseregteskendings en ʼn krisis in die land verwerp. Nick Mangwana, permanente sekretaris in die inligtingsministerie, het gesê die bewerings word versprei deur bekende politieke aktiviste, enkelinge wat oor waninligting beskik en internasionale akteurs.

Foto: @dougcoltart/Twitter

“Daar is geen krisis of inploffing in Zimbabwe nie. Burgers is nie ontvoer nie en daar is ook nie ʼn oorlog op inwoners nie. Net soos in enige ander land in die wêreld pas Zimbabwe Covid-19-afsonderingsmaatreëls toe wat ten doel het om die lewe van alle burgers te beskerm. Waar nodig, is wette regverdig toegepas,” het Mangwana gesê.

Mangwana het gesê die sogenaamde krisis is ʼn doelbewuste poging om die beeld van die land skade te berokken deurdat gedokterde foto’s, ou video’s en aangedikte bewerings op sosiale media gebruik word. “Dit het ten doel om ʼn prentjie te skets van ʼn Zimbabwe wat aan die brand is. Niks kan verder van die waarheid wees nie.”

Mangwana het gesê Zimbabwe is “vreedsaam en alle burgers is vry” om binne Covid-19-riglyne aan te gaan met hul lewe.

Die burgerregtegroep #NotInMyName in Suid-Afrika het vandeesweek aangekondig dat hy Vrydag ʼn betoging by die Zimbabwiese ambassade in Pretoria sal hou oor die “verdwyning van demokratiese ruimte” in Zimbabwe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Fufu ·

Vee eerder voor jou eie deur. SA het groter probleme maar jy hou jouself besig met dinge wat jou nie aangaan nie.

Anoniem ·

Die SA verteenwoordigers sal terugkom met hulle bevindinge: zimbabwe benodig dringend ‘n paar miljard Amerikaanse dollars om die regering aan die gang te hou, asook petroleum en krag vir die land. Verder sal daar geen probleme in zim bevind word nie.

Marius ·

Mnr , die land waar jy veronderstel is om in beheer te wees val uit mekaar maar jy bekommer jou oor n ander land , regtig ? Ek verstaan dit glad nie .

koos10 ·

CR, wat gaan aan met jou? Jou land is in ‘n algehele verval, maar jy kies om PPE’s aan Kuba te gee, en stuur mense na Zimbabwe.

Hennie ·

Julle is nie in staatom julle eie land te bestuur nie, en nou moet twee “has been’s” na ‘n verwoeste land toe gaan om te help terwyl ons eie land en sy mense besig is om ten gronde te gaan. Hierdie is ‘n duur speletjie CR, wie gaan betaal? Ek hoop nie die geleende IMF geld nie!

annie ·

… gesante met hoeveel $ in die sak? Daar was onlangs nog net 12 milj zims oor en hulle trek daagliks in 100e suid deur/oor/onderdeur die grens. Destyds teen die einde van die Smith-era toe die Weste met groot genoegdoening sanksies op Zimbabwe laat reèn het, was die winkels leeg en moes wit burgers na SA reis vir basiese behoeftes. En later het talle hierheen uitgewyk. Nou moor die begunstigdes mekaar uit. Uiteindelik bly almal hier. Ons trek glo al by 70 miljoen inwoners, reken sommige demograwe…

Judge ·

Zimbabwe kry gesante.
Suid Afrika kry kommisies.
Beide sal niks van kom.

Renee ·

Hy kan nie eens hulp aan sy eie land gee nie, hier is mense wat baie erg deurloop onder inkomste verliese, hongersnood ens maar nee Zim beteken vir hulle meer as hulle eie mense. Wonder net hoeveel van die geleende geld gaan saam met hulle na Zimbabwe

Suzette ·

Jy kan nie eens die situasie in SA hanteer/beheer nie, wat wil jy nou in ‘n buurland gaan regkry?

Kanjynoumeer ·

In Zimbabwe, thousands of white farmers were forced and kick off their farms, sometimes violently between, 2000 and 2001 under a goverment programme of Land Reform.

Years later nothing has changed, in fact in is getting worse.
It is currently ZIMSA!!

Adam Adriaan ·

Jakkals stuur Jakkalsse om jakalsstreke te gaan ondersoek. Wonder wat gaan die bevinding wees? Wie kan raai? Bedmaats hou mekaar warm.

gehasie ·

Dit terwyl SA op diè vooraand van dieselfde tragedie staan. Daar is geen teken van regering hier of in Zimbabwe nie en tog gaan die staatskaping voort asof dit die norm is. Afrika is gebrekkig aan leiers (sluit die laastes v NP in) maar Kartel bestuur is hoe dit deesdae gedoen word.

Pieter ·

Die een skelm help die ander skelm so werk komuniste saam. Ou cyril wil gaan kyk hoeveel tabak het zim nog oor.

Mariana ·

Ja nee hy stel meer belang in Zim se dramas as die wat hier aangaan. Prioriteite is pateties. Plaas hy sy eie land se “our people” se probleme aanspreek.

TO ·

Grap vd jaar. Suid Afrika kan homself nie eens help, wat staan nog ‘n ander land

Alleen Wolf ·

Hy kan homself nie help nie, wat wil hy daar bereik, dom verby

Hans ·

Ja gaan help hul om korrupsie beter op dreef te kry .
Pleks jy na die boere kyk wat jou dik lyf onderhou

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.