Ramaphosa vergader weer dié week met Poetin

Pres. Cyril Ramaphosa vergader weer later vandeesweek met Rusland se Wladimir Poetin. (Foto: Twitter)

Russiese president Wladimir Poetin wil Oekraïne met die leiers van Afrika-lande bespreek wanneer hulle later vandeesweek in Sint Petersburg vir ʼn Rusland-Afrika-beraad byeenkom.

Poetin vergader Vrydag met die Afrika-leiers oor verskeie kwessies wat met Oekraïne verband hou, het die Kremlin in ʼn verklaring gesê.

Rusland “waardeer die opregte pogings van die Afrika-vennote vir ʼn politieke oplossing vir die konflik”, lui die Kremlin se verklaring.

Verskeie Afrika-leiers, ook Suid-Afrika se Cyril Ramaphosa, word by die beraad verwag wat Donderdag en Vrydag in Poetin se tuisdorp gehou word. Volgens die Kremlin het 49 Afrika-lande reeds hul bywoning bevestig.

Teen die einde van die beraad sal ʼn verklaring aangeneem word waarin die “gekoördineerde benaderings tot die ontwikkeling van samewerking tussen Rusland en Afrika” uitgestippel word, sê die Kremlin.

Die einde van die ooreenkoms wat Oekraïne tot dusver toegelaat het om ondanks die konflik graan via die Swartsee na internasionale markte uit te voer – ook na Afrika – sal na verwagting die sakelys oorheers.

Moskou het die afgelope paar dae sy Afrika-bondgenote probeer paai oor dié ooreenkoms en sê hy verstaan hul “kommer” oor die kwessie.

By die beraad se hoofsessie sal Poetin na verwagting ʼn “belangrike verklaring” rakende die kwessie oor kos en kunsmis maak, het Yuri Ushakov, die Kremlin se raadgewer oor buitelandse beleid, luidens Russiese nuusagentskappe gesê.

“Die meeste aandag sal gegee word aan die vooruitsig vir die verdere ontwikkeling van verhoudings tussen Afrika en Rusland, met ʼn benadering van ons hulp aan die nasionale, soewereine ontwikkeling van Afrika en die versekering van billike toegang tot voedsel, kunsmis, moderne tegnologie en energiehulpbronne,” het Ushakov gesê.

Volgens Ushakov sal Poetin met verskeie Afrika-leiers vergader, onder wie Ramaphosa, asook die presidente van Kameroen, Senegal en die Sentraal-Afrikaanse Republiek.

Die beraad is die tweede van sy soort nadat ʼn inhuldigingsberaad in 2019 in Sochi in die suide van Rusland gehou is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

SmartieMan ·

Lekker vakansie saam met kader Zuma met ons hard verdiende taks geld.

Harley Davidson ·

Afrika bly Afrika en die beste vir Afrika sal wees as die kolonialiste terugkeer en die vasteland help opbou.

Charles ·

Ek stem saam en ook wonder ek. Waarom het die Afrikane voor die kolonisasie kos en skoon drinkwater gehad en metodes gebruik om hulself te handhaaf en onderhou? Selfde met Indië.

Truman Burbank ·

En so word jan publiek besig gehou. Terwyl iets anders in die agtergrond broei. Want politiek is een van die hoof afleiers vir die AI

Porseleintjie ·

Ramaphosa hou die broodjie gebotter. Alles wat in die duister is, sal na die lig gebring word in Jesus Naam.

JL ·

Eers nog ñ paar R in sy persoonlike beursie inpas voor 2024. Intussen verval ons land verder in ñ bodemlose put. Jhb verval soos die regering in ñ “onbekende” gat

Andre ·

Dis seker moeilik om westerse geskenke te ontvang en dan by eerlike lande te moet vriendelik wees.

SSH ·

Waarheid, ek begryp hierdie stelling maar te goed.
Hulle gaan hulle vasloop as hulle dink die Weste kyk na ons met goedheid en guns…

Gaitsigubib ·

Watter lande is die eerlike lande? Ek wil net graag hoor watter maatstaf jy gebruik. Ek meen Afrika is nie bekend vir eerlikheid nie, ek wil nogtans weet hoe jy die lyne trek.

A ·

Rusland mag koring skepe stop, want 80 jaar gelede het Hiroshima gebeur.

En Hunter Biden se laptop.

Ek is baie slim.

Gaitsigubib ·

Ek dink die woord wat jy gesoek het was “verlig” of “woke”. Dis mos wanneer jy ietwat slimmer is as die gewone ou op straat. Sommige mense sal enige iets doen om net nie as verkramp gesien te word nie. Hulle antwoord dikwels n vraag met “twak” of “nonsense” anders ignoreer hulle die vraag wat jy vra, want hulle kan hulself nie artikuleer nie en is ook nie bekend met die feite nie, maar is bang iemand dink hulle is nie, soos jy se: “baie slim” nie.

Charles ·

Die tye voor demokrasie, waar n koning handel gedryf het met ander lande maar not the hell sy land sou uitverkoop nie, was beter tye. Maar toe word die mens oortuig demokrasie is die beste ding ooit…

hpven ·

In Afrika beteken demokrasie ‘n plunderende regime soos byvoorbeeld die Ramaphosa regime.

JohanR ·

Ramaphosa is meer buite die land as wat hy in is! Het hy al sy mond oopmaak oor die blou lug? Dink nie ek het ‘n word uit sy mond gehoor nie.

Debbie ·

En daar gaan hy alweer met al sy pelle op ons onkoste. Miljoene rande later en nog niks bereik nie

HPJ ·

BRICKS is die pad voorentoe Die lot beswaardes soos die DA moet maar bly lkou aan hulle vervalle Westerse morele standaarde

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.