Ramaphosa wek agterdog oor magsgrypplan, sê DA

Voorblad van die dokument soos verskaf deur die DA

Die Demokratiese Alliansie het ʼn formele reaksie van pres. Cyril Ramaphosa ontvang oor sy parlementêre vraag oor die oorsprong en status van ʼn geheime staatsdokument wat uitgelek het. Volgens die DA word ontstellende grondwetlike voorstelle in die dokument gemaak.

“Die DA het verlede maand die dokument onthul en tot dusver het nog niemand in die ANC of die regering die egtheid daarvan ontken of die inhoud ontken nie,” het Cilliers Brink, die DA se skaduminister oor samewerkende regering en tradisionele sake, in ʼn verklaring gesê. “Ons het die president die geleentheid gebied om die saak op te klaar, maar sy reaksie laat bloot agterdog wek.”

Die dokument, wat deur ʼn staatsamptenaar aan die DA uitgelek is, stel voor dat beheerrade met uitvoerende magte permanent aangestel word. Dit verskyn op die briefhoof van Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, en is as “hoogs vertroulik” gemerk.

“Die onbekende outeur beskryf die regering se reaksie op die Covid-19-pandemie as ‘voorbeeldig’ en stel voor dat dit alles die geleentheid skep om mag in die hande van die nasionale regering te sentraliseer. Dit word voorgestel onder die dekmantel van die distriksontwikkelingsmodel – ʼn plaaslikeregeringsbeleid-inisiatief wat Covid-19 voorafgegaan het, maar dit het só min substansie, dat mens byna enigiets daaronder sou kon inpas.”

Brink het gesê as die hoogs vertroulike dokument nie ʼn breedvoerige poets is nie, as gesprekke binne die Ramaphosa-administrasie inderwaarheid aangespoor word deur planne van ʼn nuwe beheer- en kontrolestelsel van die regering, dan moet Suid-Afrikaners betyds in kennis gestel word daarvan.

“In sy reaksie versuim pres. Ramaphosa egter om hoegenaamd na die hoogs geheime dokument te verwys (klik hier om die dokument te sien). Hy versuim om te sê of hy die dokument al gesien het, of dit van ʼn regeringsbron af kom en of hy met die voorstelle saamstem. Die president kon die geleentheid gebruik het om duidelik en in eenvoudige taal te sê dat die dokument nie die planne of beleid van sy regering verteenwoordig nie. Sy ontwykende reaksie stel die teenoorgestelde voor.”

Die DA glo dat die president se reaksie nie voldoen aan die standaarde wat deur die reëls van die Nasionale Vergadering gestel is nie – wat vereis dat die uitvoerende raad aanspreeklik moet wees aan die parlement. “Ons sal die speaker skriftelik versoek om die president te beveel om ʼn omvattende reaksie te lewer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Anel ·

Dit is al manier om ons aan komunisme te onderwerp. Deur dit skelm te doen!!!!!

JohanR ·

Daar is nou net EEN hoop vir Suid Afrika oor, en dit is om die ANC in 2021 uit te stem. As dit nie gebeure is SA kapot!

Alleen Wolf ·

Gaan nie gebeur nie, sy people sou dit anders eou spel gaan weer vir hulle stem

Baardman ·

Ongelukkig tel hulle self die stembriewe, net soos in Zim. Hulle sal NOOIT uitgestem word nie

Porseleintjie ·

JohanR. Ons enigste hoop is God. Dis net met Sy hulp dat hierdie korrupte regering uit die stoel gelig gaan word. Waar Hy werk kan niemand keer nie.

Michael ·

Suid Afrika is klaar kapot-moenie dink die ANC gaan ooit ‘n nederlaag by die stembus aanvaar nie-dis nie hoe regerings in Afrika oor die algemeen verander nie

Pieter ·

En ons blankes is vas aan die slaap en ons wil nie standpunt in neem nie. Die dag as ons wakker skrik is dit te laat. Daar is nog steeds mense wat met die kommuniste wil onderhandel skrik wakker mense.

Porseleintjie ·

Die blanke volk moet verenig. Tweede tree in die regte rigting. Eerste tree. Bekering.

MrMagic ·

Moet die berig nie eerder lees “minister van swakwerkende regering en tradisionele sake” nie?

koos10 ·

Jacob Zuma is eens bestempel as ‘n “one man wrecking ball”. Hy was ‘n amateur teen sy eks vrou!

Fred ·

Pieter, wat stel jy voor moet die blankes daaromtrent doen wanneer hulle wel wakker skrik? Vlug, veg, hulp vra iewers? Enigste sinvolle aksies wat oorbly is om nog meer in die huidige media kanale en opposisie partye bedrywighede en diesulkes betrokke te wees. Verder moet die komende golwe uitgery word.

Danie ·

Onthou wat Ramaphosa gese het tydems die begin van die lockdown dat die land nooit weer dieselfde gaan wees na die tyd. Wat hy uintlik doen is om nuwe wette in te bring om ons almal te beperk. Jy gaan geen vryheid meer he nie. Die land sal nooit weer n Demokrasie wees nie. Die land gaan n kommunistiese land wees en as ons nie nou gaan saamstaan nie dan is ons verlore. Daar word uit alle oorde gepleit en gesoebat om saam te staan maar ons luister nie nou gaan ons voel.

Danie ·

Nee Johan die anc is nog 4 jaar aan bewind.
2021 is die munisipale verkiesing en dit sal geen verskil maak aan die nasionale regering se beleidsplanne om die land af te breek nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.