Rand Water bekommerd oor toenemende vraag na water

(Argieffoto: Unsplash)

Tshwane se primêre watervoorsiener, Rand Water, het Woensdag kommer oor die toenemende vraag na water – wat van die Mapleton-stelsel voorsien word, en die Stad Tshwane insluit – uitgespreek.

Volgens Rand Water plaas die toename in die vraag na water ʼn stremming op die stelsel wat veroorsaak dat die voorsiener nie in staat is om hoë watervlakke in sy reservoirs te handhaaf nie.

“Primêre en sekondêre stasies werk tans teen maksimum kapasiteit, maar reservoirvlakke is op hul laagste, wat veroorsaak dat toevoerdruk laag bly en hoogliggende gebiede min tot geen watertoevoer het nie.”

Volgens Lindela Mashigo, woordvoerder van die Tshwane-metroraad, ontvang Tshwane 79% van sy grootmaatwatervoorraad van Rand Water.

“As gevolg van die onttrekkingslisensie van die nasionale departement van water en sanitasie asook die beperkings van beskikbare rou waterbronne, het Rand Water aan al sy kliënte perke gestel rakende die hoeveelheid water wat hulle kan gebruik.

“Dit word gedoen om volhoubare watervoorsiening te verseker,” sê Mashigo.

Aangesien die vermindering van waterverbruik die enigste haalbare opsie is om die verspreidingsnetwerk van ineenstorting te red, herhaal die stad sy pleidooi aan alle inwoners om water spaarsamig en verstandig te gebruik.

“Inwoners word dus daaraan herinner dat die waterbeperkings wat voorheen ingevolge die Watervoorsieningsverordening ingestel is, nooit teruggetrek is nie en steeds van toepassing is,” sê Mashigo.

Inwoners se aandag word dus weer op die volgende gevestig:

  • Moenie tuine natmaak nie.
  • Moenie motors was nie.
  • Moenie opritte of sypaadjies met tuinslange skoonmaak nie.
  • Moenie swembaddens volmaak nie.
  • Spoel toilette slegs wanneer nodig.
  • Maak ’n lopende kraan toe terwyl jy tande borsel.
  • Verminder daaglikse waterverbruik so veel as moontlik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Republikein in die Wes Kaap ·

Daar is ‘n groter vraag na water want die bevolking neem daagliks toe.

Meinung ·

Republikein het my voorgespring, maar ek stem saam. Hierdie gaan die primêre rede word vir probleme vorentoe. Jy hoor nóóit ‘n ANC-politikus iets sê oor die bevolking wat te vinnig groei nie. Hulle het net eenvoudig nie daardie insig nie! Die vraag na kos, water, elektrisiteit, werk, skoolboeke, skoolbanke, klinieke, en wat nog, gaan net eenvoudig styg. Geen regering sal vorentoe kan bybly met die voorsiening van hulpbronne. Dit stuur dan onvermydelik op ‘n flitspunt af.

Pieter ·

Nou wat het julle gedink gaan gebeur? Meer mense, meer water… Maar net nog ‘n bewys dat julle blinders voor julle oe het…

Pieter ·

Jy kan nie alles vir almal doen sonder dat ander ook bietjie hulle kant bring nie…

Gawie ·

Ek lees nerens van vroegtydige beplanning wat die afgelope twintig jaar gedoen is in terme van bevolkingsgroei en vermeerding van dienste benodig nie. Ek lees nerens van nuwe damme wat gebou/vergroot is nie. Ek lees net van oop grense. Nou wat anders hut julle verwag

John ·

Ook word die huidige water bronne verder besoedel deur al die riool wat ingepompte word.

Karoo ·

en moet nie vergeet van die fabrieke en myne wat ook water besoedel en rivier ekosisteeme vernietig nie.

Amelia ·

Iets klop nie. Wat is die oorsaak vir die toename in aanvraag? Sekerlik is dit nie dat mense ewe skielik meer water gebruik nie. Kan dit dalk wees dat daar nooit voorsiening gemaak is vir bevolkingsaanwas en groeiende industrie in waterbeplanning nie? Waar is die nuwe damme gebou sedert 1994?

Karien ·

Wat ons as Heidelbergers nie verstaan nie, is hoekom ons geensins water in ons krane het nie. Dis kurkdroog. Ons in Rensburg sit nou 18 dae aaneen sonder water. Ons gemeenskap se inwoners het nie eweskielik vermeerder of ons water verbruik verhoog sodat die informasie sin maak nie. Iewers moet daar n lekasie wees wat die verbruik verhoog of pompe wat nie werk nie agv geen instandhouding.

Samuel ·

Is hierdie water tekort nie ‘n politiesgedrewe komplot nie?

Moenie water drink nie, dit is ongesond, drink bier en wyn.

Frikkels ·

Snaaks dat randwater so bekommerd isin dieselfde tyd watTshwane soveel kriminaliteit beleef. Is dit nou nie dalk ñ tipe van sabotasie op hoë vlak om die situasie nog verder te bemoeilik vir die burgemeester wat sy bes doen om pretoria re red? Ek wonder maar net.

piket ·

Hierdie staking en die kriminaliteit wat daarmee gepaard gaan is so beplan, hulle soek nie n bekwame burgermeester wat die korrupsie krane toedraai nie.

Roek ·

Herstel die lek plekke en doen julle werk, ek is verbaas hulle wys nie die vinger na Eishkom vir die probleem nie, die krag onderbrekins is ook ‘n oorsaak dat die pompe nie kan byhou om die resavoirs vol te maak nie !

Marthinus Johannes ·

Gaan kyk hoeveel water lekke is daar wat elke keer half reggemaak word, en hoe. Brand krane word oopgemaak en blu heeldag Oop tot die lek reg gemaak is (half) want die volge de dag lek die pyp weer op dieselfde plek. Of hulle is onbevoeg of moedswillig. Iemand maak dik geld van al die blou pype ( stukkies op n slag) wat elke keer ingesit word.

houopkruip ·

Snert.
Hoekom sou die stad nou ewe skielik soveel meer water verbruik ?
Sekere van die aanbevelings grens aan die belaglike.
Rand Water se uitsprake het politieke oogmerke.
Sal nie verbaas wees as die stad binnekort onder administrasie geplaas word deur die regering weens al hierdie politieke inmenging in die stad se sake nie.
Cilliers Brink en koalisie het ‘n enorme taak vorentoe.

Sean ·

Randfontein se drinkwater loop damme toe Vir baie lank al op verskillende plekke Geen maintenance

Tienie ·

Die Raad moet ophou om fout te soek en begin om hulle werk te doen.

Dit is julle waterpype wat lek en gladnie herstel word nie.

My vriend sê vir my daar is ook geen nood voorraad om die werk te doen nie.

‘n Waterpyp het vir meer as n week in Mountain View gelek. Die water het soos n rivier in Merwede straat af gestroom.

Andrew ·

Die Afrikaners het nie genoeg damme gebou nie , aparheid se skuld.

John ·

Saam met die bevolkingsgroei, wat van hierdie “lifestyle estates” wat swembaddens so groot soos ‘n binnelandse meer het (Baldwin). Daai water moet erens vandaan kom.
So weet nie hoe die manne die goedkeuring kry om dit te doen, terwyl die ander persoon nie sy kar mag was nie.

Sê maar net ·

Nou ja, Randwater, maak die gebarste pype reg. Hou infrastruktuur in stand. Dan sal julle nie “worry” nie. Waarom moet mense gestraf word vir julle foute? Sal ons maar bietjie minder water drink ook? Hou op om mense se watergebruik die skuld te gee vir julle eie onbeholpenheid en korrupsie!!

Heinrich ·

Dis nou waar daai konsep van ‘beplanning’ inkom, soos die bevolking toeneem moet meer reservoirs en selfs damme beplan en gebou word, maar nou ja, dis seker ‘n westerse konsep daai.

Karoo ·

Hoe skaarser iets is, hoe meer waarde het dit. Binnekort ry die Kaders weer water aan en skenk hulle water tenks vir opsit en water lewering.

Pietertjie ·

Hoeveel van Tshwane se water gaan verlore deur lekkende pype? Dan moet ek ‘n klein kraantjie toedraai vir een minuut terwyl ek tande borsel?

TrueMan ·

Ek kan als verstaan behalwe die toilet spoel gedeelte. Publieke toilette word nie gereeld gespoel en dit stink. Maar blykbaar het elke huishouding in Tshwêne drie lugverkoelers, ‘n olimpiese swembad en elke kamer n jacuzzi.

Hendrik ·

Ek weet nie van julle nie maar ons het geen dienste probleme nie. Ons het genoeg water, elektrisiteit en riool werk ook goed.

Willem ·

Ek het meer as n maand terug n waterlek geraporteer op my sypaaidjie en niemand het al uitgekom om dit te herstel nie. Al hoeveel keer opgevolg en word net gese ek moet wag iemand sal uitkom. Dalk moet hulle al die water lekke reg maak dan kan daar mijoene lieters water bespaar word

Jaco ·

Onwettige mynbou bedrywighede – Zama Zamas gebruik groot hoeveellhede water

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.