Die Suid-Afrikaanse rugbyspan het Sondag met ʼn rits pryse by die Wêreldrugby-toekenningsgeleentheid weggeloop.
Die prysgeleentheid het Sondagaand in Tokio, Japan, plaasgevind, ʼn dag nadat die Springbokke vir ʼn derde keer die Web Ellis-trofee verower het toe hulle Engeland in die eindstryd met 32-12 verslaan het.
Tydens die geselligheid het Rassie Erasmus die toekenning vir afrigter van die jaar ontvang. Pieter-Steph du Toit, Springbok-flank, is aangewys as die rugbyspeler van die jaar, met sy meer as 50 duikslae tydens die toernooi. Hy is soms beskryf as die “hart en siel van die Bokke se enjinkamer”. Die Bok-vleuel Cheslin Kolbe is aanvanklik ook vir dié prys benoem.
Die Springbokke is ook as Wêreldrugby se span van die jaar aangewys. Erasmus het Saterdag ná die wedstryd gesê die Bokke se doelwit was om weer vir Suid-Afrikaners hoop te gee.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
29 Kommentare
Welverdiend!
Baie geluk aan almal!
Wat ‘n voorreg om sulke presteerders in jou land te hê!
Hartlik geluk BOKKE 2019, Rassie en Stephl!!!
Uitstekend, regte mense genomineer vir hul reuse bydrae. Bokke, Pieter Steph en Rassie bo. Jammer Vermeulen is nie benoem nie.
My boodskap is aan elke enkele person wat deel bygedra het aan hierdie geweldige sukses storie.
Julle het almal se hoogste verwagtinge oortref.
Ons het geglo en gehoop julle sal daai beker huistoe bring . Julle spangees het ek in my sitkamer gevoel. Dankie vir al jul harde werk toegewydheid en opoffering
Stronger Together
Welverdiend. Baie geluk en ja, julle het ‘n glimlag en hoop na ons pragtige lamd gebring. Dankie.