RDK verdeeld oor skorsing van twee regters

Die hooggeregshof in Johannesburg. (Foto: Christel Cornelissen)

Deur Tania Broughton, GroundUp

Nie al die regters wat in die regterlike dienskommissie (RDK) dien, het aanbeveel om die Gautengse regters Tshifhiwa Maumela en Nomonde Mngqibisa-Thusi te skors nie.

Slegs twee van die vier regters op die RDK het wel aanbeveel dat Maumela en Mngqibisa-Thusi voorlopig geskors word, van wie een appèlregter Dumisani Zondi wat sy beslissende stem gebruik het.

Regter Nambitha Dambuza het saam met hom gestem.

Regters Phineas Mojapelo en Margaret Victor was egter van mening dat skorsing ʼn te streng straf is.

Maroela Media het vroeër berig die RDK het ʼn aanbeveling aan pres. Cyril Ramaphosa gedoen om Maumela en Mngqibisa-Thusi voorlopig te skors weens hul versuim om verskeie hofuitsprake wat voorbehou is, te lewer.

Die twee regters het tientalle uitstaande uitsprake wat lankal die tydsbeperkings wat deur die geregtelike norme en standaarde voorgeskryf word, verbygesteek het.

Maumela, wat ook die voorsittende regter in die voortslepende Senzo Meyiwa-moordsaak is, is daarvan beskuldig dat hy tussen 24 en 26 maande met 12 uitstaande uitsprake gesloer het.

Maumela skryf die vertraging toe aan swak gesondheid en persoonlike kwessies. Al sy uitstaande uitsprake is intussen gelewer nadat die Gautengse regter-president Dunstan Mlambo klagtes teen Maumela en Mngqibisa-Thusi ingedien het.

Mngqibisa-Thusi het op haar beurt ook persoonlike gesondheid- en gesinskwessies geopper as ’n rede waarom sy nie 20 uitsprake binne die voorgeskrewe tydperk gelewer het nie.

Mngqibisa-Thusi het in Februarie 2021 al uitspraak voorbehou in ʼn dispuut tussen die departement van militêre veterane en ʼn maatskappy wat gesondheidsdienste aan dié departement gelewer het. Meer as twee jaar later was daar steeds geen uitspraak nie.

Alle uitsprake, buiten in uitsonderlike gevalle, behoort binne drie maande gelewer te word.

  • Hierdie berig is oorspronklik op GroundUp geplaas en word met vergunning gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Frank ·

Te siek en besig met gesinslewe om te werk maar is 100% as dit by salaris kry en spandeer kom

Samuel ·

Is daar enigiets in SA wat werk, want as die howe en regters so pateties is, waarh

Samuel ·

Is daar enigiets in SA wat reg werk? As die howe en regters so pateties is, waarheen is ons op pad?

Anel ·

Man, as jy so siek is, hou dan op werk. Jy vernietig ander mense se lewens!!!!

Danie ·

Daar is baie jonger regters wat gesond en bevoeg is om sake aan te hoor.Is daar?????Ek wonder net wat maak die suurstof diewe nou eintlik daar of is dit net n gerieflike ontsnap roete vir n saak om te vou.

Kokerboom ·

Die siekte van uitstel en nie aanvaarding van verantwoordelikheid het in regstelsel ingekruip!!

Doompie Daan ·

Ja-nee! Lekker piesangland waarin ons lewe! Is daar nog iets soos ‘n skaamtegevoel? Ongelukkig kan sekere mense mos nie bloos nie!

Marcello ·

‘n Vriendin van my sukkel nou al maande/jare om te skei in PMB. elke keer as hulle moet voorkom, dan het die persoon op die Regsbank ‘n verskoning, dan moet hulle hoor, bv. hy het onder andere persoonlike kwessies wat EERS moet opgelos word, dit is maar net een van die verskonings. Sovêr dit my kennis sterk, as ‘n landdros/regter nie beskikbaar is nie, moet iemand anders instaan. Dit is ‘n skande !!!!

Casper ·

Daar is hopeloos te veel sake waar uitsprake voorbehou word.Laat ondersoek gedoen word na hulle mediese welstand.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.