Skorsing van twee regters aanbeveel

(Argieffoto)

Die regterlike dienskommissie (RDK) het ʼn aanbeveling aan pres. Cyril Ramaphosa gedoen om twee regters voorlopig te skors weens hul versuim om verskeie hofuitsprake wat voorbehou is, te lewer.

Die RDK sê indien daar vasgestel word dat regters Tshifiwa Maumela en Nomonde Mngqibisa-Thusi, albei Gautengse regters, wel versuim het om die uitsprake wat voorbehou is te lewer, sal dit dui op die regters se onvermoë, growwe onbevoegdheid of growwe wangedrag – veral gegewe die omvang van die vertragings en die nadeel wat dit vir die geraakte partye inhou.

Die RDK het nou gevra dat die hoofregter ʼn regterlike gedragstribunaal aanwys om die klagtes te ondersoek en die president dan oor sy besluit te adviseer.

“Weens die erns van die klagte het die RDK ook besluit om ʼn aanbeveling aan die president te doen om regters Maumela en Mngqibisa-Thusi te skors hangende die uitkoms van die tribunaalproses. Dit gaan gepaard met bepaalde voorwaardes, wat insluit dat die regters tydens die skorsingstydperk alle sake wat hulle tans aanhoor, moet afhandel,” sê adv. Sesi Baloyi, woordvoerder van die RDK.

Maroela Media het vroeër berig regter Mngqibisa-Thusi het in Februarie 2021 al uitspraak voorbehou in ʼn dispuut tussen die departement van militêre veterane en ʼn maatskappy wat gesondheidsdienste aan dié departement gelewer het. Meer as twee jaar later was daar steeds geen uitspraak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Shakespeare ·

‘n Kader is n veraderlike affêre en ‘n Kader met ‘n Graad is nog erger.

Douglas ·

Previously we had a world-renound judiciary manned by judges of unimpeachable integrity.
Once again the bar has been lowered.

Mieke ·

Douglas.. Sorry but it’s hasn’t been lowered, it’s simply been changed to suit and cater to all the ANC’s corrupt desires.

domheks ·

Oorwerk en onder betaal – sal die verskoning wees. African time.

Meinung ·

Growwe nalatigheid en onvermoë en dit nogal van regters! Hoe het hulle op die regbank gekom?

Harley Davidson ·

As die regstelsel val is die land daarmee heen, so dit is die laaste bietjie hoop wat daar vir ons is dat die regstelsel onafhanklik en opreg moet wees .

Alex ·

Dalk word hulle gedreig met hulle lewens. Wie weet. Ons weet nie regtig wat hulle rede is nie. Vandag is die mafia baie groot.

Cherokee ·

As julle terugdink sal julle onthou van ‘n dronk regter wat in (ek dink iemand se huis) vasgery het. Geskors vir sowat ‘n jaar met volle salaris, waarna hy met pensioen gegaan het. Besonderhede ontgaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.