Doodse stilte oor uitspraak wat al 19 maande sloer

(Argieffoto: Unsplash)

Deur Marecia Damons, GroundUp

Die kantoor van die hoofregter swyg oor ʼn uitspraak in die Pretoriase hooggeregshof wat nou al 19 maande lank voorbehou word – en die saak is een van tien in dié hof waarin daar al langer as ses maande op ʼn uitspraak gewag word.

Regter Nomonde Mngqibisa-Thusi het in Februarie verlede jaar uitspraak voorbehou in ʼn dispuut tussen die departement van militêre veterane en ʼn maatskappy wat gesondheidsdienste aan dié departement gelewer het.

Die maatskappy, Zeal Health Innovations, voer aan hy het in 2015 mediese sorg en berading aan militêre veterane gelewer, maar dat die departement tot nou versuim het om hom daarvoor te betaal. Die bedrag wat betwis word, is R15 miljoen.

Die departement het op sy beurt in reaksie op die saak ʼn aansoek ingedien wat die geldigheid van die R200-miljoen-kontrak wat sy amptenare met die maatskappy aangegaan het, betwis word.

Mngqibisa-Thusi het die saak in Februarie verlede jaar aangehoor en uitspraak is op 21 Februarie voorbehou. Negentien maande later is daar steeds geen uitspraak nie.

GroundUp het navrae oor vertraging van Mngqibisa-Thusi se uitspraak aan die kantoor van die hoofregter gestuur, maar ten spyte van ruim kans om terugvoer te gee, het die kantoor nog geen kommentaar daaroor gelewer nie.

Mngqibisa-Thusi is egter nie die enigste regter wat ná maande steeds geen uitspraak in ʼn saak gelewer het nie. Teen Desember verlede jaar was daar landwyd 156 hofuitsprake wat al langer as ses maande uitstaande is; tien hiervan is in die hooggeregshof in Pretoria.

Altesame 830 uitsprake word nasionaal voorbehou.

Die saak tussen Zeal Health en die departement is die tweede langste uitstaande uitspraak in die hooggeregshof in Pretoria. Die langste uitstaande uitspraak in hierdie hof is net ʼn maand vroeër, op 26 Januarie, deur regter Natvarlal Ranchod voorbehou.

Die lys van uitstaande uitsprake is die laaste keer op 31 Desember verlede jaar bygewerk, en is gegrond op ʼn eerlikheidstelsel waarin daar van regters verwag word om uitsprake wat voorbehou word, te rapporteer. Dit is egter onduidelik of daar moontlik nog sake is wat vir so ʼn lang tydperk uitstaande is.

  • Hierdie berig is oorspronklik op GroundUp geplaas en word met vergunning gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Spyker ·

Is die Regters regtig so bang om tot n beslissing te kom? Laat mens net wonder wat hulle aandeel in die saak was.
Onaanvaarbaar in Westerse Ideologie maar standaard praktyk in Afrika politiek.

Pannies ·

Net nog n bewys dat die regstelsel ook besig is om in duie te stort soos meeste goed.

christo ·

Die bevoegdheidsvlak is dalk ‘n bietjie te hoog vir sommige regters.

Herman L ·

Is die regetrs onbevoeg, bang, gekaap of gee hulle eenvoudig nie om nie? Daar kom al hoe meer inligting na vore wat daarop dui dat die regbank gekaap is.

Niklaas ·

Dalks huiwer die agbare regter met sy beslissing weens gebrek aan kennis en ervaring.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.