Reaksiebeampte dalk vervolg ná Spur-voorval

Argieffoto

Die reaksiebeampte wat een van die aanvallers doodgeskiet het wat op die Kiowa Spur-restaurant in die Centurion Lifestyle-sentrum toegeslaan het, kan dalk vervolg word vir sy “heldedaad”.

Maroela Media het vroeër berig vier aanvallers het Sondag op dié gewilde eetplek toegeslaan en verskeie skote is tydens die rooftog geskiet. ’n Reaksiebeampte wat nie aan diens was nie, het sy vuurwapen by hom gehad en een van die aanvallers is in die skietery doodgeskiet. Die ander drie is steeds op vrye voet.

AfriForum tree nou namens die beampte – wie se naam om veiligheidsredes nie bekendgemaak word nie – op.

Marnus Kamfer, AfriForum se regs-en-risikobestuurder, sê die voorval word tans ondersoek en ná afloop hiervan sal besluit word of die beampte vervolg gaan word of nie. Hy sê die reaksiebeampte behoort as ʼn held beskou te word vir sy vinnige optrede.

“ʼn Geregtelike doodsondersoek is geopen wat moet bepaal of die beampte vervolg gaan word of nie. Indien die hof besluit om die beampte formeel aan te kla, sal AfriForum hom met elke stap van die proses bystaan,” sê Kamfer.

Kamfer is egter positief dat vervolging nie ingestel sal word nie en dat die hof sal insien dat die beampte regmatig in ʼn noodsituasie opgetree het.

“AfriForum voel sterk oor die gebruik van ʼn vuurwapen op ʼn regmatige wyse om op te tree in die belang van die gemeenskap. Dit is presies wat hierdie beampte gedoen het. Hy het as regmatige vuurwapeneienaar die nood in daardie oomblik herken en daarvolgens opgetree om sodoende ander mense se lewe te beskerm.”

Die beampte vrees boonop vir sy lewe ná die voorval.

“Die beampte vrees dat die verdagtes wat tydens die rooftog weggekom het, hom en sy gesin sal teiken of dat daar dalk ʼn groter sindikaat is wat uit wraak teen hom sal optree.”

Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum, was saam met sy gesin in die restaurant toe die voorval gebeur het. Hy het van die voorval op Facebook geskryf.

Verskeie restaurante in Centurion is na verneem word die afgelope ruk geteiken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

domheks ·

Net in SA! Die man het lewens gered, nou word hy vervolg. Soek liewer die ander aanvallers wat die man (HELD) se lewe bedreig.

piet ·

Werk oral ter wereld so. Die NVG sal die beskikbare feite oorweeg voor daar besluit word op monntlike vervolging.

Leana ·

my magtig danksy hom is daar ten minste nie ander mense dood nie verdomp plaas probeer hul die ander vang

Maritza ·

No good deed goes unpunished. Skelms lyk my het meer regte as ons pligsgetroue burgers

Anton ·

Blykbaar het kriminele meer regte as mense wat die wet nakom.
Dit is nie asof die sekuriteits beampte net enige iemand doodgeskiet het nie, dit was n gewapende krimineel wat ander mense se lewens in gevaar gestel het.
Suid Afrika raak nou regtig belaglik!

melaney ·

Ek kan in my eie huis of voor my eie hek oorval word. Dit is nou maar SA. Ek probeer maar om uit die spervuur te bly. Eet by my huis.

marius ·

Daar sal ‘n formele geregtelike doods ondersoek gehou word .

My siening ·

Ek kan dit glo want in die SA ANC word alle skelms beskerm en dis teen hulle wet om n gehoorsame burger te wees!

Miskruier ·

Kom praat met die pa wie se seun ses weke gelede in n restaurant geskiet is. Die seun is by Tembisa ge opereer, die wond is nog steeds nie geheg nie,
die ingewande oop, sodat daar vinnig opgetree kan word as infeksie weer intree.

Elmarie ·

Absoluut belaglik dat hy moontlik vervolg kan word. Hy is waarlik ‘n hero, hy het lewens gered. Plaas dat hulle konsentreer om die werklike oortreders vas te trek.

Renier johannes ·

Gee hom n madaje hy vir dien dit ons moet almal so maak en die gemors uit roei want ons polisie te slapgat

Nettie ·

Sug. Die liewe nuwe SA.

Dankie aan die held wat dalk tientalle mense en kindertjies se lewens gered het. Ek bid dat Jesus jou en jou gesin veilig sal hou. Sterkte. Dankie Afriforum dat julle hom help.

Barney ·

Raak asb rustig, dit is nog nie te sê dat die ou vervolg gaan word nie. Iemand is doodgeskiet en dit is ‘n geregtelike vereiste dat daar ‘n ondersoek moet wees om die omstandighede te bepaal. As die omstandighede sy optrede regverdig het sal die ondersoek dit wys en die ou nie vervolg word nie. Dis dieselfde as iemand betrokke was in ‘n karongeluk waar iemand gesterf het – daar is altyd ‘n ondersoek betrokke in onnatuurlike sterftes. Dit maak tog net sin.

Danie ·

Dit is standaard prosedure. Moenie dat die media nou weer jul bloeddruk opjaag nie.

Marcello ·

Aag, asseblief, moet ‘n mens dan net stilstaan en sê: Dê dief, vat maar wat jy wil ?????

Manie ·

Dis standaard prosedure wanneer iemand gedood word. Die saak sal na die NVG verwys word en ek glo dat die man nie vervolg sal word nie, net soos in die onlangse geval waar ‘n kerkganger ‘n rower in die kerk doodgeskiet het wat die gemeente wou beroof.

Marius ·

Hoe belaglik is dit. Dit is dan reg dat jy en jou gesin in n openbare omgewing bedreig kan word???
Watse reg het die mens dan om te lewe as ander net kan instorm en mense se lewens in gevaar kan stel??? Our people moet by kom aub!!!

Johan ·

Geregtelike doodsondersoek is standaard indien iemand gedood word… dis die wet

Jakes ·

Wat n belaglike storie. Die beampte moet internasionaal vereer word. Natuurlik sal die ANC regering teen hom wil optree want gewapende roof, diefstal en korrupsie is alles stokperdjies wat hulle beoefen en aanbeveel.

AndrewL ·

Ai aarde. Hoekom nou die proses vooruit hardloop Afriforum?

Dit is standaard prosedure om ‘n geregtelike doodsondersoek te doen. Die vuurwapen moet vir ballistiese ondersoek gaan en die omstandighede word ondersoek. As dit nie gedoen word nie, sal ek baie bekommerd wees.

Die artikel insinueer dat hy dalk vervolg kan word. Op grond van watter feite meld Maroela media dit?

Moet asseblief nie emosies opjaag nie. Dit is onnodig en teen produktief. Kyk maar na die kommentaar van verskeie mense op hierdie artikel.

Weereens. Hou by die feite en nie spekulasie nie.

adriaan isak ·

Hoe lank gaan hy nou ontwapen word?Nou is hy mos n sitting duck.

Boon ·

Dank aan Afriforum wat alle mense help teen misbruik van starts at.

Toy ·

Watse maligheid is dit dat die beampte vervolg moet word, belaglik as jy my vra. Hy het niks verkeerd gedoen nie. Hou op om kriminele te beskerm dit is hoekom dit so gaan in die land.

Swerwer ·

Tipies ANC gedrag. Waar in jou lewe kan jy iemand vervolg wat ander se lewens gered/gespaar het teen sulke onopgevoede,wettelose wesens. Die ANC beskerm hul kader en gee nie ‘nduit om hoeveel ander landsburgers geraak word in hierdie soort optrede nie. Die ANC moet leer wat PRIORITEIT beteken

piet ·

Dit het niks met die ANC te doen nie, dis die NVG wat besluit of vervolg moet word of nie.

VaalDonkie ·

Mense, dis normaal vir ‘n geregtelike doodsondersoek om gedoen te word. Dis in die naam GEREGTELIKE DOODSondersoek. Moenie stres nie. Die polisie gaan net seker maak daar was wel ‘n wettige rede om die ou dood te skiet. En “mense se lewens was onmiddelik in gevaar” is ‘n wettige rede. Dit sou baie snaaks wees as daai ou skuldig bevind word.

VaalDonkie ·

Op ingels:
“There must be an attack with threat of serious injury or death. The attack must be imminent or ongoing. The attack must be against yourself or a third party. The attack must be illegal (e.g. not a police officer arresting a violent criminal)”.

Dis hoe ons geleer is toe ons die vuurwapen bevoegdheid eksamen moes skryf voordat ons vir ‘n lisensie kon aansoek doen.

Piet ·

Dit sal beslis NIE snaaks wees as hy skuldig bevind word nie.

Kensy ·

Selfs as n aandiens SAPS lid n rower skiet om sy eie lewe of die van ander te beskerm , word daar a saak ondersoek. Dus hoe die regsproses werk. Dit beteken nie die man gaan vervolg word nie.

Magda G ·

Kriminele het meer reg as ons ander want hulle word mos behandel soos kroonwild. Bid vir die man wat nou aangekla word. Skelm wetters dan hardloop hulle weg

Martin ·

Mense regte…? Die gewapende aanvallers het absoluut vere gevoel vir die onskuldige mense. Die Sekuriteits wag het net sy werk gedoen, hy en sy familie moet beskerm word. Ons regering het geen beheer oor misdaad in SA nie.

Suzette ·

Ek kan nie glo wat ek lees nie – BELAGLIK!! Dit is hoekom dit gaan in die land soos dit gaan. Die misdadigers doen net wat hulle wil en kom niks oor nie!!!

Jr ·

Hulle het meer regte as die wetsgehoorsame burger. Disgusting SA.

Kenny ·

Ek sou presies die selfde gedoen het want my lewe soos ander om my se lewe was in gevaar dankie Jy is n held

Piet ·

Wette reflekteer op die wat regeer oor hoe hulle hulself beskerm. As die wet ‘n krimineel beskerm, weet ons wie in beheer is.

Harley Davidson ·

Die sensasie soeker wanebee joernaliste wat die tipe nuusberigte skryf sonder om die feite na te gaan en die lesers volledig in te lig stel regtig teleur.

Christelle ·

Daar het almal nou die antwoord hoekom Sekuriteit, SAPD ens nie optree nie. Hy het hoeveel mense van erge lot gered, maar nee, hy moet vervolg word.

Kalmkop ·

Hy gaan nie vervolg word nie, dis normale prosedure om ‘n GDO te hou na enige onnatuurlike sterfgeval. Dit so 40 jaar terug ook die geval gewees het. En dis wêreldwyd die norm. Ek dink die joernalis soek sensasie met due bewoording in die berig of sy het nie moeite gedoen om Wet op Geregtelike Doodsondersoeke 58 van 1959 (as ek reg onthou) te gaan lees nie.

john ·

Ons lewe in n siek land waar die held in die tronk gegooiu word en die misdadigers ge eer word. Kom daarvan as n krimineele organisasie jou land bestuur

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.