Regstreekse uitsending: Kenners beantwoord jou vrae oor die NGV

Foto: JC Gellidon/Unsplash

Maroela Media het sy lesers gevra om hulle vrae oor die regering se Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) aan te stuur. Uit die vrae wat Maroela Media ontvang het, is dit duidelik dat daar talle bekommernisse oor dié plan is.

Skakel vanoggend (4 September) om 11:00 op Maroela Media se Facebook-blad in om te sien hoe dr. Johann Serfontein, senior gesondheidskonsultant van HealthMan, verbonde aan die Vryemarkstigting, dr. Anthea Jeffery van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge, en Morné Malan van die Solidariteit Navorsingsinstituut, asook Flip Buys van die Solidariteit Beweging die NGV bespreek.

Paul Maritz lei die gesprek en sal dié kenners vra om jou vrae te beantwoord. Hulle sal ook sê of daar nog hoop vir Suid-Afrika se gesondheidsorg is en hoe jy dit kan verseker.

Volg die regstreekse uitsending hier of kyk dit op Maroela Media se Facebook-blad:

Nasionale Gesondheidsversekering: Kenners beantwoord jou vrae

Kenners verduidelik hoe die NGV jou sal raak, beantwoord jou vrae en sê of daar nog 'n manier is om dit te stop. Stel jou vraag in die kommentaarboks by die video.

Posted by Maroela Media on Wednesday, September 4, 2019

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Pottie ·

Ag asb gaan hy nou vir ons kom vertel hoe wonderlik is die plan van die anc spaar my dit asb

bambi ·

Hy moet sommer antwoord hoekom PCH hospitaal nie knieg vervangings doen nie, en hoekom mense al 7jaar op waglyste is! En hoekom staatshospitale nie eers medikasie in voorraad het nie!! sal inskakel dankie.

Johan esterhuizen ·

Ek is in 2000 medies ongeskik verklaar en het vry medies by gems tot my dood.hoe gaan dit my raak

Jimmy ·

Gems gaan die eerste wees wat verdwyn. Wees gerus, ander werkgewerfondse gaan ook verdwyn.

Elsie ·

almal ontwyk die vraag – hoe gaan die bydrae bereken word??? wat as ek dit nie WIL doen – ek het tog Vryheid van keuse! dit is ons reg onder die grondwet nie waar nie!!

Jacobus ·

Bydraes gaan op ‘n glyskaal soos met belasting bereken word; d.w.s hoe groter jou salaris hoe meer gaan jy betaal.

Gaan nie ‘n keuse hê nie, die wet sê jy moet daaraan behoort en daarvoor betaal as jy ‘n inkomste het. Die wat werkloos is of onder ‘n sekere salaris skaal is, moet ook daaraan behoort, maar hoef nie te betaal nie.

News Flash, jy het geen keuse in ‘n Sosialisitese/Kommunistiese land nie.

Die Grondwet kan en gaan gewysig word; onthou dit is die ANC se maats wat op die regbank sit, onthou die vlag storie. Die grondwet gaan en sal geintrepeteer word soos dit die ANC pas.

Al sê die Grondwet Hof dat die NGV ongrondwetlik is, gaan die ANC hulle daaraan steur.

Jimmy ·

Waarskynlik sal werkgewers ook ‘n persentasie van hul salarisrekeninge aan die NGV oorbetaal, amper soos werkgewers tans bydra tot ‘n mediese fonds. Dus sal jy vir jou huisbesdiende ook ‘n bydrae moet maak.

J. ·

Ek het ‘n vraag, hoe kan ek uit dié vervloekte land uitkom terwyl ek nog half-normaal funksioneer dokter?

Jaco ·

My lewe lank het ek myself dood gewerk om bo uit te kom, nou is ek daar, terwyl sommige van dié wat so jaloers is, gelê en slaap het, geparty het of TV gekyk het, het ek gewerk, dag na dag, sonder enige naweke partykeer tot 18 ure per dag, baie bloed gesweet, vir n tydperk van amper tien jaar nie geweet het wat n vakansie is nie…nou moet ek op dieselfde vlak geplaas word as mense wat alles verniet wil hê! So al my harde werk was verniet, want of ek nou hard werk of niks doen nie, wil hierdie regerering my op dieselfde vlak plaas as n leeglêer. ONS MOET IETS BEGIN DOEN!!!!As ek hier moet sê wat ek dink, sit ek more in die tronk :-(

Anoniem ·

Maroela- kan julle die uit sending pos op YouTube asb? Vir die van ons wat nie Facebook het nie?
Baie dankie by voorbaat

Jaco ·

WIE gaan hiervoor betaal???? Die top 10% inkomste verdieners wat huidiglik land uitvlug juis asgevolg van hierdie belaglike idiee???? Toe…WIE GAAN DAARVOOR BETAAL?????

CN ·

Daar is ongeveer 57mil mense in SA. Van daai 57mil, werk +- 10mil, van daai 10mil, betaal 4.8mil persoonlike inkomste belasting. HOE moet 4.8mil mense die mediese onkostes van 57mil mense finansier?!? Dis onmoontlik! Verder as dit, dink ek daar is so amper 2mil mense wat wel aan medies behoort op die stadium, so 50% kan al klaar nie bekostig om mediese fonds te kry nie maar tog gaan hulle forseer word om by te dra tot NGV? Nee, jammer, ek trek voor ek iemand anders se mediese sorg sponsor terwyl ek self nie kan medies bekostig nie!

Anoniem ·

Maroela, kan julle moontlik hierdie uitsending op YouTube pos?

Anja van der Merwe ·

Dagsê Lesers

Dankie vir julle kommentaar. Ons is tans besig om die video af te laai en te verwerk. Dit behoort binnekort beskikbaar te wees.

Hou Maroela dop vir meer inligting hieroor.

Groetnis
Anja
nms Maroela Media

Johanna Botha ·

Beantwoord maar die vrae …wat bly is dat alles net mooi ALLES waaraan die anc in 25 jaar gevat het n groot gemors is en die land op sy laaste bene het ….DIE NGV SELFDE DING !

Nuttelose Insette ·

Die sprekers sê almal moet hul parlementêre “insette” gee? dit, terwyl die meer as 100-duisend insette rakende “Onteiening Sonder Vergoeding” summier van die tafel gevee was? Ons moet hierdie “troospraatjies” glo? En ons word gemaan om “nie gou te emigreer nie”? Nee wat! Ons glo boggerol meer. Ons waai!

Jerry ·

Mense moet nie moedeloos raak nie, mense moet eerder hul seeninge tel. Daar staan geskryf om die keiser te gee wat die keiser toekom. Die NGV gaan maar net soos werkloosheidsversekering as net nog n verpligte aftrekking op jou betaalstaat geskied en julle sal dit redelik gou gewoond raak, net soos julle gewoond geraak het aan werkloosheidsversekering. Beskou dit maar as n goeie belegging vir die ANC staat en die, se keiser. Sonder die NGV belegging kan die keiser nie n kapitalistiese sosialistiese staat tot stand bring nie en daarom maak dit nie saak wat deur opponente van die NGV gedoen word nie, die NGV gaan deur die keiser geimplementeer word, nie noodwendig om n diens te lewer nie, maar as n belegging vir die keiser, wie reken dat dit die uwe, toekom. Wees dankbaar vir die ander vryhede van keuses wat julle nog het, moet dit nie ook n teiken maak nie, want die keiser sal ook, ten gunste van die keiser, daarop reageer!

dis alweer eke ·

kan jul asseblief dit in subtitle op youtube kan stel sodat ons dowe mense steeds kan verstaan of ten minste CC aansit… dankie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.