Verskeie maatskaplike en liefdadigheidsorganisasies is warm onder die kraag oor verskeie regeringsdepartemente se pogings die afgelope week om die verspreiding van kos aan behoeftiges te sentraliseer, om, volgens die skrywe wat hieroor versprei is, “te verseker dat kos op ‘n effektiewe wyse versprei word”.
Talle organisasies wat kos aan hongeres versprei te midde van die Covid-19-krisis het egter gister voortgegaan met die verspreiding van voedselskenkings en het aangedui dat hulle hul nie deur dié regulasie sal laat keer nie.
Wat presies behels die regering se poging tot sentralisering van voedselskenkings? Slaag die regering enigsins daarin om hul eie voedselskenkings effektief te reguleer? Mag die regering enigsins sulke beheer oor die aktiwiteite van liefdadigheidsorganisasies uitoefen? Wat staan organisasies wat hul gemeenskappe in hierdie moeilike tyd wil bystaan, te doen?
Elaine Krige, nuusredakteur van Maroela Media, gesels met dr. Theo de Jager, voorsitter van Saai, die landbouorganisasie van gesinsboere, Hannes Noëth, die uitvoerende direkteur van Helpende Hand en dr. Theuns Eloff, voorsitter van die Dagbreek Trust oor dié en ander vrae.
Volg die regstreekse uitsending Woensdag, 6 Mei 2020 om 14:00 op Maroela Media se Facebook-blad. Die video sal ook onderaan hierdie artikel beskikbaar wees.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
11 Kommentare
Dis tyd dat ons onself eerste stel sonder verskonings .
Ek weet nie hoekom skenk die nensie nog kos nie. Ek gee die kos silank die ontvanger wit is sal ek gee
Dit is verblydend om te sien dat die mense begin opstaan en sê genoeg is genoeg.
As jy wit is dan is jy nie op die lys om hulp te ontvang nie. Wittes is mos almal ryk
Soms doen mens wat die reëls sê, ander kere doen mens wat reg is.