Renosterhoring onder minibus se enjinkap gevind   

(Foto: SAPD)

Twee stukke renosterhoring in ʼn plastieksak is onder die enjinkap van ʼn Toyota Quantum-bussie gevind nadat die voertuig op die N4 naby Middelburg van die pad getrek is.

Die bestuurder kon nie verduidelik waar die renosterhoring vandaan kom nie en is in hegtenis geneem, het brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, gesê.

Die minibus is Donderdag omstreeks 02:00 naby die Middelburg-tolplaza van die pad getrek deur twee lede van die Middelburgse honde-eenheid wat besig was met ʼn patrollie. Daar was geen passasiers in die bussie nie.

Die beamptes het die voertuig deursoek en op die renosterhoring met ʼn straatwaarde van R2 miljoen afgekom.

Die bestuurder sal na verwagting Vrydag in die plaaslike landdroshof verskyn vir die besit van renosterhoring.

Volgens Mohlala kan die verdagte moontlik ook aangekla word van die oortreding van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Biodiversiteit.

(Foto: SAPD)

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jywilwat ·

Sluit hom toe en gooi weg die sleutel. Ook geen borgtog nie!

Danie ·

Wil nie nou negatief klink nie maar die renosters gaan teen hierdie trant uitgewis wees sonder dat daar enige sukses gaan wees om die stroping stop te sit.Met die houding van die staat gaan die diere nie lank met ons en ons nageslag wees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.