Renosterstroper in Noordwes gevonnis

Argieffoto (Foto: Nel Botha/Pixabay)

David Kgotlayakgosi is in die Ganyesa-streekhof in Noordwes tot 52 jaar tronkstraf gevonnis op vyf aanklagte, waaronder ʼn oortreding van die omgewingswet en betreding van grond met ʼn vuurwapen waar wild teenwoordig is.

Kholiswa Mdhluli, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het gesê Kgotlayakgosi sal effektief 15 jaar tronkstraf uitdien ná die regter bepaal het dat van die vonnisse gelyklopend uitgedien sal word.

Hy is skuldig bevind op aanklag dat hy twee witrenosterkoeie op die Brisbane-plaas naby Bray in Noordwes doodgemaak en hul horings gestroop het. “Die beskuldige het sy broer, wat op die plaas gewerk het, gevra om hom van inligting te voorsien wat betref die beweging van die renosters, in ruil vir geld. Die broer het die beskuldigde, en twee ander mans, na die plaas toe gevat en hulle gewys waar die renosters aangehou word. Hulle het die twee renosters doodgeskiet en gestroop.”

Kgotlayakgosi en die twee onbekende mans het die horings na Soshanguve geneem waar hulle die horings verkoop het. “Die waarde van die renosters beloop onderskeidelik ongeveer R500 000 en R600 000.”

Adv. Moipone Noko, direkteur van openbare vervolging in Noordwes, het die suksesvolle vervolging en vonnisoplegging verwelkom en is vol vertroue dat dit ʼn positiewe impak sal hê om misdade teen renosters te takel. Sy het die staatsaanklaer, adv. Douw Jacobs, geloof vir sy harde werk in die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

WonderMaarNet ·

En wat van die broer wat die “inside info” gegee het?

Muffin ·

Deeler net so gied soos die steler. Tronk toe met hom(broe) ook. Hoe kan sy werkgewer hom vertrou.

Neels ·

Dit help “sweet blow bugger-all” ….
Wat van die ander wat “uitgewys het” ens.?? Sluit hulle almal toe vir 57 jaar@!

Boertjie ·

Oscar P het dieselfde gekry vir moord so is diere en mense nou een??!!! Ek sou se Oscar lewens lank en dier stroper!!! Minimum die helfte!!!!!!

Lomea ·

As tronkstraf ‘n afskrik middel is vir renosterstroop… hoekom sal die doodstraf geen afskrik middel wees vir moord nie… soos die slimmes beweer..!!

SjN ·

99 persent van onwettige gebeurtenisse is inside information, laat die informant ook boet.

Melanie ·

oor en oor bewys!!! jy vertrou niemand wat vir jou werk nie!!

Melanie ·

En die broer wat hul gewys het waar die renosters aangehou word is net so skuldig!! sonder hom sou hul heelwaarskynlik voor die tyd gevang gewees het of dit glad nie kon doen nie?? hoe vertrou jy so werker ooit weer!!! ek hoop van harte hul kry wat hul verdien!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.