Reusebetoging teen brandstofprys in Pta gehou

Mmusi Maimane, leier van die DA (Foto: ANA)

Die DA en die Freedom Movement het ʼn beroep op die publiek gedoen om Dinsdag by hulle aan te sluit vir ʼn gesamentlike massa-optog teen brandstofprysverhogings in Pretoria.

Die betoging begin om 10:00 buite die Nasionale Tesourie se kantoor in die middestad.

Die DA en die Freedom Movement gaan die betoging lei.

“Ons nooi nieregeringsorganisasies, politieke partye, taxiverenigings, burgerlike instansies en gewone Suid-Afrikaners om te betoog en aan te dring dat die heffing vir die Padongelukkefonds (POF), wat 33% van die brandstofprys uitmaak, dadelik verminder word,” het die Freedom Movement in ʼn verklaring gesê.

Mmusi Maimane, leier van die DA, het gesê as genoeg mense hul stemme saamvoeg, kan die regering inwoners nie ignoreer nie.

Volgens voorspellings sal die brandstofprys op Woensdag 1 Augustus weer effens styg. Maimane het benadruk dat dit nie ʼn party se geveg is nie, maar ʼn geveg vir die hele samelewing.

Brandstofpryse het vroeër vanjaar ʼn rekordhoogte van meer as R16 per liter ingeskiet.

Maimane meen dis die armste landsburgers wat die ergste daarvan afkom, aangesien hulle ʼn disproporsionele hoeveelheid van hul inkomste aan kos en vervoer bestee.

Hy eis dat daar ʼn dringende debat in die parlement ter tafel gelê moet word om die huidige struktuur van die POF- en ander heffings te oorweeg en dat daar gekyk word hoe dit aangepas kan word.

Hy het ook voorgestel dat die POF onder onafhanklike, eksterne administrasie geplaas word om sodoende korrupsie uit te roei, bekwame leierskap te vestig en die proses te begin om die POF se agterstand van R160 miljard in te haal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

LKL ·

Mmusi…wil deesdae ook net strike, strike, strike. Maar niks van sy rasisme nie

Leon ·

Ag shame, pleks dat hy eerder op mense lewens- verliese konsentreer. Maar nee, dis mos makliker om self te raas en skree, en net voor klipgooiery, die strate in te vaar!

Casper Labuschagne ·

DIe ironie is dat was dit die DA wat aan bewind was, dan was dit die ANC wat ‘n reuse betoging teen die brandstofprys gehou het.

Nee, Muisie probeer hier om te toon dat sy populisme groter kan wees as die ANC se populisme en ek is nie so seker of hy werklik daarin gaan slaag nie. Die DA is besig om die politieke proses te verskuif van af beredeneerde logiese debat na die laagste gemene deler wat straatoptogte en populisme is. Ek merk op dat die tradisionele wit DA kieser hier afwesig is, verseker is sulke demokratiese metodes nie hul koppie tee nie. Maar gaan hulle dan ook nog steeds by die stembus opdaag?

KLPTA ·

@Theresa , Begin by hoek van Bosman en WF Nkomo vanaf 9am, begin dan 10am loop, Church Square, Bosman, WF Nkomo, Paul Kruger en Madiba street.

Diefie ·

Hier in Kaapstad is die openbare vervoer iets om oor te huil. Treindienste is iets van die verlede. Jy weet nie of jy jou bestemming gaan bereik nie. Busse loop glad nie van sekere blanke gebiede nie. So jy moet maar met jou motor ry ongeag of jy die petrol kan bekostig of nie. Jy plaas jou maar op ‘n dieët. Gelukkig hou ek van mieliepad.

Cherokee ·

Die mieliepad, is dit tussen die mieielande deur, Diefie?
Gister se Sondagmiddagete by ons was vleis en mieliepap. Die vleis is ‘n bonus, die pap is ‘n ete duisend.

Judge Dredd ·

Moesie – jy is die leier van die grootste opposisie party – nie die hoof van ‘n nieregeringorganisasie – los nou maar die aktivisme vir votes en begin jou eie party opbou met goeie beleidsrigtings en die kiesers sodoende in te lig.

Estelle ·

Dis maklik om te sê jy moet aansluit by ‘n massa-optog, Mmusi. Wie moet die werk doen as almal op straat is?!

Cherokee ·

As petrolpryse ooit sou daal gaan die kruideniersverkopers die wenners wees. Hulle wat gereeld kospryse verhoog as gevolg van petrolprysverhogings, gaan die wenners wees.

Hannatjie ·

Ek sal baie bly wees as hierdie betoging daarin sal slaag om die petrolprys te laat daal. Dis virons almal se beswil!!

ONTNUGTER ·

Die DA ry ook lekker op die ANC se rug!!

Sodra daar ‘n negatiewe gebeurtenis is hou hulle optogte en samel handtekeninge in vir petisies.
As jy by die tafel aankom om die petisie te teken moet jy “sommer nou terwyl jy hier is” jou DA lidmaatskap uitneem.

Ek self het my van hulle onttrek want ek sien geen positiewe dinge van hul kant af nie, hulle hou optogte ens maar het nog geen beduidende veranderinge self voorgestel nie.

Ek weet nie wat gaan van ons land word nie, elkeen wil gehoor en gesien word maar niks gebeur nie.

Skyspy007 ·

Mense mense mense, ek is gestremd gelaat as gevolg van die roekelose, onbevoegde, PEPSTORES gelesensieërde bestuurders wat in my vasgery het. Hoe moet ek nog kan bestuur, werk of inkomste genereer om PAP te eet? Wat nog van vleis daarby!? My eis is al “hangende” vir byna 5 jaar omdat daar kwansuis nie fondse is nie. Wie van julle hierbo gaan my 33% uit die POF gee om maar net PAP te koop. Kry die paaie reg, hou die TAXIS padwaardig, hou op lisensies verkoop en STOP om die POF te beskuldig. Wag dat JY….ja JY in ‘n ongeluk betrokke raak en nie dokters of mediese onkostes meer kan dek nie en nou PAP moet eet.

Vat die bloulig brigades van die pad af en BETAAL die POF

yolande ·

Dit verbaas my dat almal kla oor die petrol pryse…maar nou dat iemand iets probleer doen – die aandag fokus op die belaglike petrolpryse – en dalk net dinge makliker kan maak vir ons almal….nou kla julle ook…. Van agteroor sit kom niks gedaan….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.