Reusebrand nóg ʼn terugslag vir Transnet

Die brand het groot skade aan die terminaal by die Richardsbaai-hawe aangerig. (Foto: Paramedics, SAPS and Firefighters South Africa/Facebook)

Die oorsaak van ʼn brand by Transnet se Richardsbaai-terminaal is oënskynlik steeds nie bekend nie en ʼn ondersoek daarna duur voort.

Die Transnet-haweowerheid het Maandag egter gesê die hawens by Richardsbaai én Durban is operasioneel nadat die brand Woensdagaand reuseskade aan die Richardsbaai-terminaal aangerig het. Dit is luidens berigte die tweede brand by die Richardsbaai-aanleg binne net ʼn week.

Die terminaal is een van die grootste steenkooluitvoerfasiliteite op die vasteland.

Ernstige skade is aan infrastruktuur aangerig. Die Foskor-swael-invoerroete is so beskadig dat dit nie enige kommoditeite kon invoer nie, terwyl die Grindrod-steenkoolroete ook nie vrag kon uitvoer nie.

Die oorsaak van die brand word ondersoek. (Foto: Paramedics, SAPS and Firefighters South Africa/Facebook)

Nog ʼn roete is beskadig, maar kon steeds gebruik word.

Transnet het Vrydag na die brand wéér force majeure verklaar nadat hy dit vroeër vanjaar ook gedoen het toe ʼn kuberaanval sy IT-stelsels lamgelê en gelei het tot die grootskaalse ontwrigting vir die hantering van vraghouers.

Kort tevore het die sogenaamde Zuma-onluste ook chaos by onder meer die Durban- en Richardsbaai-hawe veroorsaak.

Die webwerf miningmᵡ het in Augustus berig steenkooluitvoere het in die eerste ses maande van die jaar met 30% gedaal tot 4,1 miljoen ton (Mt) van die 5,9 Mt in dieselfde tyd verlede jaar.

Exxaro het toe gesê dit word onder meer veroorsaak deur Transnet-vragvervoer se rampspoedige prestasie op die steenkooluitvoer-spoorlyn na Richardsbaai. Transnet-vragvervoer het in die eerste helfte van die jaar 1,5 Mt minder steenkool per maand vervoer as wat hy veronderstel was om te doen.

Die verlies aan kapasiteit is toegeskryf aan faktore soos die onbeskikbaarheid van lokomotiewe, ontwrigtings wat die spoorlyn tot stilstand dwing, ontsporings en operasionele uitdagings wat boonop met vandalisme, sabotasie van spoorinfrastruktuur en kabeldiefstal gepaard gaan.

Transnet het tot dusver nie veel besonderhede bekend gemaak oor tot watter mate die uitvoer van steenkool, staal en ander minerale deur verlede week se brand geraak gaan word nie en het gesê hy is in gesprek met geraakte klante en gebeurlikheidsplanne word in werking gestel.

Jabu Mdaki, waarnemende hoof van die Transnet-haweterminaal in Richardsbaai, het luidens berigte gesê die geraakte terminaal is geïsoleer van alle ander bedrywighede om enige verdere brande te voorkom.

Transnet het Maandag op sy Twitter-rekening “fopnuus” gekap en gesê die hawens by Durban en Richardsbaai is operasioneel.

Maroela Media het ʼn navraag aan Transnet gestuur en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Frederik C ·

Ek was nog nooit in Richardsbaai nie, maar weet vir ‘n feit dat die brand ontstaan het agv geen instandhouding nie.

Perdeby ·

Dit is niks nuut nie, maar ek wonder of hulle nie besig om dit met opset te doen nie, want hulle weet hulle gaan nie meer lank die land regeer nie

Gerhard ·

Na al my jare in ingeneurswese kry ek dit steeds nie reg nie om sommer net so te weet wat gebeur het nie, . Ek moet ongelukkig maar eers kyk wat alles moontlik fout kon gegaan het en van n kant af begin elimineer.

Di ·

As jy my vra sit “iemand” agter hierdie sabotasie. Soek en jy sal die skuldiges vind

Carel ·

Welkom in Afrika !!

Kwambuyazi gemeenskap is ongelukkig met Richarsdsbay Minerals, omdat hulle nie die hoofmanskap van die Kwambonambi area genoeg erkenning gee nie.

Die Kwambuyazi gemeenskap eis ook grondeis restitusie vir mynbou bedrywighede in “hulle area”.

Sedert 2016 was daar al 6x teregstellings gewees, wat met die Kwambuyazi gemeenskap verbind kan word. Die laaste teregstellig (assassination) was op die Algemene Bestuurder van RBM ene Mnr Nico Swart op 24 Mei 2021 vanjaar

Op 06 Junie 2021 vanjaar is ‘n helse klomp swaar mynbou voertuie aan die brand gesteek, omdat die Community se “demands” nie aandag gekry het nie

Uitstekende manier om oorsese mynbou maatskappye aan te moedig om in RSA te belê

Kokerboom ·

Die uitdrukking “Let the force be with you” ry Transnet nou op ‘n baie negatiewe manier betreffende die land se ekonomie. Soek oorsaak maar by bestuur en onderhoud!

Martie Smartie ·

Pragtig!! Live the African Dream! Africanacity …

Blomme ·

Word die moontlikheid van kwaadwillige brandstigting ook ondersoek?

Misky ·

Daar is nie ‘n dag wat verby gaan wat “iets” nie brand nie. Definitief nie toevallig dat alles so in vlamme opgaan nie

Aai ·

Dit is hoe hulle lewe:Jack trek sy skoolklere aan om na skool te gaan vroeg die oggend,sy ma vra hom wat doen jy nou hy se ek gaan na skool sy ma se vir hom nee jy kan nie gaan ek en jou pa het die skool gister afgebrand.

Nie Verbaas ·

En dit alles waarvoor hulle nou verskonings uitdink is te danke aan die ANC.

Anel ·

Iets raak nie net onverklaarbaar aan die brand nie. Brandstigting saam met gebrek aan onderhoud. Soos alles in die land, onder die wonderlike anc bestuur. Maar dis net my mening.

Pablo ·

Die oorsaak van die brand is nie bekend nie. Die skade is omvattend en in Zuma se wereld maar die SAPD weet nie hoe dit ontstaan het nie. Natuur weet hulle nie. Hulle weet niks want hulle is BEEEEEE.

Werner ·

Daar is mos nou nog n groep wat die land wil destabiliseer voor Februarie

MakersMark ·

“The machine she is broken” ……
“Why, what happened”?
“I don’t know……”.

Standaard antwoord.

Toy ·

Niks gaan verewig hou nie, inspekteur gereeld, dan sal dit nie gebeur nie.

Carel ·

Welkom in Afrika !!

Kwambuyazi gemeenskap is ongelukkig met Richarsdsbay Minerals, omdat hulle nie die hoofmanskap van die Kwambonambi area genoeg erkenning gee nie.

Die Kwambuyazi gemeenskap eis ook grondeis restitusie vir mynbou bedrywighede in “hulle area”.

Sedert 2016 was daar al 6x teregstellings gewees, wat met die Kwambuyazi gemeenskap verbind kan word. Die laaste teregstellig (assassination) was op die Algemene Bestuurder van RBM ene Mnr Nico Swart op 24 Mei 2021 vanjaar

Op 06 Junie 2021 vanjaar is ‘n helse klomp swaar mynbou voertuie aan die brand gesteek, omdat die Community se “demands” nie aandag gekry het nie

Uitstekende manier om oorsese mynbou maatskappye aan te moedig om in RSA te belê

Vlooitjie ·

Let wel, weinig rapportering van die brande is in main stream media genoem. Hoekom?

Charl ·

2 Brande na mekaar ?? Moenie my vertel dis blote nalatigheid of gebrek aan instandhouding nie, hierdie het so ‘n kwaadwillige geurtjie aan hom.

Korrelkop ·

En so breek en brand dit als af tot daar naderhand niks meer oor sal wees nie… viva!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.