Roedtan-optog wys gemeenskap se ontevredenheid

Boere ruk op na Roedtan. (Foto: Reint Dykema)

Die massa-optog na Roedtan in Limpopo om stem dik te maak teen plaasaanvalle en -moorde was ’n sukses.

Die optog is deur die distrikslandbou-unie in Mokopane (Potgietersrus) gereël om aandag op plaasaanvalle en -moorde te vestig. Die optog het by die hof in Roedtan tot ʼn einde gekom waar beskuldigdes aan die moord op boer Nicci Janse van Rensburg vir borgtog aansoek gedoen het. Die borgtogsaak is egter tot Woensdag uitgestel weens beurtkrag in Roedtan.

Floris Booysen, voorsitter van die unie wat die optog gereël het, het gesê hulle is meer as tevrede met die hoeveelheid mense wat deelgeneem het en die boodskap wat hulle teenwoordigheid oorgedra het.

“Die hof het ook kennis geneem van die gemeenskap se ontevredenheid met die moord weens die teenwoordigheid van mense wat buite die hof bymekaar gekom het,” sê Booysen.

Verskeie organisasies soos AfriForum en SAAI het saam met TLU SA die protesoptrede ondersteun.

“Dit was ’n spesiale geleentheid om deel van te wees. Dit is hartseer dat dit nodig is, want een plaasaanval en -moord is een te veel, maar ek is bly om te sien hoe die gemeenskap saamstaan teen plaasaanvalle en -moorde,” sê Henry Geldenhuys, president van TLU SA.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

LANA is ELANè ·

Ja, die mense is moeg dat kriminele binne en buite die regering, die oorhand het en dat wetsgehoorsame burgers heeltyd oor hul skouer moet kyk vir misdaad op straat, terwyl hulle aan netso korrupte regering uitgelewer is, wat slegs terugsit en kyk hoe misdaad die oorhand het op ons elke dag se doen en late.

Republikein in die Wes Kaap ·

Wit dorpenaars verlaat plattelandse dorpies teen ‘n groot spoed. Wit boere leef nou op eilandjies en moet hul plase nou in vestings omskep. Boere sal hul moet saamwerk en hul eie veiligheidsmagte stig om hul plase en lewens te beskerm. Meganiseer en hou op om goedkoop arbeid in diens te neem, veral mense van buurlande.

Raadsman ·

Mense leer asb.
As jy ‘n punt wil maak by die regering, dan doen jy dit op die N1, nie op ‘n afgelee plekkie soos Roetan nie. Dit het geen kopseer veroorsaak vir die regering nie!!

Grassie ·

Dit lyk nie vir my Malema & kie het daar opgedaag nie. Hulle weet ook wanneer om weg te bly.

Maritza ·

Hoop net dit help maar die howe gee enige jan rap en sy maat deesdae borg

Surfer ·

Volg Malema se raad, vergeld geweld met geweld. Gee hulle borgtog, dan “stroop” julle hulle. Probleem is, “ons’ gaan tronk toe, “hulle” kry borgtog.

Niklaas ·

Was dit op TV soos die ander tonele gewoonlik uitgesaai word en ook herhaal word. Die media het altyd ‘n redelike groot inpak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.