Kyk: ‘Boere is keelvol’

Malesela Mangena, Velly Segwale en Lesiba Solly Segwale word na die hof begelei. (Foto: Reint Dykema)

Tientalle boere in bakkies, trekkers en stropers het Maandag na Roedtan in Limpopo opgeruk waar drie verdagtes in die rondgaande hof op die dorp verskyn het in verband met die onlangse moord op Nico (Nicci) Janse van Rensburg.

Malesela Mangena, Velly Segwale en Lesiba Solly Segwale het vanoggend op aanklagte van moord in ʼn klein hofsaal by die plaaslike polisiestasie verskyn, voordat die saak teen middagete weens beurtkrag tot Woensdag uitgestel is. Die saak sal dán in die landdroshof op Mookgophong (Naboomspruit) aangehoor word.

Tientalle boere het in die hoofstraat in effense onweer saamgedrom terwyl trekkers en stropers die dorp se paaie deurkruis het. Sommige van hulle het glo selfs van die Wes-Kaap gekom om hul steun aan die saak te wys. Baniere is omhoog gehou en nes menige ander saamtrek teen plaasaanvalle en plaasmoorde was die boodskap duidelik: Genoeg is genoeg.

Boere ruk op na Roedtan. (Foto: Reint Dykema)

Later sou boere van Roedtan hoor dat een van die beskuldigdes in die hof geklee was in ʼn T-hemp met die leuse: “Stem ANC”.

“Dit vertel vir my alles,” sê Henry Geldenhuys, president van TLU SA, wat die verskyning namens die familie bygewoon het.

“Ek het vanoggend in die hof met ʼn beklemming om my hart gesit om te dink dat daar nóg ʼn boer vermoor is. Die regering het nie ʼn saak met boere nie. Daar word nie gekyk na boere wat hard werk en hul lewe opoffer om kos op die tafel te sit nie.”

Boere ruk op na Roedtan. (Foto: Reint Dykema)

Boere ruk op na Roedtan. (Foto: Reint Dykema)

Janse van Rensburg is op 7 Oktober tydens ʼn plaasaanval doodgeskiet. Sy lewensmaat, Veronica (Katryn) Grobler, en ʼn 15-jarige seun wat saam met hulle op die plaas gewoon het, is vasgebind. ʼn Huishulp het eers die volgende oggend op hulle afgekom.

Luidens TLU SA se statistieke is daar 2 206 plaasmoorde sedert 1990 gepleeg. Geldenhuys vergelyk dié syfer met die aantal sterftes tydens die destydse grensoorlog. “Die grensoorlog was ʼn volskaalse oorlog vir baie jare en as ek na TLU SA se syfers oor plaasmoorde kyk, sê dit vir my een ding: Plaasmoorde is ʼn volskaalse oorlog.

Boere ruk op na Roedtan. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Boere ruk op na Roedtan. (Foto: Reint Dykema)

“Hierdie probleem is ook veel groter as net landbou. Oor die 70 mense word elke dag in ons land vermoor. Misdaad is buite beheer. Hoe lank gaan dit nog aanhou?”

Marcelle Maritz, die VF Plus se leier in Limpopo, het op haar beurt gesê sy het die reuse-opkoms verwag.

“Die boere is moeg. Hulle is gatvol om te hoor daar word net gepraat en belowe, maar dinge gebeur nie. Ons boere is in gevaar. Ons boere moet ekstra geld bestee om hul familie en grond – waar hulle vir my en jou kos op die tafel sit – te beskerm.

Boere ruk op na Roedtan. (Foto: Reint Dykema)

“Dit is tyd dat mense besef boere is keelvol.”

Geldenhuys het Maandagmiddag aan Maroela Media gesê “dit is hoendervleis-lekker” om te sien hoeveel lede van die boeregemeenskap vandag na Roedtan opgeruk het. “Die wêreld moet weet wat hier vandag gebeur het op Roedtan … ons moet net nie ophou met bewusmaking nie.”

Boere ruk op na Roedtan. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Boere ruk op na Roedtan. (Foto: Reint Dykema)

Boere ruk op na Roedtan. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Boere ruk op na Roedtan. (Foto: Reint Dykema)

Boere ruk op na Roedtan. (Foto: Reint Dykema)

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

wiesalweet ·

Om hierdie te sien maak my hart warm. Ek is self ‘n plaasmeisie van die Karoo en dis wonderlik om te sien hoe die boere saam staan, al is dit in sulke aaklige omstandighede. Eintlik is ‘n mens nerens meer veilig nie, maar dit voel vir my boere is deesdae ‘n bedreigde spesie. My man is self ‘n boer en dis vreeslik om konstant in vrees te lewe, maar ek bly OP kyk …..

My siening ·

Ek haal my hoed af vir die boere. Ramaposa het bloed op sy hande want hy ignoreer die uitroep van die wit burgers van die land!

Pierre ·

en more is die EFF daar om die beskuldiges te ondersteun en boere te mok

Harley Davidson ·

Die boere betoog en maak lawaai maar doen niks om die regering te laat kennis neem nie ,dank die helfte van jou werkers af elke keer as ‘n boer vermoor word en meganiseer die boere in die VSA se grond is honderd keer groter as die plasies in Suid-Afrika en hulle kom met ‘n paar Afrikaanse seuns reg wat uit sa gedryf is oor die diskriminasie teen hulle.

Harley Davidson ·

My opinie is die regering keur dit goed anders sou hulle n plan gemaak het om dit te stop.

Miskruier ·

Wou self bywoon maar dis 80km ver, ek glo elke Afrikaner sou dit bywoon as dit moontlik was.

My siening ·

Ons is in siel met julle maak dit n land wye betoog dat ons almal kan deelneem!

Schalk ·

Toe ‘n polisieman laas week vermoor word het Cele openlik verklaar dat hy lewendig of dood soek hy die kriminele maar sy grootmond is stil wanneer dit by boere en gewone mense kom.

Marelize ·

‘n Vreedsame optog – niks is gebrand of geplunder nie – dis hoe dit gedoen word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.