Rower doodgeskiet, makker gewond tydens huisroof

(Argieffoto: Miguel Roberts/AP)

ʼn Huisrower is doodgeskiet en sy vermeende makker gewond in ʼn skietery met die polisie en munisipale beamptes in Rustenburg.

Lede van die Rustenburg-munisipaliteit se misdaadvoorkomingspan, in samewerking met die polisie, het Dinsdag gereageer op ʼn noodoproep oor ʼn huisroof in Zinniaville, in die noorde van die stad, het David Magae, woordvoerder van die Rustenburg-munisipaliteit, gesê. ʼn Skietery het gevolg.

“Een van die verdagtes is gewond en paramedici het hom [ʼn kort ruk later] met hul aankoms op die toneel dood verklaar. Nog ʼn verdagte is gewond en in hegtenis geneem. ʼn Ongelisensieerde vuurwapen en vermoedelik gesteelde goedere is by hom gevind,” het Magae gesê.

Benewens die 9 mm-pistool, het die polisie ook op ammunisie beslag gelê.

Volgens Magae word die gewonde verdagte onder polisiebewaking in ʼn plaaslike hospitaal behandel.

ʼn Soektog is intussen onderweg na nóg drie vermeende rowers wat van die toneel gevlug het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Vatso! ·

Die SAPS was seker geskok omdat die ongelisensieerde vuurwapen nooit by hulle ingehandig is nie!!

Thelma ·

Ek probeur nog altyd verstaan hoe die tipe ding werk, sit hulle op ‘n Vrydagmiddag elk met ‘n bier in die hand en besluit hoe hulle gaan roof? Genade asof dit ‘n raadsvergadering is waar belangrike besluite geneem word!! Wens die vernuf om skelm te wees kan meer positief aangewend word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.