Russiese kenners in SA oor Omikron

Argieffoto bloot ter illustrasie van Russiese navorsers. (Foto: Alexander Zemlianichenko Jr, Russiese Direkte Beleggingsfonds via AP)

’n Span Russiese wetenskaplikes het in Suid-Afrika aangekom om die nuwe Omikron-variant van die koronavirus te bestudeer.

’n Vliegtuig met viroloë, epidemioloë asook ’n mobiele laboratorium aan boord het Saterdag vanaf Volgograd in die suide van Rusland na Kaapstad vertrek, berig die Russiese nuusagentskap TASS.

Pres. Wladimir Poetin het dié span kenners, verbonde aan die Russiese ministerie van noodgevalle en die Russiese gesondheidswaghond Rospotrebnadzor, na Suid-Afrika gestuur op versoek van pres. Cyril Ramaphosa.

Ramaphosa het Vrydag wetenskaplikes van mede-Brics-lande – Brasilië, Rusland, Indië en China – genooi om saam met Suid-Afrikaanse wetenskaplikes te werk om die verskillende kenmerke van die koronavirus en die verskillende mutasies daarvan te ondersoek.

“Die samewerking tussen Brics-lande is bedoel om ons kennis van Covid-19 te verbreed, nie net tot voordeel van lidlande nie, maar vir die hele wêreldgemeenskap,” het Ramaphosa gesê. Hy het intussen self positief getoets vir die virus.

’n Ilyushin IL-76-vliegtuig van die Russiese ministerie van noodgevalle het Vrydagaand vanaf Moskou na Volgograd vertrek waar ’n mobiele laboratorium – op ’n Kamaz-voertuig gemonteer – op die vliegtuig gelaai is.

The Moscow Times berig tot 1 500 Russiese toeriste was einde verlede maand in Suid-Afrika gestrand gelaat nadat Suid-Afrikaanse wetenskaplikes die Omikron-variant bevestig het en ook Rusland sy grense gesluit het uit vrees vir dié variant.

Die Russiese gesondheidsowerhede het intussen ’n verpligte kwarantyntydperk van 14 dae ingestel vir alle mense wat Rusland vanaf Suid-Afrika en sy buurlande binnegaan.

Dít nadat minstens nege Russiese burgers onlangs met hul tuiskoms positief getoets het vir Covid-19 nadat hulle Suid-Afrika besoek het.

“Die risiko’s verbonde aan die nuwe variant word tans as baie hoog beskou,” het Anna Popova, hoof van die Russiese gesondheidswaghond, Donderdag gesê.

Bykomende bron: TimesLive.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

casper ·

Sekerlik op volle betaling van die regering vir hulle SA vakansie en skouerskuur met die Kubane ne!!

Nie Verbaas ·

Ag asseblief tog. As dit nie kubane is nie, is dit russe. Ek hoor dan ons wetenskaplikes is so fantasties. Waarvoor nou die klomp?

Elinette ·

Want ons is stadigaan maar sekerlik besig om kommunisties te word: wat myne is, is myne, en wat joune is, is ook myne. Daarom word daar geheul met kommunistiese lande soos Rusland, China en Kuba. “And guess what” ??? Wanneer die 3rde wêreldoorlog uitbreek, sal ons aan dié spul se kant ‘veg’.

Ben ·

Ek wonder hoeveel van die mense wat ‘n hartseer gesiggie onder Alfred gestem het, was al in Rusland sedert die einde van die Sowjet Unie? Oor die afgelope 25 jaar of wat het ek baie tyd daar spandeer en ek kan baie positiewe en negatiewe dinge van die land sê (en my mede Suid-Afrikaners sal dalk verbaas wees hoe baie positiewe dinge gesê kan word van die land en sy mense). Maar as daar een ding is wat jy nie kan sê van Rusland nie, dan is dit dat die Rusland van vandag “kommunisties” is. Kapitalisties – defnitief. ‘n Regering met outoritêre neigings – miskien (maar kyk bietjie hoe sogenaamde demokratiese lande byvoorbeeld die Covid epidemie hanteer het en dit is nie so eenvoudig nie). Maar kommunisties? Neewat – ten spyte van die 19% van die stemme wat die Russiese Kommunistiese Party in die laaste verkiesing ontvang het, is daar baie min kommunistiese ideologie oor in hoe die land regeer word.

Francois Le Cochon ·

Elinette, Rusland is al sedert 26 Desember 1991 nie meer kommunisties nie. Dit is ook die datum waarop vele Russiese state hul onafhanklikheid gekry het.

My siening ·

Cyrel wil weer geld leen by russe maar russe doen niks verniet.

Faraway ·

Stuur asb n klomp “deskundiges” om te help ondersoek na al die Plaasmoorde en kapings!
Jul sien n naald raak terwyl daar n kameel buite loop!

VaalDonkie ·

Terwyl die Indiers hier is, laat hulle sommer vir ons ouens vertel wat hulle by Dokter Shankara Chetty (van Suid-Afrika) geleer het en hoe dit hulle gehelp het met die behandeling van COVID-19.

Dup ·

Ek wonder hoe lyk ñ “Russiese gesondheidswaghond”…..seker heel gevaarlik!

Mariana ·

Kyk mooi wie die ANC aanhang. Eers is dit die adjunk president wat Rusland toe gaan vir “mediese” hulp en skielik kom die Russe hierheen vir die Covid goed. As daar nou iemand vir my kan sê dat hulle nie die stink ruik nie, is daar groot fout. Die ANC is besig met hulle gewone agterbaksheid en die mense in die land gaan weereens die prys betaal.

Esme ·

Kry asb net eers die Russiese Premier se van se spelling reg… Dit is Putin!

Leeuwyfie ·

Eintlik is dit Путин. Maar oor jy dan met die klanke werk is dit Poetin in Afrikaans en Putin in Engels.

JohanR ·

Ja vra ook wie betaal? Betaal hulle self, of maar weer die belastingbetalers? Sal hulle weer vir David Mabuza ook mediese behandeling gee?

JM ·

Die ANC is Rusland- en Kuba-verskrik! Wat moet die Russiese “kenners” hier kom soek? Dit is ‘n belediging vir Suid-Afrika se wetenskaplikes!

Esme ·

Ek verneem dat die Russe nou ‘n ondersteunende rol gaan kom vertolk in ‘n land wat so afgetakel is, deur die huidige Regering. My vraag – ek was deel van verlede jaar en die eerste 15 dae van die jaar, in ‘n Life Hospitaal in Gauteng. Ek was platgetrek deur Covid en is inderhaas opgeneem. Dit is al ‘n jaar later en ek weet nou nog nie wat die Nigeriese geneesheer vir my gese het nie. Sy Engelse taalgebruik was pateties en sy reputasie het hom vooruit gegaan.
Ek hoop die nuwe BRICS dokters gaan bietjie meer verstaanbaar wees, want dit is aaklig om siek te wees, geisoleer te wees, nooit die kos te kry, wat jy aanvra nie, en dan nog te twyfel wat die mediese personeel vir jou probeer se.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.