‘Ry meer versigtig’, vra owerhede in Mpumalanga

(Foto: Dept. van gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga)

Vier mense is dood in ʼn kop-aan-kop-botsing tussen ʼn bakkie en motor op die N2 sowat 25 km buite Ermelo in Mpumalanga.

Ross Campbell, woordvoerder van ER24, het gesê die motor het langs die pad tot stilstand gekom, terwyl die bakkie in die pad op sy dak te lande gekom het.

“Drie insittendes, twee mans en ʼn vrou, was in die motor vasgekeer en ʼn vrou was in die bakkie vasgekeer. Al vier is op die toneel dood verklaar,” het Campbell gesê.

Die slagoffers is vermoedelik tussen 28 en 35 jaar oud.

Die bestuurder van die bakkie is buite sy voertuig aangetref. Hy het verskeie beserings opgedoen.

“Hy is op die toneel gestabiliseer en na die Ermelo- provinsiale hospitaal vir verdere behandeling geneem,” het Campbell gesê.

Moeti Mmusi, woordvoerder van Mpumalanga se departement van gemeenskapsveiligheid, het gesê ʼn padveiligheidingenieurspan het reeds in samewerking met die polisie met ʼn ondersoek na die voorval begin.

“In die lig van verskeie ongelukke wat sedert Vrydag in die provinsie aangemeld is, doen ons ʼn beroep op motoriste om meer versigtig te ry sodat ons verdere lewensverlies weens padongelukke kan voorkom,” het Mmusi gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
Papa G

Ek ry daagliks die N17. Geen ondersoek is nodig nie. Mense jaag soos demone(videomateriaal beskikbaar). Ek ondervind dat verál Hilux, Fortuner en Pradobestuurders demone nies jaag. Stadiger as 140km/h word jy eenvoudig in die noodbaan gedruk! Andere ry op ń nasionale tolpad teen 20 km/h. Dit is lewensgevaarlik. Klaarblyklik kan sekeres ook kilometers vêr sien in digte mis. Die vragmotors ry mooi maar net teen 80 km/h. Ek weet: hordes mense gaan nou 1. Die taxi’s blameer. 2. Vertel dat spoed geen oorsaak is nie want hulle jaag self en is dus verhewe bo alle wette. Spoed is die oorsaak… Lees meer »

Dashcam

Wonder hoeveel keer is die selfoon verantwoordelik vir hierdie onverklaarbare ongelukke op n reguit pad in helder daglig, waar niemand besope was nie.

Rooi

Ek dink weer elke voertuig moet ‘n dash camera in voertuig hê. Dit gaan ongelukke verminder asook kapings. Net my opinie

marous

Die owerhede doen NIKS om die mense wat soos besetenes bestuur aan die pen te laat ry nie . Hul pligsversuim maak hulle net so skudig soos die pad moordenaars self .

Danien

Ek stem saam PapaG. Ek ry ook die N17 6 trips n week en dit is maligheid. Mense ry teen geweldige spoed, gaan verby op blinde hoogtes en draaie. Padreels word net verontagsaam want hulle weet daar is geen verteenwoordiging van verkeerspolisie jy sien net die SAPD en dan is hulle ook net sigbaarby die Nigel Delmas brug en net voor jy afdraai na Kinross. Op die Kinross Evander vang hulle sped of stel dit eeder so hulle maak pocket money bymekaar. Ek het hulle al gesit en dophou, hulle trek die ou af vir spoed dan le hulle by… Lees meer »