Rybewys-masjien gee weer probleme

(Foto: Maroela Media)

Die masjien wat Suid-Afrikaanse motoriste se rybewyskaarte vervaardig, is weer buite werking.

Dit is die soveelste keer dat die masjien, die enigste een wat rybewyse in Suid-Afrika druk, nie in werkende toestand is nie.

Collen Msibi, woordvoerder van die departement van vervoer, het gesê probleme het die keer opgeduik nadat die masjien roetine-instandhouding ondergaan het.

“Die instandhouding het op 5 April begin en tot 19 April geduur. ’n Tegniese onklaarraking het voorgekom en dit het vereis dat ’n belangrike onderdeel van die oorspronklike toerustingvervaardiger vervang moet word.”

Dit word verwag dat daar binne die volgende twee tot drie weke weer rybewyse gedruk sal kan word. Msibi meen dié verwikkeling sal nie die produksie van rybewyse raak nie en dat motoriste soos normaalweg moet voortgaan om vir rybewyse aansoek te doen.

Die masjien het ook in Oktober verlede jaar opgepak en beurtkrag is die skuld gegee. In November 2021 moes die masjien na Duitsland gestuur word om reggemaak te word. Dit was vir langer as twee maande buite werking voor rybewyse weer gedruk kon word en dit het groot agterstande veroorsaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Fran ·

Ongelooflik hoe onbekwaam hierdie regering is! Ek moes 8 maande wag v my kaart. EEN masjien in die hele land!!

annie ·

Laat weet ons asseblief wanneer dit werk, maar moenie intussen asem ophou nie.

Vonkprop ·

Wanneer breek die ANC se onderdele sodat ons hulle kan vervang met iets beter?

Jacobus ·

Vonkprop onderdele kan net breek wanneer dit werk, so die ANC kannie vervang word nie want dit werk nie.

Manie ·

Die ideaal sal wees om dit af te wentel na provinsiale vlak, maar korrupsie sal sekerlik weer ‘n rol speel.

Samuel ·

Nou verstaan ek hoekom alles breek, vanaf Eskom tot rybewys masjien, as gevolg van roetine onderhoud!!!

JvR ·

Dit neem gewoonlik, as jy gelukkig is, agt weke om lisensie kaart te kry. Dit neem minder as n week om ID kaart te kry, en die ID kaart het reeds n chip waarop goed soos bestuurders lisensie, wapen lisensie ens gelaai kan word. Die lisensie kaart is van die swakste drukwerk wat jy aan kan dink. Hmmmm

asjassie1 ·

Instandhouding???? Die kaders weet nie van instandhouding nie. Gebruik dit tot dit breek, dan eers probeer regmaak

hpven ·

En as dit nie herstelbaar is nie is dit apartheid se skuld.

Mariana ·

Dieselfde storie net ander dag. Altyd een of ander probleem. Wat is nuut? Baie geld om te vermors maar niks vir belangrike goed nie en intussen beplan hulle alweer nuwe kaart en nuwe probleme.

Loun ·

Ek wag nou n jaar….. sal maar vir nog n jaar rustig wag….

JvR ·

Was jy al by die kantore waar jy aansoek gedoen het? Want as jy gaan wag vir n sms, gaan jy lank wag. Want dan vertrou jy op die selfoon netwerke

Delia ·

So iemand wat dit gediens het toe dit nog gewerk het, het dit gebreek. Nou is dit stukkend. Dis soos dit klink

Riaan ·

Maroela Media het op ‘n stadium ‘n berig geplaas van Afriforum wat die regering hof toe vat aangesien dit nie duidelik is of die rybewys kaartjie enigsins hernu moet word nie. Kan ons asb ‘n opvolg op die berig kry, aangesien Afriforum nie op enige van my navrae reageer nie.

Anton ·

Ek deel graag my ondervinding om onlangs my UAE bestuurslisensie in Dubai te hernu. Oogtoets by een van die geakrediteerde oogartse gedoen wat die sertifikaat direk op die stelsel laai. 10 minute, geen afspraak nie. Van daar na een van die talle kiosks in regerings geboue regoor Dubai. Scan jou ID kaart, betaal en druk nuwe lisensie. Totale tyd vir alles was 90 sekondes.

Heinrich ·

Ruil die ministers se generators vir ‘n tweede nasjien.

Elma ·

“Nie die produksie van rybewyse raak nie”
2 tot 6 weke buite aksie, maar geen effek op produksie nie? Wow – jy het ook matriek sonder somme.

Francois ·

Die masjien/drukker is die minste van SA se rybewys probleme. Die korrupsie onder amptenare wat teen ‘n billike fooitjie bewyse uitreik aan mense wat duidelik nie lekker kan bestuur nie, is ‘n veel groter probleem.

Niklaas ·

Hierdie nuus is nie ongewoon in SA nie. Dink net aan die swak instandhouding deur die personeel van Eskom.

Eugene ·

Slept asb “mense” aan wat weet hoe om goed reg te maak, nie clowns nie.

Koen ·

Ai tog. Ook maar mens. Dan het jy jou mond vol oor ander se foute.

Di ·

Dit omdat hulle nog NIKS nuuts aangekoop het vandat hulle die land oorgevat het nie, Alles word net gespoeg en plak om aan die gang te bly. Die meerderhied van ons belasting geld word deur middel van korrupsie geplunder en die res word aan grants uitbetaal

Nie Verbaas ·

En die briljante SEB lede het nog nooit daaraan gedink om n tweede masjien aan te skaf nie? Briljant op sy beste.

Nico ·

My lisense verval einde Mei nou moet ek die lisensie fooi en vir ‘n tydelike ry bewys, in ek gestop word vir ‘n geldige ry bwys dan word ek beboet vir geen ry bewys nie. Sal die verkeers owerhede my te gemoet kom sonder ‘n ry bewys, ek glo nie, ander sal wegkom daarmee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.