SA aktrise sterf in New York

Charlbi Dean Kriek vroeër vanjaar by die Cannes-rolprentfees (Photo by Valery HACHE / AFP)

Die Suid-Afrikaanse aktrise en model Charlbi Dean Kriek is op die ouderdom van 32 jaar oorlede.

Kriek, wat onder meer bekend was vir haar rol in die Spud-rolprente, is Maandag aan ʼn “onverwagse siekte” oorlede, het haar verteenwoordiger gesê.

Die Hollywood-publikasie Deadline berig dat Kriek in New York oorlede is. Geen verdere besonderhede is verskaf oor die siekte wat haar dood veroorsaak het nie.

Kriek verskyn saam met Woody Harrelson en Harris Dickinson in die rolprent Triangle of Sadness wat binnekort vrygestel word en wat by vanjaar se Cannes-rolprentfees vereer is.

Kriek is op 5 Februarie 1990 in Kaapstad gebore en is ook bekend vir haar rol in die reeks Black Lightning.

Sy het ook in Don’t Sleep (2017) en Blood in the Water (2016) verskyn.

Kriek het vroeër vanjaar verloof geraak aan Luke Volker, ʼn Suid-Afrikaanse model.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Nie Verbaas ·

Onverwagte siekte en in vorige berig van n ander jong persoon onbekende oorsake? Klink bietjie verdag.

Wondermaarnet ·

RIV pragtige mensie en sterkte aan familie en vriende.

RS ·

RIV…maar ‘n oorsese web blad het berig sy is in ‘n motorongeluk oorlede??

Perdeby ·

Geen maar geen idee wie die “bekende ” aktrise is of was nie. Nog nooit van haar gehoor nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.