SA ma vas in Japan

Marilyn Massyn. Foto: Facebook

Marilyn Massyn. Foto: Facebook

Marilyn Massyn (36), ʼn ma van Suid-Afrika, is in Japan in hegtenis geneem.

The National UAE het berig dat Massyn, wat ʼn 14-jarige seun het, op 22 Oktober van Johannesburg na Abu Dhabi in die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) gevlieg het. Massyn het glo vir haar ma, Angie, gesê dat sy vir vier dae saam met vriende weggaan waarna haar ma nie weer van haar gehoor het nie. Volgens die berig is daar later vasgestel dat Massyn hierna na Japan gevlieg het.

Massyn se ma het intussen op ʼn Facebook-blad wat na haar dogter se “verdwyning” geskep is, bevestig dat haar dogter gevind is. “Sy leef. Sy is in hegtenis geneem en is in ʼn tronk in Japan. Ons het geen verdere nuus in die stadium nie,” het ʼn vriend namens die familie geskryf. “Sy is baie bly om te hoor dat Marilyn leef, maar is hartseer en platgeslaan oor die feit dat sy in die tronk is.”

Volgens The National se berig is Massyn se seun in ʼn koshuis in Suid-Afrika. Nelson Kgwete, woordvoerder van die departement van internasionale betrekkinge en samewerking, het aan Maroela Media gesê hulle is nie bewus van die voorval nie, maar sal ondersoek instel.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

14 Kommentare

Francois ·

Ek ruik ‘n rot! Seker weer dwelms hier betrokke, anders hoekkom nie vir haar ma se saam wie sy gaan en waarheen nie?

pop ·

Sys 36, moet mens op daardie ouderdom nog verslag doen aan jou ma???

Elizabeth ·

Pop: Wel, as mens ‘n 14-jarige kind het (wat dalk nog by ouma moes bly) dan dink ek mens moet beslis aan jou ma verslag doen. Mens gaan nie ook sommer Japan toe vir die naweek nie, so ek sou sê dis net bedagsaam om jou ma/ouers te sê jy gaan soontoe. Die feit dat sy gelieg het oor waar sy gaan beteken beslis hier is iets aan die gang… Nou kry SAfrikaners alweer in Japan OOK ‘n slegte naam as “toeriste”.

Mdevu ·

Ja! maar dan weer is jy seker een van daai mense wat net aan jou self dink, tot die dag dat jou gedink tot stilstand kom

Francois ·

Het jy dieselfde opgetree teenoor Oscar Pretorius? Het jy ook gese almal moet ophou stories opmaak of nie? Nobody is judging nobody here, but somehow one does not just “fly” off to Asia for a 3 day trip…to go and do what, shop?

Joe ·

Who are you guys to judge so quickly.. and who are you to judge a person you’ve never met? Have any of you ever been to Asia?… Are any of you familiar with their laws.. with the actions that can put a person behind bars? I think not! A person can get locked up for the most innocent reasons.. like for showing disrespect to a country official, or for taking photos in a place you are not allowed to take photos. It’s as easy as that to find yourself behind bars. Imagine this happened to you… that you were sitting behind bars in a jail in Asia, struggling to get through every day, depending on your family to not only try and find you but to help you. What if you did something you didn’t know was against the law in Asia and people judged you for drugs or whatever. If you don’t have something to say that can help.. then just don’t say anything. Pack your bags, go travel, go learn something about life, let your way of thinking be changed, Please.. just do it… you may learn not to judge.

NK ·

Japan is a Democratic Industrial Nation. If she is in Jail, it was because she broke the law for something she would be convicted and or jailed for an any other “western” country too.

Elizabeth ·

NK – 100%. Have been to Japan and had NO problems whatsoever, but then, I was a legit tourist doing what legit tourists do. So… all you people who fly off the handle accusing us for “judging” others…read carefully, NO-ONE here is judging! If she is really innocent of whatever reason they saw fit to arrest her for, the truth should prevail. Once again why did she lie to her mom?? Does make one wonder doesn’t it…

Jeanine ·

Don’t just jump to conclusions if you don’t know her. She is a school friend of mine and she needs all the support that she can get at the moment. She could have been arrest for something very innocent and might not have known that it was a ‘no no’. We are all praying for her safe return and cannot imagine what her mom, son and sister must be going through. We are not here to judge her. Rather say a prayer for her and her family and friends.

Jakes ·

Derduisende mense reis weekliks Japan toe, sonder om in die tronk op te eindig. Is dit dan nou so vreemd om onraad hier te vermoed? Niemand hier veroordeel ander sommer net nie. Moet tog nie so gou op die wa klim nie! Mens mag seker maar wonder, of is dit verbode?

Sollie ·

Jakes – net so. Die feit dat haar vriende so aangaan en almal van “judging” beskuldig is vreemd. Niemand hier beskuldig enigeen nie, mense wonder net.

Francois ·

Aangesien Maroela nou my een kommentaar (aan POP) skielik “delete” het…. Sollie jy slaan die spyker op die kop. As die waarhedi uitkom, wonder ek wat gaan Lorraine Landers dan te sê hê? Ek wag in spanning!

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.