SA nader weer geregshof oor Israel

Die Internasionale Geregshof (Foto: Remko de Waal/ANP/AFP)

Die Suid-Afrikaanse regering het ʼn dringende versoek aan die Internasionale Geregshof in Den Haag gerig om in te gryp nadat Israel aangekondig het dat hy sy militêre operasies na die stad Rafah uitbrei.

Die regering vra nou van die Verenigde Nasies (VN) se hoogste hof om te oorweeg of Israel se besluit rakende Rafah, “wat die laaste toevlug vir oorlewende mense in Gaza is”, vereis dat die hof sy mag gebruik om die verdere skending van die regte van Palestyne in Gaza te voorkom.

Rafah is ʼn redelike klein stad in die suide van die Gazastrook op die grens van Egipte. Die stad was voor die oorlog die tuiste van ongeveer 250 000 mense.

Meer as die helfte van die bevolking van Gaza het egter intussen na die stad gevlug nadat die Israeliese weermag burgerlikes beveel het om suid te vlug.

Vincent Magwenya, woordvoerder van pres. Cyril Ramaphosa, sê die regering se versoek om ingryping is reeds Maandag by die hof in Den Haag ingedien.

Volgens Magwenya het die Suid-Afrikaanse regering in dié versoek aangedui dat hy diep bekommerd is daaroor dat Israel se militêre offensief teen Rafah “reeds gelei het tot en nog sal lei tot verdere grootskaalse sterftes, beskadiging en vernietiging”.

Die Suid-Afrikaanse regering voer verder aan dat Israel se uitgebreide militêre operasie in Rafah ʼn ernstige en onherstelbare oortreding van die Volksmoordkonvensie én die Internasionale Geregshof se bevel van Januarie is.

Maroela Media het vroeër berig die hof het in Suid-Afrika se guns beslis toe hy op 26 Januarie vanjaar beveel het dat Israel alle stappe moet doen om aanhitsing tot volksmoord in Gaza te “voorkom en te straf”.

Moontlike skietstilstand?

Samesprekings oor ʼn moontlike skietstilstand tussen Israel en Hamas is intussen in Egipte gevoer.

AFP berig die Israeliese intelligensiehoof, David Barnea, het die direkteur van die Amerikaanse CIA, Bill Burns, vandeesweek in Kaïro ontmoet.

Die onderhandelinge, wat ook Katar se eerste minister en Egiptiese amptenare betrek het, was deel van ʼn intensiewe poging om ʼn skietstilstand te verseker voordat Israel voortgaan met sy volskaalse grondinval van Rafah.

Die Israeliese afvaardiging was Dinsdagaand op pad terug van Kaïro, het ʼn amptenaar in die Israeliese premier se kantoor aan The Times of Israel gesê.

Die Wall Street Journal het op sy beurt berig Barnea se afvaardiging het Kaïro verlaat “sonder om enige van die groot leemtes in die onderhandelinge te vul”, aldus Egiptiese amptenare.

Volgens die Egiptiese staatsbeheerde televisiekanaal Al Qahera sal die samesprekings vir nog drie dae voortduur.

John Kirby, woordvoerder van die Withuis se Nasionale Veiligheidsraad, sê die onderhandelinge is “opbouend en beweeg in die regte rigting”.

“Niks word gedoen totdat dit alles gedoen is nie,” het Kirby aan verslaggewers by die Withuis gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Manie ·

Die ANC mors ons geld, die geregshof se beslissings is nie afdwingbaar nie. Die ANC koop net gevreet met die oog op die verkiesing.

Vrijburger ·

Die ander oplossing om hierdie te voorkom – Die ANC moet hul Hamas-maatjies vra om op te hou om die inwoners van Gaza as menslike skilde te gebruik, alle Isrealiese gyselaars vry te laat en om onvoorwaardelik oor te gee sodat hulle verhoor kan word vir hul terrorisme.

Henry ·

die anc moet eerder kyk na al die moorde hier by ons en vergeet van israel wat hulself verdedig teen die hamas moordenaars

Casper ·

Kisses,duidelik het jy iewers die klok hoor lui maar jy weet nie waar die bel hang nie.Dink terug aan 7 Oktober 2023 wat Hamas aan Israel gedoen het.Het jy al ooit gesien dat jou ANC regering Hamas geregshof toe gesleep het,nee so word wakker uit jou droomwêreld en kyk na realiteit.

Grens ·

Isreal het gese hulle stop die oomblik as Hamas oorgee. Hamas wil wegkruip agter die vrouens en kinders, dan gaan hulle nou maar pak kry.

Tinus ·

Meer as 78 moorde per dag hier in SA, maar dit is mos niks. Net2340 moorde per maand en 28080 moorde per jaar. So binne een jaar word meer mense hier vermoor as in Palestina tot dusver. Waarom kla die ANC nie hieroor nie?

Christo ·

@Hennie – Dis presies dit. Iran het nog ‘n eft gedoen en nou moet die ANC spring.

Ryan ·

Grens, jy is heeltemaal korrek. Al wat hamas moet doen om die oorlog te stop is om onvoorwaardelik oor te gee. Dit sal die arabiere se “pyn en leiding” oombliklik stop, en sirrel en sy bende kan dan rustig raak en ophou om ons belasting geld so te verkwis.

Grassie ·

Die ANC was diep in die skuld, eintlik bankrot en sou finansieel tot niet moes gaan. Toe, sommer een oggend, het iemand hul skuld betaal, meer as 100 miljoen rand, maar niemand weet presies wie nie. Direk daarna maak hulle ‘n volksmoord saak by die wêreldhof aanhangig, heeltemaal onverwags. Nou begin hulle weer met ‘n ssoortgelyke saak. Hul betaalmeester het gepraat, dan moet hulle spring.
Trieste Suid-Afrika, jy is ‘n verflenterde eerlose land want jou sogenaamde regering het jou aan die muishonde uitverkoop. En dit was baie meer as 30 sikkels silwer.

otter ·

belaglik , julle steek ons in die skande sies! krap maar die leeu se bal .

Pim ·

Ek wonder hoeveel word die ANC betaal vir elkeeen van hierdie aansoeke wat hulle bring?!

Minnie ·

ANC en ons regering kan nie eers SA red nie.
Wat n klugspul…..
PS. Isreal het nie die oorlog begin nie. Ramaphosa ondersteun die verkeerde land. Absoluut breinloos…..

Oosieoos ·

So jammer mens kan nie hier sê wat en wie SA regering eintlik is nie maar ons weet en is seker hulle weet ook maar verseker het hulle geen eer of self respek nie. Wonder of hulle a siel het

Casper ·

Hamas moet sy aanvalle op Israel en die skepe stop dan sal Israel ‘n skietstilstand onderhandel.Hamas het ‘n lat gepluk vir sy eie g.t toe hulle Israel op 7 Oktober aangeval het.Die regering het nie die bevindings van die Geregshof bestudeer nie.Daar is bevind dat Israel nie volksmoord pleeg nie.’n Staat of land kan nie van volksmoord aangekla word by die Geregshof nie.Hamas het gevlug want hulle is uitgesnuffel waar hulle was en nou gaan Istael net die uiklophouu plant.

Leona ·

Isreal, ons as burgers van Suid Afrika staan saam met julle! Aan God alle eer.

willie ·

cANCer kom ek daag julle uit om ons weermag te stuur onm vir Isreal te dwing om na julle gesanik te luister!!!!

hendrik ·

Pandora en haar maatjies moet maar so lank hulle tassies pak want na die verkiesing Sal hulle nie Meer na die wereld hof toe kan hardloop nie. Sal Dan maar in Gaza moet gaan bly saam met hamas.

hendrik ·

Willie skitterende idee ons stuur hulle met assegaai en skild want met vuurwapens Sal hulle mekaar dood skiet hulle word Mos geleer om jou vuurwapen agterste voor te gebruik.

Jan ·

@willie ek dink ons weermag is nie opgewasse daarvoor nie……..destydse skool kadette was sterker!!

Martie Smartie ·

Wel die ANC het nou darem al die Moslem stemme in die sakkie. Die DA in die W Kaap moet maar loop kospakkies uitdeel daar en stil bly oor die Israel offensief. Na die verkiesing kan hulle Hamas weer gas gee. VIVA ISRAEL VIVA! Hamas en Iran moet 7 OKT 2023 onthou tot in lengte van dae.

Marthinus W ·

Israel het gese die Palestyne moet suidwaarts beweeg, Rafah toe, sodat hulle die noorde kan vernietig. Dis gedoen, 2 miljoen mense het suide toe beweeg, nou val Israel hulle aan. En ons klap hande vir die Israelis? Waar is ons morele waardes? Waar is on christenskap? Daar is ongeveer 50 000 swanger vroue; met geen medies ehulp. Hulle kraam sonder narkose. Daar is nie toiletgeriewe, of wasgeriewe nie. En julle klap hande?

Kuver ·

Marthinus jy weet regtig nie waarvan jy praat nie en net soos hamas, iran en die anc vertel jy nie die waarheid nie en glo jy die klomp van hamas en moet asb nie ons Christenskap hier rond gooi nie

Janine ·

“Daar is ongeveer 50 000 swanger vroue; met geen mediese hulp. Hulle kraam sonder narkose. Daar is nie toiletgeriewe, of wasgeriewe nie. ” Wanneer laas was jy in een van ons staatshospitale? Daar kraam ons dogters ook maar sonder enige meds. Badkamers sonder water ens. En na hulle kraam, word hulle op ‘n houtstoel neergeplak. So, ja……..

piket ·

Die sogenaamde suidafrikaanse regering word aangesê om hierdie stappe te neem, en eenvoudig soos hulle is dans hulle na die wysie sonder om enigsins te weet hoekom.
Wie dit orkesstreer kan mens net raai.

Bevorder geregtigheid - Vrydenker Vlakvark ·

Lees gerus ook Daily Maverick se 14 Februarie 2024 artikel getiteld: “Fikile Mbalula heads to Moscow for forum on combating Western ‘neocolonialism’” Die ANC skaar homself openlik by die lande wat anti-Westers is.

ES ·

Ek wens ons regering wil “diep bekommerd” raak oor die misdaad en korrupsie in ons land. Dis alles polities gedrewe. Brownie points.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.