SA Nasionale Weermag bykans ten gronde

Mapisa-Nqakul en genl. Shoke (regs) in die parlement. Foto: Twitter

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) is byna by omdraai verby op die pad om ten gronde te gaan, het die minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, en die hoof van die SANW, genl. Solly Shoke, vanoggend in die parlement gesê.

Hulle het die parlementêre mediakorps toegespreek voor die parlementêre debat oor die verdedigingsbegroting.

“Ons het ʼn groot, groot, groot probleem,” het Shoke gesê oor die feit dat die verdedigingsbegroting in reëele terme bly krimp, ook relatief tot die verdedigingsbesteding van ander lede van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap.

Die nuuskonferensie het bitter min klinkklare antwoorde, en nog minder aanduiding van denkprosesse gegee oor wat die weermag sou doen aan aktuele kwessies waaroor hulle ʼn verskil sou kon maak indien hulle ʼn groter begroting sou kry, of oor waar sulke geld vandaan moet kom.

Wat die invloei van onwettige immigrante betref, het die minister gesê die weermag moet 22 kompanjies op die grens hê vir doeltreffende grensbeheer pleks van die huidige 15.

Toe sy gevra is wat daardie soldate prakties sou kon doen om immigrante stop te sit, het sy net gesê beter tegnologie sou aangewend word.

Oor die ontplooiing van die weermag om bendegeweld op die Kaapse Vlakte teen te werk het sy toegegee dat die weermag nie opgelei is om stedelike burgerlike geweld te bestry nie, en dat ʼn kontingent van die SANW nou al ʼn week in Kaapstad is, maar nog nie die barakke verlaat het nie omdat hulle wag op intelligensieverslae en nie ʼn onttrekkingstrategie het nie.

Argieffoto

In die week dat die weermag in die barakke sit, is 43 mense gewelddadig dood op die Kaapse Vlakte.

Sy en Shoke het in antwoord op vrae nie geweet of die weermag die magte sou hê om huise te deursoek en beslag te lê op onwettige goedere nie. Nogtans het die minister groot aansprake gemaak.

“Ons verwag robuuste optrede. Die weermag sal hulle nie laat intimideer deur misdadigers nie. Die uitdrukking is dat die weermag net drie dinge verstaan: kapstewel, geweerloop en koeël (boot, barrel and bullet),” het sy laat hoor.

Mapisa-Nqakula het ook gesê niemand het nog met haar gepraat oor die minister van behuising, water en sanitasie, Lindiwe Sisulu, se stellings verlede week dat die kostelose oorname van staatsgrond in Kaapstad (met klaarblyklike verwysing na onder meer weermaggrond by Ysterplaat, Youngsfield en Wingfield) haar departement se eerste bydrae tot grondhervorming is nie.

Betreffende oudpres. Jacob Zuma se aanspraak dat buitelandse intelligensiedienste hom tydens sy ampstermyn wou vermoor, kon Mapisa-Nqakula nie bevestig of ontken dat militêre intelligensie van so iets bewus was nie.

Sy het egter wel ʼn mening daaroor, naamlik dat moontlike sluipmoordpogings deel van enige staatshoof se lewenswerklikheid is en dat dit dus verwag kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

73 Kommentare

JK ·

Binne 25jaar een van die beste weermagte ter wereld tengronde laat gaan. Pathetic.

Melanie ·

Ek stem saam JK. Die man wat verantwoordelik was daarvoor is nie meer met ons nie. In my verbeelding sien ek daardie vinger van hom …. “Ek.het geweet dit gaan gebeur! “

Vintcent ·

Al oorlog wat hierdié bende en hul meesters kan wen, is dié teen diegene oor wie se veiligheid hul eintlik moet waak.

Se Net ·

…dit het hulle ‘n rukkie gevat om dit agter te kom …

N ·

Dis hartseer om te dink die eens magtige SAW het niks oorgebly nie. Soos als in ons mooi land.

Mog-het-troffe ·

Die SA regering kan nie bekostig om ‘n effektiewe weermag te finansier nie. Ontbind die weermag eerder en skuif die beskikbare fondse na areas soos laekostebehuising en landbou waar die geld dringend nodig is.

Piet parys ·

Waarvoor is hulle opgelei . Om te sit en wag vir hulle salaris end van die maand . So gaan dit wanneer alles ge BEE word.

LOL ·

@Piet parys: Korrek, ek is bewus van weermaglede wat permanent by die huis sit, maar elke maand salaris verdien. Blykbaar is daar nie akkommodasie en/of kos beskikbaar by die weermag basisse nie en die lede word versoek om eerder by die huis te bly!!

Ben ·

Natuurlik is die eens trotse SANW (lees SAW) ‘n tandelose mag…. Dis dan OUD-MK kaders in beheer! Dit, asook ‘n totale gebrek aan dissipline en die rasbeleid binne die SANW is die primêre redes vir die situasie.

Pierre ·

Hierdie kom al vir jare. Niemand het die vrymoedigheid om op te staan en standpunt in te neem nie. Kom ons begin sommer by misbruik van militêre voertuie. Elke Jan Rap en sy maat ry met ñ M voertuig. Word ook aangewend vir private grbruik, vullis wegry , inkopies doen, kinders skool toe gevat ons. Transportparke staan vol vrte wat nie gebruik word nie want daar moet BMW, Mercs, en al wat ñ luukse SUV aangekoop word. Hoeveel miljoene kan daar nie gespaar word deur alles wat nie gery word nie te verloop en op te bou om luukshede te wil koop. Die SANW/ Regering will nie besef dat die gevaar ook ons bedreig nie. Die aanslae van ISIS en ander radikale groepe lê voor ons deur, hulle ontken hierdie bedreigings wat deur die Instituut vir Sekerheidsstudies op ñ daaglikse basis in stukke aangespreek word. Die Weermag is die enigste Departement wat ñ Mandaat het soos voorgeskryf in die konstitusie. Hoe gekerm jy jou land en sy mense as jou Weermag uitmekaar val en hy elke keer die militêre begroting sny as geld benodig word nie. Dit is onrusbarend dat selfs binne Afrika ons nou een van die swakste Weermagte het wat daar is. Dit is jammer, maar hierdie erns Magtige Weermag gaan finaal ineen stort met klomp mense wat op straat gaan sit.

Jimmy ·

Jy is reg Pierre. Met al die xenofobia gaan buurlande hul weermagte instuur om hul burgers hier te beskerm. Die SANDF sal hulpeloos toekyk hoe buitelandse soldate en tenks deur ons strate ry.

Nel ·

En nou word hulle op die Kaapse Vlakte ontplooi … ek sidder.

Adri ·

En so verwoes die verwoester (Jer. 6:26) eenvoudig alles waaraan hy raak.

M ·

Wag vir die NHI. Nationale Gesondheid versekering gaan baie meer mense se lewens kos. Hier kom nog groot ……

Dirk Doppies ·

Weermag? Weer mag Ons land wees wat dit was. Toe nie. Weer mag ons wit mense n lewe geniet? Toe ja. Weer mag ons hin beker wen. Toe nie. Weer mag daar vrede wees. Toe ja. Hkm hou ons nie ons self by ons self nie. Dit is moeilik. Lees niks praat niks. Bid en laat los.

Bossie ·

My genade, dit is nou nuus vir ons!!!! Ek lag my sommer vrek. Roep die “ou manne” op en binne een week is die Kaap weer Hollands. En sommer die land ook…

magz ·

Nee – Kaap is lankal nie meer Hollands nie – ongelukkig.
Gee eerder al daardie oud SANW lede dat hulle ons boerseuns kan oplei en manne van hulle maak – party rerige gomgat seuntjies met oorbelle en make-up – maak eerder manne van hulle – die feit is ons gaan julle almal nodig kry – baie binnekort!

Marius ·

And the monkey in the corner wrote the figures in his book.

Grassie ·

‘n Eens trotse, doeltreffende weermag wat deur sy vyande gevrees was is nou in sak en as soos alles in die land wat die ANC by die vorige regering “oorgeneem” het. Maar miskien is dit beter as die weerlosemag tot niet gaan as ‘n mens dink wat dalk in die nie te verre toekoms in die land kan gebeur.

magz ·

Netso! Dit kom – of mense wil weet of nie – en of hulle omgee of nie. Feite.

Zumie ·

Dink net wat dit die staat gaan kos aan siviele eise as die weermaglede met ‘n “boot, barrel & bullet” benadering die Kaapse Vlakte invaar……

Swanna ·

Hy is ten gronde. Die wat daar rond hang is asvoëls wat ‘n salaris trek vir niks doen en rond kajaker op die belasting betaller se geld.

Colin ·

Ons sal na ons eie veligheid moet kyk (sekerlik die eerste keer ooit wat dit gese word) Dit ,saam met die “poliesie” verteenwordig n vyandelike mag wat beheer word deur terroriste. Op die platteland woed n regime aangeblasde rasse tereur oorlog teen die blanke boer, thabo “frequent flyer” mbeki en kie het doelbewus die kommando’s tot niet gemaak. Weermag? , liewer n siek grap.

skurweberg ·

Ons sal moet begin om die waarheid te praat oor al die dinge wat nou in SA misluk. Dit begin nou vir my duidelik word waarom die Zondo kommissie vandag (17 Julie) vir Zuma gepeper het oor aanstellingsprosedures en watter norm is gebruik om mense in poste aan te stel. ‘n Begrotingsprobleem is ‘n liegstorie en word gebruik om die ware redes te verdoesel.

John ·

… wel hulle is nou op seevlak gestasioneer op moedverloor-se-vlakte neffens putsonderwater met ‘Water, water everywhere but not a single drop to drink’ as impi-kenwysie… waaroor kla die minister. Die kadette sal net eers die bendes moet ontwapen voor hulle teen hulle sal kan optree. Niks ergs nie.

fred ·

stem saam…ons mense met nog n biekie intelligensie het dit reeds jare terug geweet….

Poot ·

“Wag vir inteligensie verslae”. “Het nie ‘n ontrekkingstrategie nie”.
Whahahahaha……

Millies ·

Toe hulle verpligte nasionale diensplig weggevat het in 1994, was dit maar net die begin van die einde. Kyk net hoeveel generaals is en word intussen aangestel op ‘n weermag wat NIKS beteken nie.

Opleiding is so te se afwesig, geen dissipline en dit gaan so by die lugmag ook. Dis een groot klug en gekkespel. Vandag se staande mag kry goeie pakkette en voordele in vergeleke met die voor 1994. Presies wat doen hulle? ‘n AO of offisier word sommer vandag aangekla as hy “te streng” of “onvanpas” met sy troepe praat, want sy menseregte word geskend. Die koeel is lankal deur die kerk…

Stefan Kruger ·

Ons weet hierdie al lankal. Dis eintlik ou nuus.

Al het die SANW ‘n onuitputbare begroting, sal die weermag nooit weer kan wees wat dit was nie. Al wat sal gebeur is dat die offisiere ronder sal word, en langer en slapper karre sal ry.

Dis ‘n skande wat hierdie towenaars aan ons land doen, en die hartseerste is dat ons niks daaraan kan doen nie, behalwe om toe te kyk hoe ons land ten gronde gaan.

ChrisE ·

O gits daar het ons dit nou. Die enigste Afrika leier wat ons land nog binnegeval het was Samora Machel. As ons nou deur die Lesotho Vloot en Orania se lugmag aangeval word, wie gaan ons as getroue gedweë burgers beskerm? Hulle sal seker dan die Salvation Army die gewapende vleuel van die ZCC inroep. Het lankal voorspel die land kan jy met 100 oud PW en Seuns manne oorvat sonder om ‘n skoot te skiet. Miskien 150 ouens. Praat nie eers van die Spes Magte manne nie. Daar vat jy so 50 ouens.

SB ·

In my dae was jy trots om die weermag te dien. Die wereld het geweet van ons. Nou lag hulle vir ons. OK maar goed hulle gaan ten gronde, want hulle is eintlik ‘n bedreiging vir ons gemeenskappe. Een van die dae gaan Lesotho se weermag ons met gemak inval – hehehehe!!!!

marous ·

Stadige pas mars ! Die vlag kan nie eers half mas want die paal is ook weg . Verkoop maar die Griffons …ag nee dis al klaar verkoop . Verkoop maar die bassise …o nee dis klaar onteien . Verkoop maar die long drops …o nee waar gaan ons dan sit en koerant lees …

James ·

Dis wonderlike nuus. Wie wil ‘n sterk weermag in die ANC se hande sien?

Fantastiese nuus.

Pieter ·

Die Kaapse vlaktes gaan die akies uit die weermag skiet, hulle wapens vat en hulle met hul eie wapens doodskiet. Dit het mos in die Kongo ook gebeur, hulle is soos vliee afgemaai toe ontrek hulle want hul mense regte is ontneem, hahaha

ne ·

Dit was ons te wagte. ALLES in SA is ‘n gemors. En wie bedank ons……. a n c

Oud Weermaglid ·

Jy is reg James .
Dis seker die m k lede !!! Ha ha!
Die regte Weermag lede is tuis en sal op n dag sterk na vore tree.
Dit moet eers heeltemal ten gronde gaan en disintegreer voordat die regte Weermag weer opstaan.
Laat hulle vir eers maar rondploeter en klaar val

Klipindiebos ·

Hierdie situasie is ‘n geleentheid vir ‘n militere staatsgreep van magte buite SA.

Ouma ·

Ek stem die weermag se lede is PATETIES, en ek hoor wat almal sê ten opsigte van maak die weermag toe. Ek is ‘n lid op die weermag medies – my man kry ‘n pensioen vanaf die weermag. My vraag is, wat gebeur as hulle toegemaak word? Wat word van ons en al die ander weermag pensionarisse? Ek sien die “slapgatgeid” as ek soontoe gaan, maar, daar is baie wat moeite doen om paraat en op hulle plek te wees (hulle is yl gesaai maar hulle is daar) Die staat moet optree en opleiding gee vir die mense om hulle werk ordentlik te verrig en ophou om ons hard verdiende geld te mors op onnodige uitgawes

Slagyster ·

Die oomblik dat die weermag hulle voete in die woonbeurtes gaan sit, het die burgeroorlog waaroor daar reeds jare gepraat word, begin. Die weermag sal nie stilstaan dat daar op hulle gevuur word sonder om hulleself te verdedig nie.

Vra maar net ·

Slagyster ek wil jou vra jy praat van dat di weermag ni gaan stilstaan nie !!!!!!!!!!! Watter weermag praat jy van !!!!! Daar is dan ni een ni waar het hulle di regte opleiding dan gekry om terug te skiet as hulle ni eers di bende oorloë van Kaapstad onder beheer kan kry ni ek neem aan jy was ni in die ou weermag diens as jy van di so-called weermag praat nie

KrokodilBotha ·

Lag ek nou lekker vir die kommentaar. Feite mense. Dit is n grap, maar dis ook goeie nuus. DBV moet weer n draai gaan maak by die berede , en honde skole. Niks wat hulle aanraak verander in goud nie.

Zumie ·

Krokodil Botha – jou insig is reg. in die mitologie van die Grieke het alles waaraan Midas geraak het in goud verander. Hier in Afrika is dit egter nie die “Midas” – aanraking nie maar die “Sidam” (teenoorgestelde) – aanraking waar dit nie in goud nie maar in hondebollie verander
sien staat/Eskom/SAL/SAUK ens ens ens

Deon Meyer ·

Dit lyk nie of daar juis ‘n tekort aan kos in die weermag is nie.Hulle bly rond en gesond.

Louis le Roux ·

Dit was ‘n klompie jare gelede al duidelik toe Lesotho se weermag hul op hul neuse laat kyk het.

Ben Potgieter ·

En en dan is daar Mandela dag.”Legacy left behind of a failed ANC goverment led and started by the great Nelson Mandela.

VP ·

SAW = hopeloos
SAL = hopeloos
SA polisie = hopeloos
SA metro polisie = hopeloos
Hope.
En hope.
En hope en hope hopelose…

Asmain ·

Ek ry nou die dag deur n eens trotse weermag basis. Genade wat n kultuurskok! Dit lyk soos n plakkerskamp! Vervalle & vuil, geen instandhouding. Wat het geword van die eens pragtige militere basisse met sportgeriewe, pragtige tuine ens….

humor ·

Ontbind die hele gedoente. Indien daar wel moderne wapentuig sou wees wie sou dan instaat wees om dit aan te wend. Hulle sal uitgeroei word terwyl hulle met dit in hul hande sit.

Morné ·

Ek moes lag toe ek die stelling hoor hulle is nie opgelei om in die publiek te werk nie maar om oorlog te maak! Daai riool plaas in Gauteng het duidelik ons harde oorlog opgeleide troepe onderskat….mooi uniforms wat plumbers deesdae dra ne! Ons was opgelei as soldate, en toe “our people” hand uit ruk het ons vinnig opleiding gekry sonder enige verskonings. Ek was trots om te kan sê ek was n soldaat en nie net n plumber in camos nie! (Niks gemik teen n plumber nie, ek respekteer julle meer)

Deon ·

Die ergste is dat die generaals en hul minister nie eers skaam kry nie. Vra ook nie omverskoning en bedank nie.

O Wee ·

Hoekom is hulle almal so dik? Nee, regtig! Noudie dag ry daar ‘n ‘M’ voertuig voor my, met 3 lede in en die karretjie se dif sleep op die grond!

T de Wet ·

Ysterplaat ,Youngsfield en Wingfield is tydens die 2de wereldoorlog aan die destydse regering geskenk voorwaardelik dat dit slegs vir militere doeleindes gebruik mag word
Indien nie moet dit weer aan die Graaftrust oorhandig word.Dit is die rede hoekom daar
geen ander ontwlkkeling is nie.
Ters

De Villiers ·

Ons weet dat hierdie mense geensins die vermoë het om te regeer en ń organisasie te bestuur nie, maar om dit te vererger en met alle respek, waarom is ń vrou aangestel as minister van verdediging? Dis nou so goed as om ń man aan te stel as president van die netbal-liga.

Skaam ·

Die “leiers” is mateloos en onbeskaamd ongekwalifiseerd en onbekwaam om die poste te hou, beide die sg Minister, wat weet sy van militere sake af …….Nul en die kader generaal is nog minder bekwaam.

Dit is skrikwekkend en dan vra hulle meer van my en jou hard verdiende belasting geld om MEER NIKS TE VERRIG nie!! Sies!!

Jeremia ·

Wat is nie al ten gronde in die land nie? Paaie, munisipaliteite, Eksdom, SAA, SABC en vul maar self verder aan. Ten gronde leeggeplunder en verwoes.

Staak saam ·

Kyk net Noord!!!

In 1980 was die die Zim weermag na Bob se oorname ook n magtige mag, wat het oor gebly?
Gelukkig sal dit nooit hier gebeur nie, ons het mos vir ou nelson gehad en die mees liberale grondwet in die wereld.
Hou die spasie maar dop, een van die dae dril hulle met gumboots en hout gewere soos die res van Azania.

Willieweetnie ·

Ai maar dan is dit mos nou tyd on heeltemal die weermag te ontbind, dan is daar mos baie hgeld wat gespaar word.

Elsa ·

Ek stem saam dat ons weermag heeltemal onkapabel is en maar ontbind kan word. As ons land nou deur vyandelike magte binnegal sou word, sal dit beslis nie eens help ons het ‘n weermag nie. Die meeste weermaglede is seker ook net in die weermag om geld te verdien, sonder om regtig te werk daarvoor.

Melissa ·

Dis nou te laat om wakker te skrik. Ontplooi die weermag en kom dan agter oe jinne ons het nie n begroting hiervoor nie. Glo my die Weermag, Lugmag en die Vloot is op die rand van n totale ineenstorting. En wie moet ons bedank? Die een wat ons land oorgegee het in die hande van die Mk’s in 1994…

François Joubert ·

Schadenfreude. Dit is wat jy kry deur met terroriste te onderhandel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.