SA polisievrou vas in Hongkong

Busiswe Zungu. Foto: Facebook

Busiswe Zungu. Foto: Facebook

Die polisie in KwaZulu-Natal het bevestig dat een van sy lede in Hongkong in hegtenis geneem is.

Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat sers. Busisiwe Zungu (36) by die Hongkong Internasionale-lughawe in hegtenis geneem is vir beweerde betrokkenheid by dwelmhandel. Zwane het gesê ʼn interne ondersoek is van stapel gestuur maar kon geen verdere besonderhede verskaf nie.

Nelson Kgwete, woordvoerder van die departement van internasionale betrekkinge en samewerking, het gesê die departement stel ondersoek in. “Ek het my kollegas in Hongkong versoek om ondersoek in te stel na die bewerings en ʼn verslag saam te stel,” het hy gesê.

Volgens ʼn berig in The Mercury het Zungu by die Durbanse hawe as polisiebeampte gewerk en is sy die besturende direkteur van ʼn kleremaatskappy. Volgens die berig het Zungu al verskeie kere na Hongkong gereis om voorraad te koop vir haar besigheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Anoniem ·

Ongelooflik! ‘N besturende direkteur van ʼn kleremaatskappy, ‘n sersant in saps, ‘n internasionale handelaar in klere en dwelms, wow wats volgende, dalk ‘n posisie in politiek whahaha. You go sista!!!

Eish! ·

Ja en ek glo niemand het ooit gewonder waar ‘n sersantjie soveel geld kry nie? Ook is sy nogsteeds ‘n lid van die SAP! Hopelik sing sy nou en vertel wie haar makkers in die SAP is. En natuurlik sal sy seker ‘n besoek kry van een van ons hooggeplaaste ministers en daarna weer aangaan met haar werk in die SAP, Dalkies een deeltjie vir die minister ook gee. Ek het altyd gewonder hoekom ons ou mag lede nie ekstra werk mag verrig het nie. Ons moes skriftelike toestemming van die kommissaris af kry. Dit bestaan seker nie meer nie. Ook moes ons skriftelike toestemming gekry het voor ons mag trou. En ons mag aan geen unie behoort het nie. Die dat die SAP, Weermag en Gevangenisdiens deesdae vrot! Alles is oorboord gegooi.

Eddie Davey ·

Hulle kan haar DAAR uitvan g, maar nie HIER nie – want daar is te veel sulke skuim in die SAP – as die Prez hom nie skaam nie, waarvoor moet die volk? ♪♪♪

Drieks ·

Net so Eddie, die ANC het ons in hierdie gemors in geleer……… Pa JZ se kinders….

Elfie ·

Sy het ‘n baie “convenient” joppie gehad – polisievrou by die hawe, so haar goed kon lekker in en uit versteek in klere. Maar slim se baas vang hom telkemale. So terloops, ek is geen kundige en dalk kan iemand my vertel, as mens in die Staatsdiens werk, mag jy dan ‘n ander werk (bv as besturende direkteur ens) by ander firmas ook hê?

CJ ·

In die regeringsdiens in Namibia mag jy geen werk he buite jou werk nie en maar as jy ‘n besigheid wil he moet jy eers skriftelike toestemming vra en dit verklaar, maar hulle mag wel aan ‘n union behoort.

Charles ·

Elfie, as iemand vir staatsdiens werk, mag so persoon ‘n besigheid bedryf, maar dit moet verklaar word en amptelike toestemming word uitgereik, maar so persoon mag nie dienste lewer of vir tenders aansoek doen, vir die staat of staats entiteite nie.

Elfie ·

Charles – dankie. Dis natuurlik dan die reëls/wet en word sekerlik nie altyd toegepas nie – ons weet mos al. Mens sou graag wou weet of al die kanale gevolg was – inligting hieroor kan net nog ‘n sweep wees waarmee mens korruptes kan slaan ne!

Theresa ·

Ek stem saam met jou Eish. Jy mag onder geen omstandighede ‘n ander besigheid gehad het nie. Jy moes ‘n sekere lengte en gewig gewees het. Grote griet – kyk hoe lyk die spul in hul uniforms vandag. Bars letterlik uit hul nate. Kyk maar ook vandag hoe word “siviele” bygehore saam met die uniform “gemeng”. Dis nou skoene en handsakke , juwele by die vrouens. En dan praat ek nie eers van die haarstyle nie. En tot die mans kan nou hul oorbelle dra. Goeie genugtig. Dan is hulle “verbaas” as alles ten gronde gaan.

Nina ·

Gaan sy ook nou gelos word om daar te verrot, soos die blanke man? Of gaan alles moontlik gedoen word om haar SA toe te laat bring????

Lielie ·

Kyk hulle kan dalk weg kom met dit in Suid Afrika,maar hulle vergeet, nie alle lande se justice system is so nalatig soos ons sin. Daar vat hulle nie nonsens. Mag dit n eye opener wees vir die “slim mense” om te besef dat alhoewel hulle hier wegkom met dit dat daar wel nog lande is wat nie so korrupt is soos ons sin… Mag justice sy tol neem…

Jan ·

Handig om in die SAP te werk. Toegang tot komper terminale, inligting en kan ook die “free out of jail” kaartjie gebruik. Die klere snert is die kamoeflasie vir die werklike “besigheid”. Enige profesionele ondersoeker sal nie lank vat om die “waarheid” uit te snuffel nie maar dit sal nooit vorendag kom nie….die groot base sal seker maak daarvan.

Swanna ·

Jy is reg Charms, sy was diep undercover en Oom Stort Kop en kie sal haar daar gaan haal want dit is een van sy kinders.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.