SA skoonheid deel babanuus

Rolene Strauss is swanger met haar derde baba. (Foto: Instagram/Rolene Strauss)

Die Suid-Afrikaanse skoonheid, Rolene Strauss, en haar man, Daniel, gaan binnekort ʼn derde spruit ryker wees.

Rolene, wat in 2014 as Mej. Wêreld gekroon is nadat sy in dieselfde jaar as Mej. Suid-Afrika aangewys is, is reeds die ma van twee jong seuns.

Die bekende egpaar se derde baba sal na verwagting in Mei volgende jaar sy of haar opwagting maak.

Rolene het die babanuus op sosiale media gedeel met ʼn foto wat sê: “So ʼn spesiale tyd in ons lewens”, en nog een waarin sy ʼn klein bababoepie wys, met die woorde: “Die derde een groei veel vinniger!”

Sy het ook ʼn skattige video gedeel, waarin een van haar seuns ʼn skets van ʼn baba maak, met die byskrif “Baba Strauss”.

“Te veel liefde om te hanteer. Dankie Jesus,” het sy by die video geskryf.

Bekendes soos Tracey Lange, Simoné Pretorius, Willem Botha, Jamsyn Jack, Jordan van der Vyver en Greteli de Swardt het die egpaar op Instagram gelukgewens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Bolandse Nooi ·

Mensig, daar raak elke dag vroue daar in die buite-wêreld swanger en skenk die lewe … Wat gaan julle so aan oor een enkele sg. “celeb” se derde pienkvoet? Dis net nóg ‘n vrou, nóg ‘n baba (en ek hoop sy stop nou – 3 is meer as genoeg!).

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.