Saak oor liggaam op bakkie weer uitgestel

Van links: Jaco Kemp, Louis Coetzee, Gert van der Westhuizen (Foto: Janice du Plessis/Maroela Media)

Die saak waarin Louis Coetzee (36), Jaco Kemp (45) en Gericke van der Westhuizen (39) van moord aangekla is ná die lewelose liggaam van Dumisani Phakathi agterop hul bakkie gevind is, is weer uitgestel.

Dít omdat die versoekte regshulp vir die verdediging wéér nie opgedaag het nie.

Coetzee en Kemp is sedert 17 September agter tralies, terwyl Van der Westhuizen op 19 September op borgtog van R5 000 vrygelaat is. Coetzee en Kemp doen nou ook aansoek om borgtog. Die saak is tot volgende week vir formele aansoek om borgtog uitgestel.

Maroela Media het vroeër berig polisiebeamptes het Sondag 17 September omstreeks 02:00 roetinepatrollies op die R511 net buite Brits gedoen, toe ʼn Nissan NP 200-bakkie op die pad agterdog gewek het. Beamptes het die bakkie voorgekeer en deursoek waarna daar op die lewelose liggaam van die 45-jarige Phakathi afgekom is. Hy het glo water op ʼn plaas gaan haal toe hy na bewering aangerand is.

Die drie het op 26 September vlugtig in die hof verskyn, en die saak is tot vandag (Donderdag) uitgestel vir gratis regshulp om die twee by te staan. Coetzee en Kemp het aanvanklik aan die hof gesê dat hulle sonder regshulp hul kant van die saak sal stel, maar het later besluit om wel regshulp in te win.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Gaitsigubib ·

Julle manne is reeds veroordeel, nou is dit net formaliteit. Berei julself geestelik voor, want enige poging om jul saak te stel gaan op dowe ore val.

Woes ·

02:00 die nag met ‘n lyk??????? Wat verwag jy, of dink jy miskien hulle is vampiere

Gaitsigubib ·

Nee om eerlik te wees, dit lyk dit vir my of hul ten minste skuldig is aan regsverydeling. Ek het nie genoeg informasie om met sekerheid oor moord te spekuleer nie, maar ek stem dat dit nie goed lyk vir hulle nie. Ek glo nogal dat mense n kans moet kry om hul saak te stel. Ek dink veral so omdat ek self n Boer is en op bitter wyse kennis het van mense wat slegs “betree” maar eintlik sinistere motiewe het.

Gaitsigubib ·

ES ek glo jy werk vir n prokereur en/ of is dalk selfs gekwalifiseer. Ek stem saam met jou kommentaar. Jou hare sal orent staan as jy hoor watter raad word deur leuke uitgedeel vir mense wat n aanvaller, dief, betreder of wat ook al konfronteer, arresteer of gedood het. Beaam tog net dat jy jou prokereur eerste moet bel as iets drasties gebeur het. Hierdie reel maak nie saak of jy skuldig of onskuldig is nie….

Karoo ·

Kap my maar met ‘n “thumbs down”…. die manne is skuldig, tot hulle hul onskuld bewys het.

Gaitsigubib ·

Die hof oorweeg baie faktore vir parool. Skuldig of onskuldig moet nog besluit word. Jou maatstaf vir parool is nie korrek nie. Natuurlik word die aard en erns in ag geneem, maar mens kyk ook na n vlugrisiko, sal aangeklaagde nog misdade pleeg, gaan hul met getuies inmeng, ens. Op die stadium is alles vir my nie pluis nie. Waarom was die polisie daar? 2 Uur in die oggend werk mense in die SAP nie gewoonlik nie. Was dit een of ander set-up?

Bolandse Nooi ·

Nie 1 van hulle drie lyk asof hulle voor in die klas gesit het nie …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.