Saak teen oudburgemeester later aangehoor

Zandile Gumede, voormalige Ethekwini-burgemeester. (Foto: Doctor Ngcobo/ANA)

Die saak teen Zandile Gumede en haar 21 medebeskuldigdes is Maandag in die Durbanse hooggeregshof uitgestel – dié keer tot 30 November.

Gumede, ʼn voormalige burgemeester van die Ethekwini-metroraad en lid van die KwaZulu-Natalse wetgewer, word beskuldig van korrupsie, geldwassery en bedrog wat verband hou met die toekenning van ʼn R398 miljoen-kontrak vir die verwydering van vaste afval in Durban.

ʼn Klag van rampokkery is vandag by die klagstaat teen die groep beskuldigdes gevoeg.

Gumede se medebeskuldigdes sluit onder andere in die geskorste Ethekwini-stadsbestuurder Sipho Nzuza, asook die voormalige verkrygingsbestuurder Sandile Ngcobo.

Sy is vroeër op borgtog van R50 000 vrygelaat en het verlede maand ingevolge ANC-beleid opsy gestaan terwyl die hofsaak teen haar voortduur.

Honderde van Gumede se ondersteuners het vroeër vandag buite die hof saamgedrom om hul steun aan die voormalige burgemeester te gee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Suzette ·

Al die sake word net heeltyd uitgestel en uitgestel en niks kom tot ‘n einde teen hierdie korruptes nie. En intussen kry hulle nog steeds ‘n salaris….

Persheks Adri ·

Liewe Vader wanneer sit die lot nou? Ons kan dit meer hanteer nie wragtag waar!

Kokerboom ·

Hoekom is die kader skepsel en haar medeboewe NOG NIE in die tronk? Watse gevoetesleep is dit die?

Di ·

Gumede vat jou pie en waai saam met jou ondersteuners. Verstaan nie dat hierdie korrupte vrou nog steeds mense het wat haar ondersteun nie, beslis iets fout met hulle.

Elinette ·

Jy is reg, daar is iets verkeerd met die kaders se “ondersteuners”. Die ligte brand en die ‘lift’ gaan op en af, maar niemand is tuis nie.

Misky ·

Nog ‘n Zuma saak en die bewyse is voor die hand liggend en enige een met bleddie oë kan dit sien!!!!!

Ek sal maar fb toe gaan en my mond daar gaan spoel, want ek mag nie hier nie.

Elinette ·

Misky, jy moet dinge net mooi verwoord en nie vloek nie.

Fred ·

Ek verstom my altyd aan al die óndersteuners’. Is dit agv werkloosheid dat hulle daar kan wees?
Of kry hulle elke keer verlof om hulle krimineel te gaan ondersteun?
Seker maar net nog n ‘Rent a crowd’.

Elinette ·

Rent-a-crowd @ ‘n quarter “Chicken Licken” piece en ‘n ANC T-Shirt.

Jakes ·

Die saak word telkens uitgestel want daar word intussen gekyk in watter ander senior poste die 21 in bevorder kan word. Daar sal dadels van kom dat hulle ooit enige vonnis van enige aard sal uitdien. Die miljoene wat hulle geplunder het is hopeloos te min vir die ANC om hulle te vervolg. Onthou, hulle is mos die voorheen benadeeldes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.