Sahpra ondersoek sterftes ná entstof

Sahpra sê omvattende ondersoeke word na die sterftes gedoen. (Grafiek: Unsplash)

Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte (Sahpra) ondersoek verskeie sterftes wat voorgekom het nadat mense entstof teen Covid-19 ontvang het.

Die owerheid het die parlement Woensdag op die hoogte gebring van die stand van die land se entstofprogram.

Volgens Sahpra word 28 sterftes in hierdie stadium ondersoek. Hiervan was 24 sterftes wat voorgekom het nadat mense die Pfizer-entstof ontvang het en vier sterftes het voorgekom nadat mense die Johnson & Johnson (J&J)- entstof ontvang het. Meer Suid-Afrikaners het wel reeds die Pfizer-entstof ontvang.

Volgens Boitumelo Semete-Makokotlela, uitvoerende hoof van Sahpra, is daar verskeie newe-effekte wat die owerheid ondersoek wat na afloop van die toediening van die entstof aangemeld is. Die sterftes vorm deel daarvan.

“Ons moet vasstel of die gebeurtenis inderdaad verband hou met die entstof en of dit verband hou met iets anders,” sê Semete-Makokotlela.

“Dit is baie omvattende studies wat gedoen gaan word. Nadoodse ondersoeke sal gedoen word, die geskiedenis van ander medikasie wat die individu gebruik het sal nagegaan word. Dit is nogal ʼn breedvoerige proses.

“Terwyl die ondersoek gedoen word, neem ons kennis van die sterftes en ons monitor dit.

“Wat ons kán sê is dat die sterftes nie meer is as wat algemeen onder die publiek sou voorkom nie,” sê Semete-Makoktlela.

Teen Woensdagaand is net meer as 5,8 miljoen mense in Suid-Afrika teen Covid-19 ingeënt. Hiervan het net meer as 4,7 miljoen mense die Pfizer-entstof ontvang. Naastenby 3,8 miljoen mense het ʼn eerste dosis ontvang, terwyl net meer as 950 000 mense reeds hul tweede dosis van die entstof ontvang het. Net meer as ʼn miljoen mense het tot dusver die J&J-entstof ontvang.

Sahpra sê algemene newe-effekte wat ná die toediening van die entstof aangemeld is, sluit in ʼn verhoging in bloeddruk, borspyn, asemnood en floute.

Teen 7 Julie is 3 730 negatiewe reaksies aangemeld. Hiervan is 2 487 newe-effekte ná die toediening van die J&J-entstof ontvang (77% onder vroue) en 1 243 voorvalle van newe-effekte is na die toediening van die Pfizer-entstof ontvang (66% onder vroue).

Ivermektien

Semete-Mokoktlela sê daar is in hierdie stadium geen bewys dat ivermektien byvoorbeeld help om hospitaalopnames of komplikasies weens die siekte te verminder nie, en ook geen bewyse dat dit enigsins sterftes verminder nie.

“Ivermektien behoort nie as roetine in die bestuur van enige fase van Covid-19 gebruik te word nie, behalwe binne die konteks van ʼn kliniese proef.”

Semete-Mokoktlela sê daar is ook onvoldoende bewyse om aan te beveel dat ivermektien vir die behandeling van Covid-19 gebruik word.

Sahpra het sedert Januarie 632 aansoeke vir die gebruik van ivermektien ontvang. Hiervan het hy 60 verwerp terwyl vyf aansoeke verdubbelings van ander aansoeke was.

Daar is in hierdie stadium geen aansoeke vir die registrasie van ivermektien vir die behandeling van Covid-19-infeksies nie. ʼn Ivermektien-room vir die behandeling van sekere velsiektes van die gesig is wel geregistreer. Sahpra het ook ʼn aansoek ontvang vir die registrasie van ʼn ivermektien-tablet vir die behandeling van sekere tropiese siektes.

Die hospitaalgroep Mediclinic het Woensdag ook gesê daar is in hierdie stadium steeds onvoldoende kliniese data om die gebruik van ivermektien in pasiënte met Covid-19 aan te beveel.

Mediclinic sê dr. Emmanuel Taban, ʼn longspesialis verbonde aan Mediclinic Midstream, het waargeneem dat twee uit elke drie pasiënte wat tydens die derde vlaag vir Covid-19-verwante sorg aanmeld, ivermektien gebruik het omdat hulle geglo het dit gaan hulle teen die opdoen van die virus beskerm, of ʼn ernstige vorm daarvan verhoed.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

133 Kommentare

Andreas ·

Die misleiding is om nie die gehele prentjie te gee nie. 28 sterftes word ondersoek, maar wat dink jy was die natuurlike sterftes na die miljoene inpuiting gewees (dis gemiddeld so 1% per jaar. )

Anoniem ·

Het Pfizer-entstof ontvang en was vir 2 dae siek, sit nou nog met kroniese hoofpyn en lyfseer, voel of ‘n trein oor my is.

Francois ·

Hoofpyn en lyfseer was van die newe effekte wat die suster gesê het ek kon verwag na my enting, van my vriende het dit ook ondervind, ek was gelukkig en net sensitiewe inspuit area gehad vir 2 dae.

Pierre ·

28 sterftes teen duisende wat aan Covid dood is, dankie ek sal my kans vat met die enstof.

Nicolaas ·

My probleem is die volgende 2-3 jaar… gaan ons entstof gevolge kan sien in die sterfte data, sekerlik nie.

Cherokee ·

Miskien as jy ‘n boek met idome lees, sal jy dalk raaklees dat daar atyd ‘n eerste keer is.

Anoniem ·

Nicolas ek wag nog vir ‘n voorbeeld van enige inenting wat nog ooit lang termyn gevolge gehad het

Frank ·

My probleem ook. Hulle praat al klaar dat jy nou elke jaar vir ‘n inenting sal moet gaan.

My siening ·

Dit kan toeval wees mense wat geent of nie sal ook dood gaan een of ander tyd. Ek is geent en gaan oor 2 weke vir 2de en het geen ongemak gehad, dit is n geval van mense tot mens en ek en my vrou is gelukkig. Dink aan julle met komplikasies!

Aai ·

Ek is nie seker maar was daar nie dalk sterftes in die 80’s toe ons inenting gekry het maar sosiale media was nie daar om ons op hoogte te hou?Dit is seker maar soos enige medikasie wat newe effekte het?Ken baie mense hier en oorsee wat Pfizer gehad het en geen probleme.Dan ook Laerskool Kruinsig se hoof is gister oorlede van C19 het hy entstof ontvang weet iemand dalk?RIV Dr. Kruger.

Tania ·

Beslis waar wat jy hier se, en dit is nie ‘n ou virus nie daar is baie nagevors al reeds mense dink dit is iets wat vinnig ontwikkel was, ek wens mense wil hulle huiswerk gaan doen. Ek stem saam agv sosiale media het ons net soveel meer inligting …. en ja enige iemand kan ‘n reaksie he tot antibiotica of enige medisyne

Irma ·

Die groot verskil is wanneer ‘n mens medikasie neem en jy ontwikkel newe effekte kan jy hierdie medikasie onmiddellik staak maar met ‘n enstof is dit egter ‘n heel ander storie want die entstof word dadelik in jou bloed opgeneem en dan kan daar niks aan die newe effekte gedoen word nie.

piet ·

Maar as jy enige medikasie geneem het, word dit mos ook in jou bloed opgeneem en soos enige ander medikasie word die entstof ook in jou liggaam afgebreek en verwerk. Hoe kan jy se dat daar niks aan die newe-effekte gedoen kan word nie? Almal wat newe-effekte kry sal dan mos in ‘n stroom doodgaan. Jy verstaan nie die verskil tussen newe-effekte (bykans altyd korttermyn en nie ongehoort vir enige medikasie nie, klaar normaalweg binne ‘n week op) en langtermyn komplikasies (nog geen bewyse daarvan vir Covid vaksiene) nie

Elinette ·

Ek het nog altyd gewonder – as jy reeds COVid gehad het, moet jy steeds gaan vir die vaksinasie? En as dit ‘n ENTstof is, hoekom kry mense dan nog steeds COVid, kan hulle ander mense aansteek, maar is hul simptome net ligter? Dan is dit mos nie ‘n volwaardige ENTstof soos bv. die polio-entstof wat die siekte uit die weg geruim het nie?

Tiptol ·

Ja, jy moet steeds gaan vir die inenting as jy wíl. Mense wat covid gekry het na inenting se simptome is baie lig en min. Dit versprei nie longe toe nie (soos ek van 2 dr vriende verneem). Mense wat die inenting het, kan ook nog die virus dra en iemand anders aansteek. Bly nogsteeds jou keuse.

Anoniem ·

As jy ingeënt is weet jou liggaam hoe om dit te beveg, jy moet eers die virus opdoen voor jou liggaam iets kan doen

Jack Russ1 ·

As die polio-entstof die siekte heeltemal uit die weg geruim het, hoekom moet kinders nogsteeds vir die polio insluiting gaan?

piet ·

Die antwoord is ja, jy moet vir die entstof gaan want die entstof gaan jou beter beskerming bied teen nuwe variante van die virus.

Chris dupreez ·

Ek het Phizer enstof ontvang, alreeds my tweede dosis, en geen newe effekte getoon. Dit hang sekerlik van persoon tot persoon af, hoekom weet ek nie.

tweeling ·

Netso Chris, party is bang vir hoogtes ander is mal daaroor.

Ilze ·

Ek het ook Pfizer ontvang. ‘n Seer arm vir ‘n dag. Niks ander newe effekte

Frank ·

Ja Chris, die probleem is die navorsers wat dit ontwikkel het weet ook nie hoekom nie…

Herpiet ·

Word hierdie entstowwe korrek geberg? Temperatuur korrek gemonitor? Dalk is van die goed af en word toksies…

Hester Wilhelmina ·

To each his own. Ek vat maar my kanse met 1.5ml Ivermektien een x per week.

Tiptol ·

Invermektien ook nog nie medies bewys dat dit werk nie. Nagevolge daarvan (bv vir die lewer) ook nog nie nagevors nie, maar mense drink dit met ‘n glimlag.

piet ·

Tiptol – Twee-derdes van mense wat dit gebruik het vir Covid meld met mediese probleme aan volgens die dokter by Medi-Kliniek. Dis dus uiters gevaarlik om dit vir Covid te gebruik.

piet ·

Ten spyte daarvan dat twee-derdes van mense wat dit geneem het vir Covid aanmeld vir medies? Dit klink vir my uiters gevaarlik om dit te gebruik vir Covid-behandeling,

Nella ·

My dr het gese om ivermectin voor die tyd te vat is om soos n hoofpynpil elke dag te drink vur ingeval jy hoofpyn eendag gaan kry. Dien geen doel voor die tyd nie

Belinda ·

Wat ek nie kan verstaan, hoe kan hulle ons die entstof gee as hul nie eens jou mediese rekord / geskiedenis ken nie. Jy vul miskien net in wat jy weet, maar wie se dis eerlik of watookal? Dan moet jy ook maar net vat wat gegee word. Is dit nie hoekom jy in die eerste plek jou dokter moet sien as jy siek is, want hy hou rekord van jou gesondheids geskiedenis, en skryf voor wat gepas is vir jou siende een persoon dalk nier probleme het en die ander miskien n long probleem of wat ookal?

Tiptol ·

My man is nog elke jaar vreeslik siek van griep, nadat hy die griep inspuiting gekry het….

Martie ·

Enige medikasie het newe effekte… die info papiertjie wat saam met medikasie kom, lees soos ‘n riller…. en dis net vir medikasie wat behoorlik getoets is vir menslike gebruik.
Dit is jammer dat mense oorlede is nadat hulle die entstof gekry het, maar daar was dalk onderliggende mediese faktore wat daartoe bygedra het.

Filistyn ·

As mense sterf aan onderliggende faktore, word daar gesê hulle het aan Covid gesterf. Sterf hulle weens die inspuiting, dan het hulle weer onderliggende Medies faktore gehad.

Belinda ·

Asof ons die papiertjie kry saam die spuit. dis natuurlik net van gee jou arm, en hulle spuit in. As elke mense daai voubiljet moet lees, gaan dit vir ewig vat want die hoe taalgebruik verstaan meeste van ons in elk geval nie

Zombie ·

Ek is nie ‘n mediese kenner nie, maar sover my wete strek, word die inenting teen die griepvirus elke jaar aangepas. Dit word dus nie oor jare heen getoets nie, omdat daar jaarliks nuwe variante van die griepvirus is. Ek kan nie onthou of iemand al ‘n bohaai daaroor opgeskop het nie.
Sover ek weet, het die meeste medikasies newe-effekte. Het jy al ooit die biljet van byvoorbeeld aspirine of parasetamol gelees?
Kan jy miskien ‘n voorbeeld van medikasie of ander inentings gee waarvan die vervaardiger jou betaal as dit nie 100% werk nie? Ek praat nou nie van die sogenaamde “booster” wat jou hondjie jaarliks by ‘n veearts ontvang nie.

Boksombende ·

My Skoonma en Tannie is alreeds ingeent, en hulle altwee is 100% ok. Ek dink dit hang van die individu af. Die inenting affekteer mense verskillend net soos wat die COVID virus doen. Ek ken mense persoonlik wat COVID het en al meer as twee maande sukkel om te herstel. Een persoon is al 2 maande in ICU met 88% longskade. Geen vorige siektes nie. So maak jou besluit, maar weet dat beide of positief of negatief kan wees.

Cherokee ·

Tog is daar ‘n verskil.
As jy die toegelaat het en jy besluit later, dat dit ‘n fout kon wees, sal jy dit nie kan terug gee nie.

Tanniepetoors ·

Heng, ek begin ook nou my bedenkinge kry oor die inentings. Ek het vandat ek my eerste Pfizer inenting gekry het hartkloppings, is kortasem en het skielik, sonder enige ander rede, al die simptome van ligte hartversaking. Klop nogal met Geert Vanden Bosshe en ander se teorieë. Ag net ‘n klip in die bos. Gaan Google ander teorieë asseblief en besluit self.

Nicolaas ·

Uiteindelik iemand wat eerlik is daaroor, ek hoop net jy word nie gekruisig daarvoor nie.

Daniel ·

Dis tegnies nie ‘n vaksien, is nog eksperimentele biologiese agent goedgekeur vir noodgebruik

Taurus ·

Dit is in elk geval nie ‘n inenting nie maar wel ‘n inspuiting vol van allerlei onbeproefde elemente.

Andre ·

Gee maar my entstof vir die minder bevooregte mense ek het hom nie nodig nie, Ivervectin werk !!

Cherokee ·

Antwoord jy maar self jou vraag. Dit is jy wat wil weet.

Thom ·

Jy is welkom ___ ons weer het nou ‘n hele paar vriende met hulle Ivermektien ook in die kis begrawe . Hulle was wurmvry maar ongelukkig dood .

Riaan ·

Dwight D. Eisenhower – “If you want total security, go to prison. There you’re fed, clothed, given medical care and so on. The only thing lacking… is freedom. ” – Die Groot Griep van 1918 het net 3 Golwe gehad en niemand was inge-ent nie. Lyk my die mensdom het nou vir hulleself ‘n tronk gekies in ruil vir sekuriteit. Na gelang van die tendense in Engeland en Frankryk is die entstof-paspoort om die draai. Ek wonder waar dit gaan stop…? Miskien ‘n sosial krediet gradering soos in China en dan ‘n drabare of ingeplante mikro chip soos Klaus Schwab van die WEF in 2016 verduidelik het? Wie weet?

Jenny ·

Dink hulle ons is morone? Ek was baie siek met die Covid 19, was nie in hospitaal nie, want ek wou nie hospitaal toe gaan nie. Het die infermektien gebruik en vandag is ek gesond. Ek weet van baie wat nie infermiktien gebruik het nie het in die hospitaal beland en meeste het nie daaruit gekom nie. Watter waarborg gaan hulle my gee dat ek nie newe effekte van die inenting gaan kry nie? Ek toon baie maklik alergiese reaksies van medikasie, so geen inenting vir my nie.

Tiptol ·

Maar daar is geen mediese bewyse dat invermektien werk of geen nagevolge het nie,tog spring almal om dit te drink. So bietjie dubbelsinnig?

Rian ·

As jy ingeent was, was jy dalk baie minder siek by die huis.

Gerhard ·

Goed, ek lees almal se kommentare en is van mening dat elke persoon se opinie reg is, of jy die entstof gaan neem al dan nie. Ek self het besluit van die begin af ek gaan dit nie neem nie en dit is suiwer n persoonlike oortuiging en besluit. My vrou het gister haar eerste inenting gekry. Sy het genoem dat haar arm baie seer is en sy het deurnag pyn in haar arm gehad (inentingsarm) en sy het nie gister aand heeltemal te wel gevoel nie, maar verder sal ons maar sien hoe dit uitwerk vir haar. My seuns deel my oortuiging oor die entstof en gaan dit ook nie neem nie. As n reel lees ek eers baie op oor alles en ek het genoeg opgelees om n goeie besluit te kon maak. Ek glo ek sal dit nie kry nie, ek spreek dit uit oor myself en is verantwoordelik. So, as ek uminiteit oor myself uitspreek, gaan ek baie kleingelowig wees as ek dan ook wel die entstof neem. (NET MY OPINIE) Ek het ook geen vertroue in iets wat in minder as n jaar in gebruik is nie, anders was dit saam met die virus ontwikk

Cherokee ·

Gerhard, ek hou van jou filosofie en dit strook toevallig presies met myne. My vrou voel net soos ek daaroor en ons het mekaar nie oortuig nie, maar eie besluite gemaak.

Snaaks dat die duim-affers net negatief kliek sonder om self te weet waarom, want hulle verduidelik hulself nie.

Boer ·

Hoeveel mense sterf dagliks aan n hartaanval, kar ongeluk, kanker ens. Dit is jamer om te se sover net 28 uit mijoene mense het gesterf a.g.v. die in enting ek sal my kans vat en jab vat.

Lorna ·

Dit moet net gou gebeur
Ek glo paar mense wag vir getalle
Ek glo dit sal interesting wees om dit te weet
Oor skoolhoof hy kon geweier het vir al wat ons weet maar ja ons soek n sondebok
Amen
RIV ALMAL WAT OORLEDE IS

Thom ·

@Lorna___ as jy kyk wanneer hy siek geword het en wanneer die inenting van onderwysers begin het , is dit heel moontlik dat hy inderdaad gladnie geënt is nie .

Nicolaas ·

Die vraag is, as iemand agv die vaccine doodgaan, wat is die oorsaak van die persoon se sterfte. Google Siyabonga Africa se naam, jong man, 1ste Phizer vaccine gekry, dood 48 uur later. Hoe maak dit sin? Die mense daarbuite sit hulle volle vertroue in die vaccines, die onsekerheid oor die vaccines is te groot, almal wat dit nou kry is die proef koenyne, die ware data sal eers oor 2 – 3 jaar beter insig gee.

Lizziebit ·

Daar word al baie jare navorsing gedoen oor Covid – die gevreesde varkgriep van destyds was ook van dieselfde familie! Daar is ook ‘n laboratorium in Engeland wat al vir meer as 90 jaar navorsing doen net op griep en verkoue virusse. Nou wonder ek hoeveel navorsing is gedoen op Ivermektien? Ek het dit ook gebruik en baie erge newe-effekte gehad! Lees bloot die biljet wat saam met dit kom! My weegskaal is definitief swaarder aan die een kant!

piet ·

Ivermektien is mos dan uiters gevaarlik as twee-derdes van mense wat Ivermektien vir Covid geneem het vir medies moet aanmeld. Goeie genade, dis ‘n ramp.

piet ·

Andre – So die dokter by Medi-Kliniek lieg? Hoekom sou hy oor so iets lieg?

piet ·

Klink vir my na ‘n baie belangrike waarskuwing om nie die goed te gebruik nie.

Danie ·

Sjoe, dit lyk my Google en Facebook lewer darem nou baie mediese kenners op. Die wat teen die ent is, is tog net al te bly dat daar moontlik iets is waaroor hulle kan skeeu”I told you so”. Ons weet dat karre ons ook doodmaak maar dit keer niemand om elke dag rond te ry nie.

Thom ·

@Danie ___ jong 28 uit 5 miljoen is VREESLIK volgens ons kenners hier op MM ! Ek het weer ‘n heel ander ervaring gehad . Ek sukkel al 30 jaar lank met kroniese hoofpyn , by tye ondraaglik . Niemand het enige sukses met die gemors gehad nie maar ongeveer 10 dae my eerste Phizer inspuiting het die hoofpyn verdwyn __ ek dink dat dit blote toeval maar dan ; ek is werklik ‘n wetenskaplike .

VaalDonkie ·

Ek ry nie in ‘n eksperimentele voertuig rond nie. My kar wat in my garage staan het duisende toetse deurgegaan en het 5 sterre in die EURO NCAP toets gekry. Ek sal nie dieselfde kon se van die eksperimentele mRNA terapie nie.

Danie ·

@VaalDonkie, tog het jy vorige voertuie gery voor die tyd van Euro N Cap regulasies en standaarde. Jy het nie daardie tyd gese “Nee, ek gaan wag tot ons eendag sekere minimum standaade het vorrdat ek in n voertuig ry nie” het jy? Nee, jy het nie. selfde soos hierdie ding, niemand se dis perfek nie maar dis n stap in die regte rigting. Dis net jammer dat daar soveel is wat nie wil saam werk omdat hulle slimmer is as die wetenskaplikes.

VaalDonkie ·

Ivermektien verdryf bakterie, wat ‘n rol speel in die verspreiding van virusse binne ‘n mens se liggaam. Dis waarom dit werk. die mense moet bietjie op hoogte van mediese navorsing bly.

Nicolaas ·

Kerneels – mense moet bietjie op hoogte van mediese navorsing bly.

VaalDonkie ·

Ek praat nou nie van “die mense” wat Maroela Media lees nie. Ek praat van die anties by SAHPRA

VaalDonkie ·

My teorie is dat as jy ‘n rowwe reaksie op die entstof het, sou jy dieselfde reaksie op die regte virus gehad het. Maar ek het nie geld vir navorsing nie, EN het ook nie lus om mense dood te maak net omdat ek nuuskierig is nie, so laat dit maar daar.

Truth2bfree ·

So dankie vir hierdie artikel. Mense toets steeds positief met C19 na ent en word BAIE siek.
Week terug het ‘n klient van ons het ent gekry, C19 ontwikkel binne 5 dae, opgeneem in hospitaal op dag 7 en in hospitaal oorlede aan bloedklont. Dieselfde het gebeur 2 weke terug met ‘n familievriend.
Ons oorkantste buurvrou het ent gekry, pyn in been ontwikkel en dag 3 aan bloedklont oorlede.
3 Myners waarvan ek weet en 4 Ouer mense by dieselfde aftreeoord is binne paar dae na ent oorlede. DIS TE VEEL. Die ent is gevaarlik. En dan weet ons nog nie eens wat langtermynskade is nie.
Lees die nuwe FACT SHEET van PFIZER (25 Junie 2021 gepubliseer) en maak asb ‘n ingeligte besluit.

Kobus ·

Ek bly in NAmerika. In Kanada het meer as 80% reeds een vaksien gekry en meer as 60% hul 2de. Die positieve gevalle is baie laag laag en sterftes is baie seldsaam. Vir die eerste keer in 14 maande is daar groot hospitale met geen enkele COVID pasiente nie. Die inperkings is opgehef en mense leef normaal. In die VSA is 99.5% van sterftes aan COVID van mense wat geweier het om die vaksien te neem. Daar is n beduidende verskil in state waar mense besluit het om die vaksien te neem of nie te neem nie. Beide lande het hul burgers afgeraai om na SA te reis of in te laat en so Sal die RES van die wereld. As van julle hardkoppig wil bly en die noodlot wil tart as daar n oplossing is, gaan voort. Ek ken so baie mense wat hieraan gesterf het en die hartseer wat dit gebring het, in baie gevalle kon dit voorkom gewees het. Die vaksien bied nie 100% beskerm nie en is nie perfek nie, maar gee jou en die mense om jou n baie beter kans as jy wel siek raak. Spyt kom altyd te laat.

Kobus ·

Ai Koos, ek gee op. Miskien moet ons dit verduidelik aan die hand van die volgende. Veiligheidsgordels en lugsakke in n voetuig verseker nie dat jy nie Sal doodgaan in n motorbotsing nie, in enkele gevalle kan dit selfs n rol speel in die dood. Maar dit het al ontelbare meer lewens gered. Ek weet nie hoe om dit in meer eenvoudige taal te stel nie. Sterkte aan jou en dankie dat jy ten minste probeer.

Anoniem ·

Kobus ek sien hier is al 3 afduime wat weier om die waarheid te glo

piet ·

Kobus – help nie. Hullle verstaan nie die vermindere risiko aspek nie. Hulle sal die miljoene lewens wat gered word ignoreer maar die enkele ongevalle perd ry tot hy dood neerslaan.

MakersMark ·

Dankie Kobus. Ongelukkig sit ons hier met domastrantes, balhoriges en die wat sterk glo in sameswerings teorieë. Dan is daar nog die sonder die kognitiewe vermoë om te verstaan wat inentings doen. So ten spyte van die goeie nuus wat jy hier deel sal jy nog steeds afduime kry.

Thom ·

Ek gee op ___ die voorste spesialiste wat ek ken is blykbaar almal skelms en deel van die komplot . My eie seun mag geen ellektiewe sjirurgie doen nie en sloof homself af in die behandeling van Covid-pasiënte __ sy hele gesin ly daaronder maar mense verkies om die snert te glo wat hulle op sosiale media sien .

Mariette ·

My hele gesin het Ivermektien pille gedrink wat voorgeskryf is toe ons almal positief getoets is vir covid. Ons het geen newe-effekte gekry nie. Waarom word die eksperimentele entstowwe so bemark of afgedwing in baie lande? Ek vermoed dit gaan net oor geld wat gemaak word daaruit.

Thom ·

Dan sou julle op Smarties ook gesond geword het . Ons het 3 naby vriende wat siek geword het terwyl hulle Ivermectin gebruik het __ 2 van die 3 is dood .

Stefaan ·

Was net een dag in die bed met lyf seer andersins heel op en wakker. Ek wonder of dit dalk die Ivermektien was of nie aangesien ek nogal beskou word as ‘n hoë risiko geval. Ek het die regte medikasie en die regte dosis gebruik.

Casper ·

Dit is elke mense se reg om gespuit te word aldan nie.Ek het my eerste spuit gehad en gaan môre vir my tweede spuit Pfizer.Geen newe effekte behalwe vir ‘n matige seer arm die aand.My vrou het ook geen newe effekte getoon nie.Ek het ook ivermektien gebruik sonder newe effekte.Dit verskil dus seker van persoon tot persoon.

Arthur ·

Dis ‘n vrye keuse…. maar ek kan nie dat skynbaar ongetoetsde stowwe in my arm gespuit word nie, veral nie deur persone waarvan ek nie seker is van hul opleiding en/of bevoegdheid nie?

piet ·

Vra dan jou dokter wat jy al 50 jaar ken om jou in te spuit.

Petrus Johannes ·

Enige sterfte of sulke slegte newe efekte moet die inspuit ontrek word EEN STERFTE VAN MEDS WAT MENS MOET HELP REEDS TE VEEL MY MENING

Strandloper ·

Ek gebruik alles maar alles tot my beskiking om te oorleef, Phizer,Ivermektien en natuurlik HOCL (0.05% HOCL met n Ph van 6.5-6 8 m.a.w. n sanitizer gelykstaande aan water!) Eindelose gebruike!

Francois ·

Alhoewel dit hartseer is dat hierdie sterftes plaasgevind het, is sterftes na enting nie ongekend nie. Gebasseer op die aantal mense wat geënt is, verteenwoordig die sterftes 0.00048%. In 2020 tydens Suid Korea se griepseisoen is daar teen Desember 100 sterftes aangeteken van persone wat die griep inenting ontvang het – dit het 0.00051% van die mense wat tot op daardie stadium vir griep geënt was teenwoordig.

In die meeste van die Koreaanse gevalle het nadoodseondersoeke gevind dat die meeste van hierdie mense ander ernstige gesondheidstoestande gehad het wat ook die sterftes kon veroorsaak.

Pietertjie ·

Maar invermektien mag nie gebruik word nie, al is daar nog geen newe-effekte waargeneem nie. Wat ‘n sirkus!

Thom ·

@piet ___ nee , hulle lees net wat hulle pas . Ek weet nie wat gaan met die mense aan nie ; IVERMECTIN WERK GLADNIE , nie voorkomend nie en ook nie genesend nie !

Linx ·

Ekt het J&J ontvang n week terug, verskriklik seer arm gehad onmiddelik na inenting,als orait d dag daarna ,die tweede dag toe le ek plat met griep simptome,vir 2 dae,maar nog niks weer daarna nie,sal maar wag tot ek mandarin begin praat

Andre ·

Die Soweto news se berig gee so bietjie meer inligting. Oeps!

Karlahari ·

Waneer Vigs leiers wat ook TB lei sterf, sê die doodsertifikaat TB is die oorsaak van dood.
As n persoon aan nierversaking sterf of bloedklont na Covid inspuiting (LW: nie ent nie), wat gaan die oorsaak van dood wees?
Is dit hoe ons die syfers gaan kook?

Thom ·

28 uit 5 miljoen ? Ek gee nie om wat op die sertifikaat staan nie ___ die negatiewes sal ‘n verband vind al was dit ‘n motorongeluk .

Nico ·

Sahpra moet hul bewyse kan staaf want op die manier gaan hierdie Covit 19 nooit gestop word nie, kort, kort gebeur sulke dinge.

Jan ·

Ten spyte van byna bomenslike pogings en meer geld as wat meeste mense ooit in hul lewens sal sien wat ingespan word om inligting oor newe-effekte van entstowwe uit die openbare oog te hou, sal die ware feite nie verdoesel kan word nie.

Thom ·

Lees Kobus sy bydrae bietjie laer af oor die situasie in Noord Amerika . Julle verdoesel die waarheid en glo aan twak en kwaksalwers terwyl werklik top spesialiste hulself afsloof vir julle __ ‘n ONK-spesialis se blootstelling is 120 x hoër as die man op straat s’n maar hul werk word bemoeilik deur mense wat snert op sosiale media versprei !

Theo ·

Dit lyk my Sahpra se geheue is kort. Het hulle nie enkele maande gelede met Afriforum in ‘n regsaksie geskik dat ivermektien, wat in SA lank reeds vir menslike gebruik GEREGISTREER was (wel nie vir Covid nie), “off label” deur dokters voorgeskryf mag word sonder om die artikel 21 proses te volg nie? Is Sahpra moedswillig om twee studies oor ivermektien wat kwansuis bewys dat dit nie werk nie, aan die groot klok te hang terwyl hulle totaal verswyg dat daar ‘n metadatabeoordeling gedoen is van 60 wereldwye ewekansige beheerde kliniese toetse wat onomwonde bewys dat die middel wel hoogs effektief is? Hulle, sowel as Mediclinic, mislei die publiek deur te beweer dat die middel nie klinies getoets is nie. Dan kom daar ‘n dokter Tabane wat uitsprake maak oor die oneffektiwiteit van ivermektien, wat ongeverifieer is, wat dus as anekdoties beskou moet word en wetenskaplik van nul en gener waarde is. Dis nou wat in ons land aan die gang is.

Thom ·

Daar is vele ” double blind ” studies wat bewys dat dit ‘n foefie is ___ laboratorium toetse beteken niks en jou sg ewekansige kliniese toetse bestaan nie . WURMMIDDELS DOOD NIE VIRUSSE NIE ! Ons het nou al drie vriende begrawe wat die sosiale media se snert verkies het bo die kennis van spesialiste .

Kenneth ·

FEIT VAN SAAK: Hierdie eksperimentele entstof is nie deur die FDA (food & drug administration) goedgekeur nie…slegs onder die EUA-act (emergency use authorization) toegelaat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.