Sakevennote vas ná hul hofverskyning mis

(Argieffoto ter illustrasie.)

Twee sakevennote van Gqeberha in die Oos-Kaap is Donderdag deur die Valke in dié stad in hegtenis geneem nadat hulle versuim het om in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof te verskyn.

Marike van der Walt (50) en Sarel Johannes (55) is reeds op 8 November 2013 op verskeie aanklagte van bedrog en oortredings ingevolge die Wet op Inkomstebelasting in hegtenis geneem en het al verskeie kere in die hof verskyn. Hulle het egter nie Donderdag by die hof opgedaag nie.

Daar word beweer dat Van der Walt en Johannes wat as lede van ondernemings wat as eiendomsagentskappe geregistreer was, nie as werkgewers by SARS geregistreer was nie.

Hulle het glo meer as R289 000 van werknemers se salarisse afgetrek wat nooit aan SARS oorbetaal is nie. Belastingsertifikate is glo ook nooit aan sommige werknemers uitgereik nie.

“Daar word verder beweer dat die vennote tjeks ter waarde van R120 000 van een van hul sake-entiteite in die bankrekening van ’n ander entiteit gedeponeer het, wetend dat dié tjeks nie deur die bank uitbetaal sal word nie,” sê kapt. Yolisa Mgolodela, woordvoerder vir die Valke.

Ander aantygings teen Van der Walt en Johannes sluit bedrieglike elektroniese betalings (EFT’s) van R173 000 in vir goedere en dienste wat hulle tussen Julie 2011 en November 2013 by verskeie ondernemings aangekoop het.

Die jongste aanklag teen dié vennote is die versuim om in die hof te verskyn. Hulle is elk op borgtog van R350 vrygelaat.

Die verhoor sal volgende jaar op 4 April begin.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Casper ·

Hulle het goeie leermeesters gehad.Hulle moet vertragingstaktiek gebruik en so sal hulle nooit tronk toe gaan nie.Dank die regspan af,vra dat die regter en aa klaer onttrek aan die saak of speel siek soos ander mense.

Gerhardus ·

R350 borg elk? Pleeg bedrog van honderde duisende rand, verskyn nie in die hof wanneer hulle moet nie en dan word hulle op borg vrygelaat vir slegs R350? Belaglik!

Nie Verbaas ·

Dit was vinnig. Ander loop maande vry rond as hulle nie by die hof opdaag nie. Darem lekker om sagte teikens te he.

Onnie ·

Vir my net so vreemd. Zuma het al baie hofverskeinings gemis en is eers onlangs (met groot bohaai) tot verantwoording geroep

Frank John ·

Shoe, word sommer dieselfde dag in hegtenis geneem as die minagting van die hof maar Zuma keer die land om voor hy kamtig homself oorgee dan doen hy dit weer omdat hy tronk toe gaan. ANC dis dubbele standaarde. Mr. Ramaposa, wat gaan aan? Verduidelik jouself.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.