SAL een van stiptelikste lugrederye ter wêreld

(Argieffoto: Henk Kruger/ANA)

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) is pas aangekondig as een van die stiptelikste lugrederye.

Die reisdata-en-ontledingsonderneming Cirium het SAL vierde geplaas in die kategorie vir lugrederye in die Midde-Ooste en Afrika. Volgens Cirium is SAL dus die voorste Afrika-lugredery wanneer dit by stiptelikheid kom.

Volgens die International Air Transport Association (IATA) se maatstaf is ʼn lugredery betyds wanneer dit binne 15 minute van die geskeduleerde aankomstyd aankom of binne 15 minute ná die geskeduleerde vertrektyd vertrek.

“Ons is baie in ons skik dat ons meestal by hierdie spertye hou,” sê Zuks Ramasia, waarnemende uitvoerende hoof van SAL.

SAL se algehele stiptelikheidsprestasie oor die hele roetenetwerk is 85,69%.

“Kliënte het altyd ʼn keuse en diegene wat kies om met ons te vlieg, besef dat ons ʼn betroubare lugredery is. Die resultate spreek boekdele oor die konsekwentheid en betroubaarheid van ons bedrywighede,” het Ramasia gesê.

SAL plaas stiptelikheid hoog op prys, het hy bygevoeg.

Cirium werk saam met meer as 90% van die wêreld se top-50 lugrederye.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Adrian ·

Iemand het n zol gerook betyds se voet en die lugredery is BANKROT seker April fool grap

Asjas ·

Afrika tyd betyds meskien en ook net die een keer wat daar wel ‘n vlug is!!

Koeksuster ·

Jammer maar ek werk in die industrie en SAL is alles behalwe betyds! Net weer laas week is sommige van hulle vlugte met 2 ure plus vertraag. Nee wat die uitslae is beslis n klug.

SAF Air is betyds, die ou wat by Eskom opvlieg om die knoppie te druk vir loadshedding is betyds maar beslis nie SAL nie. As hulle nie betyds is nie dan kanselleer hulle die vlug sommer in totaal. Vierde is nie eerste nie hoor!

Le eiertjie ·

SAA, soos daar gese word, ” ja right.” As mens kyk hoe bestuur mensies SAA kan ons verstaan waar die statistiek vandaan kom. Vlug na Durban op 2 Januarie met twee ure vertraag.

Arnold ·

Daar gaan seker nou weer n paar wees wat gaan aanspraak maak op n vet bonus vir die prestasie

Vranet? ·

As dit so is, dan wil ek nie weet hoe sleg die res van die lugrederye gevaar het nie. Maar alle eer aan die wie darem probeer om dinge te laat werk by SAL. Ek kan net dink hoe mense wat trots is op hulle werk en ‘n goeie werksetiek het moet voel oor die duisende wat daar is wat geen benul het van dit nie. Geluk dan aan diegene wat tog probeer. Wie weet, meskien is daar tog lig vir SAL. Sterkte aan diegene wat dit probeer maak werk.

Willi ·

Wat ‘n vals stories is dit nie, in so ‘n mate dat my kleinseun sy vlug na Dubai gemis het as gevolg van vertragings en ‘n ekstra R13k moes opdok vir ‘n nuwe kaartjie. Glo maar min wat julle hieroor lees.

Deloris ·

Grap vd jaar????????????
Probeer hulle nou bemarking doen?

Maggies ·

“In your dreams” soos die Engelsman sê.
My swaer moes in Desember noodgedwonge ‘n hele dag en nag op OR Tambo sit en wag toe sy SAL vlug weens “onvoorsiene redes” nie kon Kimberley toe vlieg nie. Hy het betyds van Mosambiek af gevlieg vir sy jaarlikse verlof.

Scalla ·

Dit klink te goed om waar te wees, wonder wie het die statistieke bereken?

JG ·

Seker Zuma…en ons almal weet sy sterkpunt is juis Wiskunde…lol

Anoniem ·

Ek vlieg nie meer met SAL of Mango of Safair nie. SAL het nie geld nie: so wie betaal vir die instandhouding vd vliegtuie? Verder word my belasting geld gemors so ek boikot SAL uit protes en wil nie meer geld aan hulle gee nie.

JohanR ·

Daar is net SAL, Safair, Mango, BA en Kulula Anoniem, soe ek neem aan jy vlieg met BA en Kulula? Soe gepraat van Mango…..die lot het darem nou duur geword. Betaal nie R3000 van Kaapstad OR Tambo toe nie

Bert ·

Lyk my daar word nog steeds heel wat sal kaartjies gekoop na die staking???
So terloops, hoe is al die tydens die staking se gekanseleerde vlugte in berekening gebring?

Ja swaer ·

Kyk maar net die bron (ANA). So swak soos die lugredery wat hulle ophemel. Ek sal graag wil weet waarop grond Cirium hulle bevindings, data wat die SAL self verskaf of GPS tracking data van vlugte? Hoog onwaarskynlike resultate

Jacob ·

As dit waar is dan is dit danksy die grond en laer vlakke personeel en beslis nie bestuur nie. Bestuur sit met in kantore en stuur vir mekaar e posse waar geplunder kan word

Johanna Botha ·

Wat van die vlugte wat nounog nie vertrek het toe hulle in sakeredding gedompel was …dis betyds ;)

Johan ·

Lees die berig mooi die propaganda van SAL tel net vir “Afrika en die Midde Ooste” se lugrederye. Elke haan op sy eie mishoop né

Aggenee! ·

Net toe ek daardie vergete gevoel van trots Suid-Afrikaans iewers voel tintel, neem my medeburgers dit weg met hul ware ervarings (so glo ek vry) om die teendeel te wys! Ai, ek sou só graag wou hê hierdie berig moes waar wees, maar nou ja, nie almal se begrip van stiptelikheid is seker dieslfde nie. Hartseer.

koos ·

Hierdie is weereens wiskunde so verdraai dat dit die SAA baie goed pas. Hoeveel vliegtuie het SAA en hoe vergelyk dit met bv. Emirates? Hoeveel lughawens word deur SAA gebruik?
As jy minder het en minder gebruik sal jou persentasies en gemiddelde moes outomaties beter lyk.

JohanR ·

Wil soe graag trots wees op ons eie lugredery, maar terwyl die ANC en vakbonde in beheer is van semistaatsinstellings, of enige instelling is dit net ‘n droom storie. New Zealanders moet trots wees om die beste lugredery in die wereld gekies te word in 2019. Seker daar is nie regering of vakbond inmeng daar nie?

Jadan ·

As SAL stiptelik is, dan wil ek nie weet hoe die ander lande se lugrederye is nie. Seker useless verby.

Onnodig ·

Ek bespreek net by SAL as dit regtig nie anders kan nie en nie een van hul vlugte van die afgelope paar weke was betyds nie. Ek het n vrou raakgeloop op Bloemfontein lughawe op pad na ORT toe wie se vlug 3 ure laat was en sodoende haar vlug vanaf ORT na Frankryk verpas het. Hulle het geen empatie of simpatie met mense wat ander vlugte verpas of belangrike geleenthede misloop agv hulle swak diens nie. Hierdie statistiek is BS!

Andrea van Vuren ·

Dit was ‘n goeie redery totdat ‘n groot onding hom getref het…ons noem dit die ANC en korrupsie!

Niklaas ·

Wonderlik. Nuttelose informasie. Gemeet teen watter ander rederye ? Zimbabwe air ways , Rwanda Air , South Sudan flights? Waar die ander almal ongeveer 3 uur laat is is SAL slegs 2 ure vertraag en dis net fantasties , hoor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.