SAL kanselleer ook streeksvlugte

(Argieffoto: Henk Kruger/ANA)

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het aangekondig dat hy nou ook sy Afrika-streeksvlugte gekanselleer het in die lig van die nuwe koronavirus (Covid-19).

Tlali Tlali, SAL-woordvoerder, het gesê nadat die lugdiens Vrydag aangekondig het dat hy al sy internasionale vlugte met onmiddellike inwerkingtreding kanselleer, was daar onmiddellik ʼn drastiese vermindering in die aanvraag na Afrika-streeksvlugte.

Die SAL se internasionale vlugte en Afrika-streeksvlugte is nou tot 31 Mei gekanselleer ter ondersteuning van die regering se reisverbod om die oordrag van Covid-19 te probeer beperk.

“Die SAL is deel van ʼn netwerk wat beteken dat ’n beduidende deel van die vraag na plaaslike besprekings gevoed word deur passasiers wat na of van internasionale bestemmings reis.

“Die opskorting van die internasionale vlugte het daartoe gelei dat die lugredery nie sy normale netwerk kon bedryf nie. Dit het weer daartoe gelei dat die bedryf van streeksvlugte nie meer kommersieel lewensvatbaar was nie,” het Tlali gesê.

Vlugte na Accra (Ghana), Lusaka (Zambië), Harare (Zimbabwe), Victoria Falls (Zimbabwe), Windhoek (Namibië), Lagos (Nigerië) en Entebbe (Uganda) is reeds gekanselleer. Vlugte na Mauritius sal vandag nog voortgaan voor dit ook gekanselleer word.

Die SAL se besluit beteken dat die lugdiens vir nou slegs tussen Johannesburg en Kaapstad sal vlieg.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Stof ·

Dankie tog dat Interkaap getrou is aan sy klant.
Dit wil voorkom of al die ander dienste, ‘n rol het in La donna mobile…

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Intussen stroom onwettige immigrante tussen die bome deur oor die honderde kilometer lange muurlose Suid-Afrikaanse grens met sy buurlande. Grap van die jaar. Intussen, wat doen die SANDF?

Johan Venter ·

Ek dink nie dit verg ‘n groot gees om te raai dat dit sal die SAL verseker nie beskore wees om op 1 Junie en daarna sy vlerke ooit weer te sprei nie.

31 Mei, IS Republiekdag (dit word sedert 1994 net nie meer herdenk nie) en dit lyk my daardie dag kom nou met mening terug om die eens trotse lugredery by te staan, om op daardie einste dag, die land, wat hom in die grond in bestuur het, met ‘n laaste verbyvlug, onder die Nuwe Suid-Afrikaanse vlag, te groet.

Lorna ·

Ja nee met Zimbabwe se 1ste geval gaan dit nog nie ons regering se oogies oopmaak nie
Dit gaan net erger word
Dink in elkgeval regering lieg vir ons oor 204 gevalle ek glo dis baie meer

A.S ·

Ek sou eerder se mense moet almal by hul huise kom, ander reelings tref indien hulle van Stad na Stad moet vlieg en al die vlugte moet gekanselleer word selfs die vlugte tussen Johannesburg en Kaapstad. Vlugte is oop vanaf JHB, die Provinsie met die meeste positiewe gevalle… maak net nie sin nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.