SAL weer in die lug

(Foto: SA Lugdiens/Facebook)

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het Donderdag sy eerste vlug sedert Maart verlede jaar aangekondig nadat dié staatslugdiens se vlerke vroeër weens finansiële probleme geknip is.

Passasiers aan boord van dié eerste vlug van Johannesburg en Kaapstad is vroeër vandag deur singende en dansende bemanning begroet.

Die lugredery beoog om van volgende week weer tussen Suid-Afrika en Akkra (Ghana), Maputo (Mosambiek), Lusaka (Zambië) Kinshasa (Kongo) en Harare (Zimbabwe) te pendel.

Fikile Mhlonto, finansiële hoof van die SAL, het vandeesweek gesê die staatslugdiens se vloot bestaan nou maar uit ses vliegtuie nadat dit vroeër jare uit 46 bestaan het.

Die lugdiens was tot April vanjaar in sakeredding ná verskeie reddingsboeie en die aflegging van honderde werkers.

Die SAL is in Desember 2019 in sakeredding geplaas ná jare van wanbestuur en finansiële probleme.

Die Takatso-konsortium besit nou ʼn 51%-aandeel in die herleefde SAL, terwyl die regering ʼn aandeel van 49% behou.

Maroela Media het vroeër berig die konsortium bestaan uit Harith, een van die grootste beleggers in Afrika-infrastruktuur, en Global Airways, ʼn bestaande Suid-Afrikaanse redery. Die konsortium is in Suid-Afrika gesetel. Harith besit onder meer die Lanseria-lughawe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

JohanR ·

18 maande dan soek hulle ‘n reddings pakket. Ek sal maar aanhou vlieg met Safair dankie. Weet ten minste hulle vliegtuie is goed behou en gediens.

Jack ·

Julle sal nie eers een vliegtuig kan bestuur nie…bly weg,stuur weg moet nie naby die mense gaan nie.Vlieg met enige iets behalwe SAA.

Misky ·

Ek het so paar weke terug met ‘n vriendin gepraat en sy was vorige SAL werker. So twee jaar terug bedank toe sy sien dinge gaan net al slegter. Vrouens in SAL se diens ontvang ‘n maandelikse toelaag vir etes, koffies en dan ondermeer grimering en versorging van hul voorkoms en moet te alle tye deur ring getrek kan word. In elk geval, sy ontvang twee jaar later steeds daardie toelaag en nie meer in diens nie.

Sy al emails gestuur dat sy rekord het daarvan en hulle geantwoord en sê sal aandag skenk en dankie dat sy onder hul aandag bring. So ja, die geld rol steeds uit die banke en niemand gee werklik om nie en hoe werk daai HR stelsel? So terloops, daai bedrag is oor ‘n R1000 per maand en sy sê daar is ander wat dit ook steeds ontvang. Mans kry ook een of ander toelaag en minder as vroue, maar steeds, baie geld word maklik uitgegee en niemand hou rekord nie

Nie Verbaas ·

Hulle gee seker nie n toelaag vir verslanking nie. In die ou dae was daar n sekere standaard met voorkoms. Party kan vandag nie eers behoorlik tussen sitplekke verby passasiers beweeg nie.

Tubac ·

Hierdie is n toetsvlug om die publiek se belangstelling te toets. Die wat van hulle gebruik maak pleeg verraad teenoor die belastingbetalers.

Anoniem ·

Hou maar verby. Afrika is julle toekomstige rondomtalie reise en bestemmings …

Barney ·

“singende en dansende bemanning begroet”. Dis van al die sing en die dans dat die staat weer bak hand gaan staan en bedel kort voor lank. Die pensioenfondse gaan ook net so lank nog vol geld wees en dan is dit neusie verby.

annie ·

Die ou wat vlerke van vere en was gebou het vir sy eerste toetsvlug se kanse was beter om ‘n nuwe rigting in sy onsekere nuwe loopbaan suksesvol te volvoer as SAL met sy nuwe droomplan.

Niklaas ·

Ek hoop van harte dat al daai stilstaande vliegtuie, intussen behoort onderhou en gediens was. Die neiging bestaan mos om kortpad te neem en te hoop niks gebeur nie. Duimvashou is die leuse. As ek ‘n vakansie pakket wil koop vir eiland vakansie en ek hoor dis met SAL vliegtuig, tref ek ander reelings gougou. Dan is mens ook nie meer baie seker oor die opleiding en gehalte van die die vliëniers nie. (Lees BEE voorskrifte)

Nico ·

Ek is van plan om volgende jaar Duitsland toe te vlieg, ek sal eerder van Lufhanza of een van die ander lug rederye gebruik maar sal nooit weer met SAL vlieg nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.