Salarisse van staatslui verdriedubbel

Argieffoto.

Staatsamptenare se salarisse het oor die afgelope 12 jaar meer as verdriedubbel. Salarisse het die regering in die 2006-’07-boekjaar R154 miljard uit die sak gejaag. Nou betaal die regering ’n allemintige bedrag van R518 miljard per jaar aan salarisse.

Dit beteken die getal staatsamptenare wat meer as R1 miljoen per jaar verdien, het van 9 600 tot 29 000 toegeneem.

Dié salarisverhogings word verder in perspektief geplaas deur die som te maak dat 34% van die nasionale begroting aan salarisse bestee word. Dit wil sê R340 van elke R1 000 wat die regering bestee, gaan na salarisse.

Die VF Plus het Donderdag dié skokkende onthulling gemaak. Heloïse Denner, VF Plus se woordvoerder vir openbare diens en administrasie, verduidelik in ’n verklaring dat die privaatsektor gereeld uitgekryt word as die grootste sondebok vir die regerende party se mislukkings. “Die gemiddelde salaris in die privaatsektor is R273 000 per jaar. Die gemiddelde salaris in die staatsdiens is R393 000 per jaar. Die privaatsektor dra daadwerklik by tot werkskepping en die uitbou en bevordering van die land se ekonomie. Die staat nie.”

Tito Mboweni, minister van finansies, het tydens sy mediumtermyn begrotingsrede gesê die regering sal móét sny aan salarisse as hulle wil geld spaar. Kenners twyfel egter of die staat sy beloftes gestand sal doen.

Die VF Plus meen daar is ’n groot gebrek aan verantwoording in die staatsdiens waarvoor die skuld voor die deur van politieke kaderaanstellings geplaas kan word.

“Die staatskas is leeg. Daar is nie meer reserwes nie en die land kan nie op dié wyse voortgaan nie. Reëls en regulasies moet toegepas word. Wette is nie blote riglyne nie,” sê Denner.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Andre ·

Terwyl die Staat jaarliks R518 miljard aan salarisse betaal, is daar nog die R1.5 triljoen wat volgens Peter Hain deur die staatskaping-episode verdwyn het. Die land is totaal bankrot en die belastingbetalers moet doodeenvoudig aanhou betaal. Kan ons van die liberaliste ‘n oplossing kry vir die “probleempies”?

Irma ·

Dit is heel duidelik. Een van die kassiere by ons plaaslike munisipaliteit ry ‘n Range Rover Evoque werk toe. ‘N voertuig van oor ‘n miljoen rand. Dit gaan definitief te lekker

GR ·

Dit is hoe die mense dinge doen het begin met Eskom al die reserwe krag uitgedeel aan almal wat nie betaal nie,eish nou is alles klaar bou gou nuwe kragstasies,eish vat lank,water, gee vir almal lopende water en spoel toilette betaal nie vir water nie ANC bou nie damme nie eish nou is die water klaar…..geen beplanning, ekonomie dieselfde gebruik al die geld nou is alles klaar, opgebruik eish!!!

AJ. ·

Dit is waarom die staat hulle hande wil le op ons pensioenfondse en die NGV. in ons keelgate wil af wurg.

K P ·

Dit is die rede hoekom die anc die kamtige stryd gevoer het. Hulle wou die land plunder en hulle kry dit goed reg

Piet ·

‘n Vorige leier Smuts Ngoyama het gesê – “ons het nie gestruggle om arm te bly nie”
As die SABC nie die rekords vernietig het nie, is dit iewers op rekord!

Leon ·

En daar het so ‘n ekstra paar miljoen siele bygekom op die soustrein wat slarisse kry. Ek dink die staatsdiens is groter as die privaatsektor.

Gys ·

Gelukkig gaan al die VF lede wat in die parlement sit, geen verhoging neem vir die volgende paar jaar nie.

Andre ·

Hierdie is pure snert. Ek werk vir die staat sedert 1989 en my salaris het op geen stadium vir driedubble nie. Wat well meer geword is medies om een te norm en dan omtrent 1.5 miljoen onopgeleide amptenare almal boeties van Zuma. Doen jul huiswerk.

Jacques ·

Andre, het hulle op enige staduim gese ALMAL het verhogings gekry? As a matter of fact het hulle enigsins gese amptenare se salarise is te hoog? NEE! Hulle het gese daar is teveel mense wat vir die regering werk punt! Lees tog om te verstaan!

Cherokee ·

Gys, die kommentators tot nou toe is te pynlik toegewend vriendelik. Hulle moes jou gevra het waarom jy ‘n gek van jouself maak deur ‘n 300% verhoging in salarisse uit belasting invordering, goed te keur. Ooglopend is jy óf ANC of hul wit faksie by name DA.

Vaalseun ·

Gaan doen gerus personeeloudits by al die staatsdepartemente, munisipaliteite, provinsies en semi-staats organisasies soos SAA en Eskom. Ek vermoed daar is baie spookwerknemers, wat ook met luukse karre “rondry,” – dubbele, en meer, aanstellings, en vergoeding, vir die wat weet hoe.

Dolf ·

Kan maar net raai hoe het politici se salaris- en adminrekenings gestyg.

Staatsdiens werker ·

Hulle gaan vat van die laagbesoldiges, nie aan diè met salarisse van oor R1 miljoen nie. Ekself is al 21 jaar op diesefde level, terwyl die nuwe aanstel lings op dieselfde level of selfs ‘n hoër level aangestel word. Dan moet ek hulle orientate om die werk te doen.

Nee regtig!! ·

Dit is die waarheid net sekeres in die staatsdiens kry die groot salarisse. Die gewone verpleegster is ook veronderstel om “Rural Allowance” te kry soos die profesionele Verpleegkundiges (Susters). Dit sou terigwerkend gewees het van 2010, toe besluit die regering dis te veel geld. Toe sou dit terig werkend gewees het vanaf 2014… ons het dit nou nog nie gekry nie!! Dis bitter onregverdig terwyl die res in weelde lewe!

Bekommerd ·

Dit maak my bekommerd dat soveel mense oningeligte afleidings maak en dan standpunte gee asof dit feitelik korrek is. Hierdie houding sal niks bydra tot enige verandering of regstelling nie. Dan word daar verwys na ander groepe soos die liberales. Vingerwysing sal niks help nie en sal dit beter wees as diegene wie so negatiewe plasings maak liewers iets positief in hul omgewings doen vir verandering. Ons moet net dankbaar wees dat tenspyte wat ookal gebeur het die land NIE in n oorlog verval het nie wat nog duisend maal erger sou wees as wat ons nou het, as ons werklik saamstaan en positief wees en positiewe voorstelle maak en dnge doen kan dit tog nog omgedraai word. Maak nioe saak van welke oog punt af ons by die veranderinge betrokke was nie het ons almal geweet DINGE gaan baie versleg voordat dit weer beter gaan word. So dra liewer nou by dat die proses omgedraai word om dinge nou beter te laat gaan.

Dan ·

@Bekommerd. Jou verwysing na n sg. oorlog wat kwansuis afgeweer is, is musplaas. SA het die 5de sterkste weermag gehad destyds en selfs oom Nelson het gese oorlog is nie n opsie nie, want hulle sou dit nie kon wen nie. Laat weet ons hoe ons almal kan “bydra” om “die proses” sogenaamd om te draai. Gee ons praktiese voorbeelde dan kan ons almal dalk jou positiwiteit deel.

Andre ·

Bekommerd, ja ek, en ek is seker die meeste van ons, sal graag wil weet van die positiewe voorstelle wat volgens jou gemaak kan word sodat die proses omgedraai kan word en dinge kan beter gaan, soos jy dit stel. Op welke wyse en op watter forum sal dit nogal gedoen kan word? Wat van al die letterlik miljoene positiewe bydraes wat in die verlede gedoen was wat op dadels uitgeloop het? Ons ontvang graag antwoorde van jou. Ek sien jy het ook die skoen aangetrek wat jou pas.

Belinda ·

Ja nee kyk. Vat gaan ons vat. Hulle leef in weelde terwyl ek en jy hard werk vir ons klein verdiende salarisse. En hulle kry nie beers skaam om so openlik te jok oor alles nie en as hul gevang word dan is dit mos…”Jy verstaan nie”.. Altyd die onskuldigste. Ons land is in sy moer in en ek en jy is die een wat lei daaronder. hul almal het genoeg geld om te se bye bye…ek gaan ander plek toe.
Kyk maar hoe gaan dit by ons werke. Hopeloos, hulpeloos, kan nie die werk doen. Jy doen dit en hulle loop met die salaris.

Kabous ·

Om te sê staatsamptenare se salarisse het oor die afgelope 12 jaar verdriedubbel is misleidend. Die enigste manier om die verdriedubbeling te staaf is om die nasionale begroting vir 2006/07 te deel deur die getal staatsamptenare wat op daardie tydstip in die staatsdiens gewerk het, en dan dieselfde vir die huidige boekjaar te doen – en om dan die vergelyking te maak. Onthou, in 2006/07 het daar heelwat minder amptenare in die staatsdiens gewerk as wat vandag die geval is. Ek stem saam dat die totale besteding vandag drie keer is as wat in 2006/07 die geval was, maar om te sê staatsamptenare salarisse het “verdriedubbel” in hierdie tydperk, is beslis misleidend.

Op die einde van die dag soek ʼn sekere segment van die bevolking net GELD… hulle soek nie WERK nie… en die verhouding SKEPPERS van welvaart is baie kleiner as die verhouding VERBRUIKERS van welvaart. ʼn Tikkende tydb…

Die kaptein van die RSA Titanic is vas aan die slaap en al sy stoomketels ver verby die maksimum druk wat hul kan hanteer. En plaaslike ekonome wil Jan Publiek nog laat glo dat alles honkey dory is…

Drikus Kotze ·

Hoeveel staatsamptenare staan nou op die punt om op pensioen te gaan? 10 jaar terug was hul salarisse X en tien jaar later is hul salarisse 3X – daarom die groot sprong. Die Rand is so swak jy sal nie jou huidige leefstyl kan finansier as jy die reuse sprong in jou salaris maak voor aftrede!

Belinda ·

Wens my salaris kan verdriedubbel. Doen baie meer as hulle en my werk is 100% korrek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.