Die ondersoek kom na bewering van prysvasstelling, markverdeling en tendersamespanning in die mark vir die vervaardiging en voorsiening van motoronderdele wat aan die vervaardigers van oorspronklike toerusting (OEM’s) verskaf word.
“Die ondersoek spruit uit inligting wat deur die kommissie ontvang is dat die motorkomponentvervaardigers saamgespan het wanneer daar gebie is vir tenders om motorkomponente aan die OEM’s te verskaf,” het Mava Scott, woordvoerder van die kommissie, gesê.
“Die ondersoek is van stapel gestuur teen motorkomponentvervaardigers soos Denso Corporation, Maruyasu Industrial Company Limited, Hitachi Company Limited, Mitsubishi Electric Corporation, Tokai Rika Company Limited, NGK Spark Plug Company Limited, Mikuni Corporation, Aisin Industries Company Limited, Panasonic Corporation, Futuba Corporation en Fijistu-Ten Limited.”
Dié maatskappye het onderdele verskaf aan Toyota, Daihatsu, Nissan, Isuzu, Honda, Suzuki, General Motors, Hyundai, Yamaha, Volvo, Mazda, Mitsubishi en Ford. Daar word beweer dat 82 motorkomponentvervaardigers van 2000 tot op hede saamgespan het ten opsigte van 121 verskillende motoronderdele.
Die onderdele sluit onder meer omsetters, elektriese kragstuur, gloeiproppe, agterste sonskerms, trillingdempers, versnellerpedale en vonkproppe in.
Tembinkosi Bonakele, kommissaris van die Mededingingskommissie, het gesê die ondersoek sluit aan by soortgelyke ondersoeke wat internasionaal in ander jurisdiksies van stapel gestuur is. “Die kommissie se ondersoek sal prioriteit gee aan gevalle waar motorkomponente in voertuie geïnstalleer is en aan die Suid-Afrikaanse mark verskaf word,” het hy gesê.
Is sameswering nie dalk ‘n beter woord nie? Samespanning klink weird.
Samespanning verwys na die ooreenkomste, reëlings of verstandhoudings tussen oligopoliste om mededinging te beperk en hoë vlakke van winsgewendheid …
Ek het self ook nogals gewonder oor hierdie vreemde taal, “Samespanning” maar die veslaggewer is korrek.
Hierdie woord het beslis nie ‘n klompie jare terug bestaan, want toe het die mense nie samespanning met die ossewaens se onderdele kon pleeg….lol