Drie mans het Maandag in die Alexandra-landdroshof verskyn in verband met ʼn moord en poging tot moord ná ʼn noodlottige skietery in Midrand, Gauteng.
Lees meerAlles vir Maandag 13 Oktober 2014
Bokke kry makliker loting vir Rugbykampioenskap
Twee wedstryde tuis en net een, teen Australië weg. Dít is die goeie nuus wat die Springbokke Maandag ontvang het oor die loting vir 2015 se Rugbykampioenskap.
Dewani-moordverhoor: Getuienis oor gay webwerf aangehoor
Die Wes-Kaapse hooggeregshof het Maandag die getuienis van twee staatsgetuies aangehoor in die Britse sakeman Shrien Dewani se moordverhoor.
Gewapende rooftog by Ackermans
Vyf persone is Sondag in hegtenis geneem in verband met ʼn rooftog by ʼn Ackermans-winkel in Heidelberg, Gauteng.
Stellenbosch-vrou uit prostitusie gered
ʼn Vrou van Stellenbosch wat glo in prostitusie gedwing is, is gered en ʼn swanger vrou het bystand ontvang, het die stad Kaapstad Maandag gesê.
Nobelprys vir Ekonomie toegeken
Die Franse ekonoom, Jean Tirole het Maandag die Nobelprys vir Ekonomie ontvang.
Diensleweringbetoging in Polokwane
Inwoners van die Mankweng en Thoka informele nedersettings naby Polokwane in Limpopo het Maandag paaie versper tydens ʼn gewelddadige betoging.
Video: Skildery binne 90 sekondes!
‘n Spoedskilder, D. Westry, het uiteindelik met die prys weggestap in ‘n talentkompetisie op ‘n televisieprogram. Die video is reeds meer as 15 miljoen keer op YouTube gekyk.
Dodetal in Ladysmith-tragedie styg
Die dodetal ná twee skietvoorvalle en ʼn ongeluk Saterdag in Ladysmith in KwaZulu-Natal, staan nou op 15.
Video: Marius Weyers en Sandra Prinsloo weer saam op die grootskerm
Vanjaar is die eerste keer in meer as 20 jaar wat Sandra Prinsloo en Marius Weyers saam op die verhoog verskyn in produksies soos Vir Ewig en Altyd en Die Seemeeu. Nou is hulle ook besig om weer saam aan ʼn rolprent te werk.
Seun word steeds vermis ná hy in see verdwyn
Die agtjarige seun wat Vrydag by Schulphoek in Hermanus in die see verdwyn het, word steeds vermis.
Oscar Pistorius ʼn “geskikte kandidaat” vir korrektiewe toesig
Die blote voorstel dat Oscar Pistorius net tot drie jaar korrektiewe toesig gevonnis word, is “skokkend”, het die hooggeregshof in Pretoria Maandag gehoor.
ʼn Kort begrip van ons laaste vyftig jaar
Prof. Hermann Giliomee, gerespekteerde historikus, het op 8 Oktober by ’n byeenkoms van AfriForum in Pretoria gepraat oor die foute wat tydens die vroeë jare negentig tydens die onderhandelingsproses gemaak is.
Man sterf in Kaapstad-botsing
ʼn Man in sy 30’s is Maandag dood toe ʼn vragmotor op die N1-snelweg naby Old Oak-brug in Kaapstad omgeslaan en sy bakkie getref het.
‘Samespanning’ in motorbedryf word ondersoek
Die Mededingingskommissie het aangekondig dat hy beweerde samespanning in die motorbedryf gaan ondersoek.
Kobani dalk beveilig teen IS
Dit lyk of die oorwegend Koerdiese stad Kobani, in die noorde van Sirië, selfs sonder die hulp van grondtroepe doeltreffend teen die oprukkende IS kan uithou.
Voorbehoedmiddels vir KZN-olifante
Die Hluhluwe-iMfolozi-wildreservaat in KwaZulu-Natal gebruik sedert die begin van die maand vir die eerste keer ʼn voorbehoedmiddel om olifantoorbevolking te voorkom.
Aardtuie om Mars gereed vir unieke komeet-besoek
Voorbereidings is al weke gelede getref vir Sondag se verbyvlug van die komeet Siding Spring by Mars.
Man sterf toe trein hom tref
ʼn Man is Maandagoggend dood nadat ʼn trein hom in Witpoortjie in Roodepoort, Gauteng, getref het.
Aanklag van moord teen Suid-Afrikaanse ma laat vaar
Die Suid-Afrikaanse ma wat daarvan beskuldig word dat sy haar drie jong gestremde kinders in Engeland vermoor het, gaan nie meer op aanklag van moord vervolg word nie.