Sanco ontsteld oor vryspraak vir Coligny-twee

Pieter Doorewaard en Pillip Schutte tydens hul borgtogaansoek. (Foto: Jhua-Nine Wyrley-Birch)

Die burgerlike organisasie Sanco in Noordwes het Saterdag met skok reageer oor die vryspraak van Pieter Doorewaard en Phillip Schutte wat vroeër skuldig bevind is aan die moord op Matlhomola Mosweu (16).

Sanco het gesê die appèlhof se uitspraak is ʼn “waarskynlike regsdwaling”.

Maroela Media het vroeër berig die twee mans, wat onderskeidelik tot 18 jaar en 23 jaar tronkstraf gevonnis is, is in die appèlhof in Bloemfontein onskuldig bevind op die aanklagte teen hulle.

“Die uitspraak, wat effektief die vermeende moordenaars vrylaat, gee geloofwaardigheid aan die bewering dat ‘swart lewens nie saak maak nie’, en dit blyk daar is geen geregtigheid vir die armstes van die armes wat onder die ergste gruwels in landelike gemeenskappe gebuk gaan,” het Paul Sebegoe, provinsiale voorsitter van Sanco, in ʼn verklaring gesê. Hy versoek die staat om te appelleer teen die uitspraak.

“Die persepsie dat oortreders van gewelddadige misdade skotvry daarvan afkom terwyl slagoffers ses voet ondergronds begrawe word, sal die histories gemarginaliseerdes bly jag totdat diegene wat vir die tiener se grusame moord verantwoordelik is, agter tralies is.”

Hy het sy kommer uitgespreek dat die uitspraak, wat “op die hakke volg van ʼn oplewing van rassisme”, rassespanning verder kan aanhits.

“Dit sal ongetwyfeld nuwe wonde oopmaak wat begin gesond word het, in die hoop dat geregtigheid geskied het,” het hy gesê en burgers versoek om kalm te bly.

Die burgerregtegroep AfriForum het besluit om Doorewaard en Schutte se appèlaansoek te finansier nadat Bonakele Pakisi, die enigste ooggetuie in die moordsaak, teenoor vier mense erken het dat hy in die hof gelieg het. Hy het getuig dat hy gesien het hoe Doorewaard en Schutte die tiener vermoor.

“Die feit van die saak is dat AfriForum van die begin af gesê het dat die staat se enigste getuie, Bonakele Pakisi, leuens vertel het en daarom het ons die mans bygestaan. Ons het in hul onskuld geglo en geregtigheid het vandag geskied,” het Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Chris dupreez ·

Nou waneer spring Julias en sy rooi kepsies ook op die wa om die hof se besluit aan te val

Jessey ·

Klaar gebeur, hulle het gese hulle gaan konstitusionele Hof toe

Anoniem ·

“Daar is geen geregtigheid vir die armstes onder die armes” sê paul sebegoe van Sanco. Hy moet asb verduidelik hoe die anc BILJOENE vir die armstes belowe het, net om dit onder hulself en hul families/kamerade te deel. Vandag staan al die armes (onwettige buitelandes ingesluit) op straathoeke en bedel vir kos en/of werk. Dit gaan al vir 26 jaar so aan. Tweedens, die enigste staatsgetuie het aan nie minder as vier mense erken dat hy in die hof gelieg het en dat die twee blankes nie aan moord skuldig is nie. Vraag is nou: Wie gaan vir Doorewaard en Schutte vergoed vir hulle tyd in die tronk? Hulle moet elk hulle borggeld ook terugkry. Afriforum en Adv Barry Roux is tops. Baie dankie!

Dup ·

Die Rooies het reeds gereageer….en sal seker nou die howe ook van rassisme beskuldig.As jy ñ bleek vel het word jy outomaties geteiken.

Althes ·

Sanco die enigste regsdwaling is jy.
Ek is baie bly die twee is vrygespreek. Politieke inmenging het die twee se lewe verwoes en miljoene rande se skadeaan dorpe gerig.

Hoekom ·

Die ware rassiste is die wat mense skuldig bevind wat onskuldig is, net omdat hulle velle wit is.

Die Wolf ·

Lieg en bedrieg in n hof is deel van die nasionale sport. Die waarheid in n hof praat, dan lieg jy.

Persheks Adri ·

Hiér is die rasse kaart al WEER pffft dalk moet die knaap wat gelieg het onder eed vas gevat word. Hy’s mos swart so wat nou?

Werner ·

Baie bly die twee manne is vrygelaat.Gewonder wanneer die lot weer met hul moeilikheid gaan begin.Dink die mense daar by Colingy moet maar regmaak vir moeilikheid

Pieter ·

Enige rassis sal die veroordeel, want hulle ken nie gereg nie en of wette nie. Dit sluit die mnr in die berig in en dan kom die skoothondjies: eff, anc en die ander wat geen kennis het en of besit nie, maar net haat en rassisme deel is van hulle party en lewe.

My siening ·

Malema jy het n uitklop hou op jou groot mond gekry. Jy dink as julle afbrand en opsteek en onskuldige mense daaronder ly, net soos die ras kaart net deur swartes gebruik word, nou is die hof ook skielik verkeerd wanneer dit nie on jou domheid werk nie. Vsek EFF!

Keelvol ·

Is Sancho bewus van die feit dat wanneer n persoon vals bewerings onder eed maak n misdryf is? Ons noem dit meineed. So n persoon kan tronk toe gaan. Is Sanco ook daarvan bewus dat die Appelhof na die feite van die saak gekyk het? Die regstelsel kan nie die feite miskyk omdat die slagoffer swart is nie. Sanco is blykbaar onder n wan indruk.

Sê maar net ·

Bravo! Uiteindelik het geregtigheid vir twee mense geskied!

Elmarie ·

Moet daardie leuenaar nie van meineed aangekla word nie? Maak ”n voorbeeld van hom om dit duidelik aan Sanco te bewys wat gaan vir wat. Ek hoop mnre Doorewaard en Schutte beveilig hulself en hul families want ek is nie so seker hul gaan nie teikens wees nie. Wees asb versigtig mense

Mariana ·

REGSDWALING!! Natuurlik is dit regsdwaling want dit is mos blankes. Mos ander wette vir wit.

Johanncb ·

Geld hierdie gevoel van Sanco vir alle landsburgers wat by gewelddadige misdaad betrokke is? Of net vir sekere bevolkingsgroepe?

Debbie ·

Sanco se swart lewens maak nie saak nie. Wat van al die boere en hulle families wat daagliks vermoor word

Andrew ·

Sanco. Cry wolf genoeg keer dan glo niemand jou meer nie. Kry vir julle, nie die blanke se skuld dat so baie mense in die wereld arm is nie.

JohanR ·

En die ANC kommuniste mondstuk News24 dink nog hulle is skuldig……”Bungled investigation, 1 eyewitness, fabricated testimony – why the Coligny accused were acquitted”. Dankie tog ek kry my nuus by Maroela!

JM ·

In hierdie land is verkeerd mos reg en reg verkeerd. Diegene sal eendag voor die Groot Regter moet antwoord, daar gaan hulle nie verbykom nie.

Tomas ·

Drie regters van die Hoogste Hof van Appèl het ‘n eenparige uitspraak gegee. Die regter wat die uitspraak geskryf het is swart.
Dit spreek boekdele oor die vooropgestelde idees van Sanco, Malema en baie van ons wittes.

Casper ·

Sebegoe dit is eerder die geregtigheid wat geseëvier het en die feit dat ras ‘n rol speel.Julle betoog saam teen plaasmoorde maar as blankes in die appèlhof onskuldig bevind word gooi jy jou speelgoed uit die lot uit.Wat sé jy van die getuie wat so gelieg het of is dit aanvaarbaar vir lou.

Poplap ·

Ek haal aan wat sanco sê swart lewens maak nie saak nie. My magtig man, wat van WIT lewens, ons lewens maak saak. Wat van al die plaas moorde. Daai boere se lewens maak veeaeker ook saak.

Danielle ·

“Die persepsie dat oortreders van gewelddadige misdade skotvry daarvan afkom terwyl slagoffers ses voet ondergronds begrawe word,……. Dit is hoe ons almal voel oor plaasmoorde, oor ouens wat R500 borg kry na n geweldadige misdaad, net om nog te gaan verkrag, te moor. Hoekom kommentaar mnr Seboe nie daaroor ook nie?

christo ·

Geregtigheid het geskied en niks anders as dit nie. Sodra swartmense nie kan aanvaar hulle is verkeerd is nie, word die rassekaart gespeel

Gerhardus ·

SANCO en die EFF weet duidelik nie hoé die hof en die land se wette werk nie. Die feit dat hulle vir alles (en vir alle blankes) “rassis” wil skree, maak nie dat dié twee skuldig is nie. As mens onder eed lieg, soos die enigste staatsgetuie, dan moet hy/sy eintlik vervolg word vir meineed. Die regters moet ‘n besluit neem deur na die getuies te luister en te kyk na die bewysstukke wat voor die hof gelê word. Wanneer die getuie lieg en die regter vind die beskuldigde/s nog steeds skuldig, dán is dit verkragting van die wet/regstelsel of, soos SANCO dit stel – “waarskynlike regsdwaling”.

Daar is géén bewys van moord nie, daarom word die “ras kaart” weer gespeel. Wanneer húlle onder dieselfde wette aangekla word, dan is dit skielik “apartheid wette” en is dit glad nie op hulle van toepassing nie. Wat ‘n klomp narre. Dit sou eintlik snaaks gewees het, as dit nie so ernstig was nie.

Zet ·

Ek hoop mnre Doorewaard en Schutte kla die liegbek self aan vir die pyn, leiding en verlies van inkomste wat hy veroorsaak het. Daar gaan sekerlik dadels kom dat hy van meineed gaan aangekla word. Selfs al is daar 4 getuies. Sanco, julle het duidelik geen begrip van reg en geregtigheid nie. Julle maak julself bespotlik met jul domheit.

Anton J ·

Skors die regter en ondersoek sy neutraliteit in die saak. As ek hy is stap ek af van die bank. Hierdie verwikkelinge was bekend in die saak voor sy uitspraak. Daar moes hy al n “mis trial” geroep het. Hy weier ook verder verlof tot appèl. Hierdie manne moes hulle later direk wend tot Bloemfontein se hoog geregshof deur Afriforum. Hou hierdie regter persoonlik verantwoordelik vir eise, sodat die regter vir hulle werk nou. Laat regters wat mense valslik en verkeerdelik gestraf het self betaal. Sien hoe vinnig stop hulle partydigheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.