SA’ner wen eerste keer in agt jaar die Kaapstad-marathon

Stephen Mokoka hardloop oor die wenstreep. Foto: ANA.

Stephen Mokoka het Sondag die eerste Suid-Afrikaner in agt jaar geword wat die Sanlam Kaapstad-marathon gewen het.

Mokoka het met ʼn nuwe rekord vir dié marathon, 2:08:29, geëindig.

Mokoka het tien sekondes vinniger as die vorige rekordhouer, Asefa Negewu, geëindig in dié 42 km-wedloop.

Albert Korir was tweede met 02:09:02 en Philemon Kacherian derde.

By die vroue het Namibië se Helalia Johannes die resies gewen met 02:29:28, terwyl Nolene Conrad die eerste vroue-atleet van Suid-Arika was wat oor die wenstreep gehardloop het – met ʼn persoonlike beste van 02:35:21. Conrad was algeheel agtste.

Dié wedloop is een van die kwalifiserende wedlope vir die Comrades- en Twee Oseane-marathon.

Nolene Conrad was die eerste vroue-atleet van Suid-Afrika oor die wenstreep. Foto: ANA.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sou graag ·

Sou graag ‘n foto van Helalia Johannes, die vroue wenner wou gesien het, ek volg haar gereeld in byeenkomste, stil hardwerkende atleet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.