SA’ners afgelope 30 jaar al hoe armer

In ʼn tydperk van drie dekades het Suid-Afrikaners gegaan van die wêreld se rykste derde van lande, tot die wêreld se armste helfte van lande. (Foto: Maroela Media)

Terwyl Suid-Afrikaners in 1993 die 64ste rykste mense ter wêreld was (uit 193 lande), het hulle in 2000 tot die 88ste plek teruggeval (uit 201 lande) en in 2020 selfs verder verarm tot waar hulle nou 110de uit 212 lande staan.

“In ʼn tydperk van drie dekades het Suid-Afrikaners gegaan van die wêreld se rykste derde van lande, tot die wêreld se armste helfte van lande,” skryf die ekonome Mike Schüssler en Elize Kruger in een van die beleggingsgroep Brenthurst se jongste beleggingsverslae.

The Economist publiseer elke jaar ʼn boek genaamd Pocket World in Figures, waarin ekonomieë op grond van hul grootte en ander eienskappe gemeet word. In 1993 was Suid-Afrika volgens dié publikasie die 28ste grootste ekonomie ter wêreld. Verlede jaar het dieselfde ranglys gewys Suid-Afrika is nou die 38ste grootste ekonomie ter wêreld.

“Die afname het plaasgevind ten spyte van daardie vroeë, optimistiese demokratiese jare met beleggings wat ingevloei het en kommoditietsgroei in die eerste dekade van die 2000’s.

“Suid-Afrika is op pad na ʼn ekonomie buite die grootste 40 ekonomieë. As jy eers buite die grootste 40 of 50 ekonomieë is, gaan dit toenemend al moeiliker word om op die belegging- en bemarkingsradar van maatskappye te kom,” skryf die ekonome.

Hulle sê hoewel ʼn daling van tien plekke waarskynlik nie die ergste ding ter wêreld is nie, skets die per capita-waarde van die daling ʼn veel donkerder prentjie.

Schüssler en Kruger sê Suid-Afrikaners, hoewel hulle “ryker is as in 2000”, in relatiewe terme vandag veel erger daaraan toe is as ooit in die geskiedenis van die Unie van Suid-Afrika altesame 110 jaar gelede. In werklike terme – as inflasie byvoorbeeld in berekening gebring word – is hulle nou boonop veel armer as in 2012.

Suid-Afrika is ook een van die ongelykste lande ter wêreld en dit moet in gedagte gehou word. Historiese data wys dat Suid-Afrika se ongelykheid egter toeneem terwyl groei verstadig. “Minder mense wat as ʼn gedeelte van die bevolking in diens geneem word, is die grootste dryfveer van ongelykheid – en om dít nie te sê nie, is oneerlik,” sê die ekonome.

Werkloosheid het boonop geweldig toegeneem en word hoofsaaklik veroorsaak deur onvoldoende groei en belegging in die Suid-Afrikaanse ekonomie. “Die feit dat vaste beleggings en ekonomiese groei slegs vir ʼn kort tydperk in die 2000’s gefloreer het en in die laaste dekade nooit ten volle herstel het nie, dui daarop dat dit ʼn gebrek aan vaste beleggings in Suid-Afrika is wat tot die hoë werkloosheid en ongelykheid lei,” sê Schüssler en Kruger.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

SlinkseKoljander ·

Wat verwag mens onder ANC beheer, die wit man weet moes niks nie.

Jannie van Niekerk ·

En my en jou belastinggeld het gulle gefinansier

VaalDonkie ·

My salaris gaan elke jaar met so 5% to 6% op. Maar rooivleis en krag gaan elke jaar met 20% op. Dit gaan al so erg dat ek nie eers meer wil skaaptjops koop om te braai nie. Ek het in die verlede sommer ‘n groot pak tjops gekoop sonder om twee maal te dink daaroor, maar deesdae hou ek by hoender of vark. Of miskien steak as dit op grootmaat so R120/kg is.

Anoniem ·

Jy kan topgraad Lam teen minder as R120.00 per kg koop indien jy half of heel lam koop. Geen mens kan egter los vleis per kg koop nie, ek weier om dit te doen en koop slegs op grootmaat. Het in November goeie kwaliteit bees agterkwart teen R78.00 per kg gekoop, netjies verpak en gemerk.

MK123 ·

Manie, ek verstaan dat dit goedkoper is in grootmaat, maar vir enkellopendes is dit nie altyd ‘n opsie nie – dis of te veel vleis vir ‘n klein yskasspasie, of te duur om om op een slag te spandeer vir een persoon. Toe ek nog in SA gebly het, het ek self maar min skaapvleis gekoop. Nou in die buiteland betaal ons maklik tot R500 p/kg vir goeie skaap- en beesvleis (het al R530 p/kg betaal), en dis ‘n bargain as mens ander lande se vleis geproe het. Dis net jammer ons moes die land verlaat om dit uiteindelik te kan bekostig.

Meisie ·

Vandat ek in 2016 by my ouers weg getrek het, het ek tot-en-met vandag toe nog nie skaapvleis gekoop nie omrede dit eenvoudig te duur is. Ek spandeer eeder die geld op n steak of hoender en dan kan ek nog goedjies kry vir ‘n lekker braaibroodjie en ‘n ander bykos.. of ‘n doppie of twee ;)

Piet parys ·

Koop dan maar vir jou n plaas en boer jou eie goedkoop vleis los . Insetkoste vir boere het die hoogte ingeskiet . Jy sal vind dat jy n lening moet maak om in te betaal op jou boerdery…… lyk vir my jy kan nog so n verskeidenheid vleis bekostig so dit gaan baie goed met jou.

MK123 ·

Piet Parys, ek dink nie VaalDonkie se kommentaar was gemik op boere of hul pryse nie, maar die doel was om te wys hoe mense al hoe meer moet afskaal op basiese items soos vleis juis omdat die ekonomiese toestand die pryse van alles die hoogtes in laat skiet. Dit is juis die punt van die berig – mense raak al hoe armer elke jaar.

Pablo ·

Cyril sal binnekort N groot partytjie reël om homself en sy skurk boeties op die skouers te klop en seker te maak hulle vat soveel as hulle kan voordat alles finaal in mekaar stort. Dit gaan die geskiedenis storie van die laaste 3 dekades wees.

Jannie van Niekerk ·

Die enigste rede waarom Suid Afrika kastig een van die ongelykste lande ter wêreld is, is is omdat daar meer buitelanders uit Afrika, Asië en Suid Amerika is, as wat die totale wêreldbevolking is. Stuur alle Afrikane uit Afrika, alle Russe, alle Chinese en elke enkele buitelander terug na hulle lande van herkoms dan sal die situasie DRASTIES verander.

Jannie van Niekerk ·

Gaan kyuk biejie in Kaapstad en JHB by die nagklubs.

Alfred E Neuman ·

Ek is bietjie oud vir nagklubs, maar vat jou woord daarvoor.

Maritza ·

Verbaas my nie, hoe harder ons werk, hoe meer geld vat die ANC

Albertus ·

Dis die klomp idiote wat land regeer, wens die mense se oe gan oop

Piet parys ·

Dit wys jou nou net as n regering heeldag bakhand staan by ander lande wat gebeur teenoor wanneer n land se bestuur reg was . EN DIE EINDE IS NOG NIE IN SIG NIE . NOU is Sa in n vryval en net die grond kan hom keer.

Pieter ·

En die sleg anc kommuniste word al hoe ryker met ons belasting geld.

koos ·

Waar is die Weste nou? Ons het groter werkloosheid as ooit, erge rassisme en diskriminasie teen die wittes, misdaar floreer, en die Weste se stilte verdoof my, hulle wat die voorstanders van boikotte en so meer was. Verder hou hierdie hopelose regering aanhou om geld te leen, inderdaad voel hulle vere vir ons land want die skuld gaan terugbetaal moet word met ‘n verswakkende Rand. Cry the beloved country…

Hennie ·

Die ANC het die groot middelklas van SA verarm totdat daar slegs stink rykes en massas armes is. Deur hierdie armes afhanklik te maak van aalmoese van die kommunistiese ANC referring was nog altyd die doel van die regering. Effektief daarin geslaag

Johanna ·

K O R R U P S I E
NIKS ANDERS NIE.
HOE GOUER DIE KORRUPTES Toegesluit word, soos alle ander skelms hoe beter.
Mens kry nie n kar skelm, juwele skelm nie, n SKELM IS N SKELM UIT EN GEDAAN

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.