SA’ners braak gal oor Ryanair se Afrikaanse vraelys

Ryanair (Foto: BBC News Africa, Twitter)

Suid-Afrikaners is vies oor die Afrikaanse vraelys wat hulle moet voltooi voordat hulle op ʼn vliegtuig van die Ierse lugredery Ryanair wat na die Verenigde Koninkryk (VK) vlieg, toegelaat word. Volgens Suid-Afrikaners is dit diskriminerend.

Talle van die ontevrede Suid-Afrikaners sê die vraelys is diskriminerend omdat baie van hulle nie Afrikaans verstaan nie.

Die vraelys bevat vrae oor Suid-Afrikaanse algemene kennis.

BBC berig Ryanair het die toets verdedig en gesê dit skakel diegene uit wat met bedrieglike Suid-Afrikaanse paspoorte reis.

“Weens die hoë voorkoms van bedrieglike Suid-Afrikaanse paspoorte, vereis ons dat passasiers wat na die VK reis ʼn eenvoudige vraelys invul wat in Afrikaans uitgereik word,” lui ʼn verklaring.

“As passasiers nie hierdie vraelys kan voltooi nie, sal hul reis geweier word en hul vluggeld sal ten volle terugbetaal word.”

ʼn Suid-Afrikaanse man wat in Mei van Lanzarote na Londen gevlieg het, het gesê hy was geskok toe Ryanair sy paspoort en instapkaart weggeneem het voordat die Afrikaanse vraelys aan hom oorhandig is.

Toe Dinesh Joseph teen die vraelys betoog het, het Ryanair-personeel volgens hom bloot gesê: “Dit is jou taal.”

ʼn Herrie het ook op sosialemediaplatforms oor die saak ontstaan.

Volgens die Suid-Afrikaanse sensus wat in 2011 uitgevoer is, is daar sowat 13% van Suid-Afrikaners wat Afrikaans as eerste taal praat. Afrikaans is die land se derde mees gesproke moedertaal, naas isiZulu en isiXhosa.

BBC het Ryanair gevra hoekom hulle vereis dat die toets in Afrikaans eerder as enige ander Suid-Afrikaanse taal afgelê moet word, maar die maatskappy het nie geantwoord nie.

Die toets word nie deur Britse grensowerhede vereis nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Nici ·

Ek het dit nou geniet. Lyk my hul het meer respek vir Afrikaans as bruikbare taal as al ons vorige Afrikaanse akademiese instellings saam.

casper ·

Wat nie gese word nie is dat ‘n lugredery aanspreeklik gehou kan word om mense met vervalsde dokumente te vervoer !!!

Henri ·

As die toets in Afrikaans afgelê word, hoe merk Ryanair, ‘n Ierse maatskappy, die toetse?

Lourens CFG ·

Met ‘n merkblad wat oop blokkies oor die regte antwoord het.

Marius ·

As jy Rome toe gaan dan maak jy soos die Romeine. Dis net sekere Afrikaners wat dink die wind buig voor die boom.

melaney ·

Ryanair het die reg om te verseker dat paspoorte nie vervals is nie. Die manier hoe hulle dit doen is onaanvaarbaar. Ek dink hulle het halsoorkop tewerk gegaan. Eintlik klink dit belaglik.

VaalDonkie ·

Ja dit is. Maar dis tog snaaks op ‘n aardige manier.

Pieter ·

Mooi Ryanair, gee Afrikaans en die monument in die Paarl erkenning .

Lourens CFG ·

Goeie idee, maar verkeerd toegepas, gebruik eerder al SA tale behalwe engels.

miche ·

In die toets (vraelys) het hul self Suid Afrika heel verkeerd gespel.

Miena ·

Hier sien ek n besigheidsgeleentheid… maak soos die res van die volk. Ek dink ek sal teen n monetere donasie daar gaan staan en die vraelys vir die mense invul. As dit nie alreeds gedoen word nie! Ek rol my oe en lug my skouers op…

piet ·

Belaglik. Hulle kon mos die SA spesifieke vrae ook in Engels gevra het. maak glad nie sin dat dit in Afrikaans was nie want omtrent alle mense in SA verstaan Engels (behalwe diegene wat nie skoolopleiding gehad het nie in landelike gebiede wat in elk nie in die groep sal wees om te reis nie). As hulle meer navorsing gedoen het oor SA sou hulle geweet het.

VaalDonkie ·

Snaaks genoeg word Afrikaans wyer verstaan as Engels. Veral in die platteland.

piet ·

Miskien oor ‘n wyer gebied maar Engels word baie meer “buite die huis” gepraat as Afrikaans. Daar is ook meer Afrikaans-sprekendes van kleur (baie meer) as wit Afrikaans-sprekendes.

Nettie ·

Presies Piet. En wie doen NIE navorsing voor so iets nie? So die vraag is eerder…. WAAROM is Afrikaans gekies?

piet ·

Nettie – al wat Ierland van SA weet is die Afrikaanse rugbyspelers wat daar rugby speel. Kyk, CJ Stander het mos vir Ierland gespeel en Van Graan (en voor hom Rassie) is mos Munster se afrigter. Al hierdie mense is Afrikaners en praat Afrikaans. Anders weet ek nie waar hulle aan die Afrikaans-storie kom nie.

Perdeby ·

Kan dit nie glo nie, MAW as ek ‘n Suid Afrikaner is en die Afrikaans magtig is nie, dan word ek die vlug geweier?? Wow Hulle beslis van my hoor, want dit kan nie so gedoen word nie.

annie ·

Rassisme… Altyd en ewig… om te kla. Eintlik wettig die Bybel rassisme. Mens mag en moet hou van jou eie ras, kultuur en taal en ander s’n respekteer… Dus Afrikaans en Afrikaners ook met respek behandel.

Hendrik ·

Ek dink hierdie petalje is nogal komies. Die wereld besef nou hoe korrup die SA regering is.

Kosie ·

Daar het julle dit, Afrikaans is die enigste betroubare inheemse taal in SA, al wat die buiteland vertrou

Andries ·

Hul verstaan glo nie afrikaans nie, maar vloek hom, dan kan hul vinnig afrikaans verstaan.

Jubba ·

Ek het die vraelys gesien en dit is nogals vermaaklik, kompleet met spel en grammatika foute.

piet ·

Google translate is glad nie so sleg nie. As dit nie vir dit was nie sou ek nooit Afrikaanse boeke “gelees” het nie. Die ding is, ek hou nie van boek lees nie maar ek hou van luister. So ek gebruik google translate om die Afrikaans in Engels te vertaal en dan sit ek dit om in spraak sodat ek kan luister. Definitief nie ideaal nie maar dan “lees” ek darem nog ‘n Afrikaanse boek wat ek nie andersins sou gedoen het nie.

Friedrich ·

Ek het toe ek in Londen gewerk het, n t-hemp gehad wat gesê het:”praat Afrikaans of hou jou bek.” ????

groenboer ·

Ek wonder nogal wat die vereisde slaagpunt is, want Afrikaans of te not, ek kon party van daardie vrae ook nie antwoord nie!

Jr ·

SEKERE SUID AFRIKANERS IS BESWAAR. NAAMLIK “DIE” WAT AL KLAAR ANTI AFRIKANER IS NOG VOORDAT HULLE DIE VRAELYS INGEVUL HET

domheks ·

Nou as jy van SA af kom, het jy in ‘n mate Afrikaans gepraat/geleer/gehoor. Maar ‘our people’ weier om dit te praat!
Met ons korrupte anc regering moet hulle maar alles doen om te bevestig jy kom van SA af.

piet ·

So terloops, sou julle al die antwoorde reg kon beantwoord? Die een van die grootste stad in SA kan ‘n vangstrik wees…….

VaalDonkie ·

Is dit nie Johannesburg nie? Want sover my kennis strek is Johannesburg groter as New York in terme van area.

Nettie ·

Hmmm. Miskien reageer ek te gou met wantroue. Maar dit klink vir my na nog ‘n manier om Afrikaans die teiken van almal in SA asook in die wereld te maak. Ons word heeltyd in die visier gesit as die “swart skaap” van die land. Hoekom? Hierdie het nie sommer net gebeur nie. Dis beplan, en Afrikaans is baie spesifiek gekies. Ek sien ‘n baie tipiese Engelse handjie in die pastei hier…

melaney ·

Al tale wat ek ken is Afrikaans en Engels. Indien ek ‘n klomp vrae in ‘n ander Afrika taal sou moes beantwoord, sou ek maar ‘n ander plan moes maak om te kan vlieg. Dinge werk albei kante toe.

Bart-Man ·

Uiteindelik n toets waarvoor ek nie hoef te leer nie. Net jammer ek het nie geld vir n vlieg kaartjie nie

Misky ·

Ons hele regering en ministers sal by die huis moet bly – ha ha ha ha

Hennie Biebouw ·

Wat is ‘n “bedrieglike Suid-Afrikaanse” paspoort?

Swerwer ·

Regtig? Maar ons Suid Afrikaners moet maar aanvaar dat alles in Engels moet wees al kan 80% wel Afrikaans verstaan, lees en praat. Wat is diskriminerend ? Daar word verwag dat ons ander tale moes aanleer………………..so moenie van die Lugredery gebruik maak as jy ontevrede is oor die Taal Afrikaans nie. Daar is genoeg ander wat die Lugredery sal ondersteun.

Gerra ·

Hehee… en wanneer ons kla dat ons nie in ons mooie Afrikaanse taal in SA bedien word nie word ons afgemaak en geïgnoreer. Noudat n buitelandse lugredery iets anders doen is die wêreld in rep en roer. Mooi man!

Genis ·

Maar our people praat goed afrikaans as hulle vir hulp of n geldjie vra…. dan pla die taal geensins nie…snaaks ne?

Pietertjie ·

Siestog. Enige taal, solank dit nie Afrikaans is nie. Groen is die afguns oor ons mooi taal…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.