SA’ners kan eenmalig sonder permit reis

Argieffoto van die dubbeldekker-gedeelte van die snelweg Foto: noelcmn, pentaxforums.com

Suid-Afrikaners wat iewers gestrand sit en moet terugkeer huis toe sal vir die volgende week toegelaat word om eenmalig sonder ’n permit tussen provinsies of metro’s te reis met die inwerkingtreding van vlak 4 van die koronavirus-afsonderingstydperk .

Vlak 4 het vanoggend (Vrydag) in werking getree. Reis tussen provinsies sonder ’n permit word steeds op dié vlak van afsondering verbied.

Nkosazana Dlamini-Zuma, die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het egter nou in die jongste Staatskoerant bevestig dat mense wat nie tydens die afsonderingstydperk by hul huis of werk was en weens die afsondering nie tussen provinsies, metro’s en streke kon reis om daarheen terug te keer nie, nou eenmalig sonder ’n permit kan terugkeer.

Dié vergunning geld egter net van 1 tot 7 Mei. Mense wat na hul tuiste terugkeer, sal ook daar moet bly tot die einde van vlak 4, het Dlamini-Zuma gesê.

“Die nodige maatreëls sal getref word om te verseker dat diegene wat van dié vergunning tydens die venstertydperk gebruik maak, dit eenmalig en slegs in een rit doen,” het die minister in ’n verklaring bevestig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Anel ·

Kyk, nou lag ek lekker. Hoe gaan hulle dit beheer? Daar is nie net een pad wat gebruik kan word nie en ons het van die vindinrykste mense in huerdie land. Gaan kuier vir die langnaweek by pa en ma op die plaad of waaroor al en kom weer terug deur die week. Wat ‘n grap. Ek weet nie hie dink die aan die stuur van die land nie. Hier bewys hulle dat hulle geen, maar geen vermoë het om enigiets te bestuur nie. Ek kan regtig maar net lag.

Boortor ·

Moet ek n permit kry wat se ek mag reis sonder n permit? Of hoe nou? Hoe op aarde gaan hulle dit beheer?

Oujongvrou ·

Lekker speel hulle speletjies. Kyk hoe trek ons toutjies en die hele land spring rond. Is ek verkeerd as ek voorspel dat hierdie vrou regmaak vir ons volgende president?? Behoede ons asb

Wilna ·

Ek verstaan nie…dit Wil vir my voorkom asof die land se ministers aan geheuverlies ly…Kan die President nie sy ministers beheer nie… Eish vn hle is reeds bja vêr verby aftree ouderdom en dit is hoekom hle sulke dom regulasies daagliks verander.. Hle Kani onthou wat Wie die vorige dag geimplimenteer ht nie. Gaan tree af en gaan rus????

Johan ·

Ja dom beslis.
1. Dis nie nodig vir permit. Polisie het aanbeveel jy moet bewys van adres saam neem. As jy nie het nie, lê beëdigde verklaring by polisie af en ry dit saam. Dis hoe hul dit gaan beheer.
2. Die probleem is steeds al die weduwees wat na hul kinders gevlieg het vir die skool vakansie en nie kan terug vlieg nie.
3. Ek self sit met ‘n siek vrou (nie virus). Selfs al sou ek motor huur, waar slaap ek langs die pad as al die gastehuise toe is?

JohanR ·

Net een minister Wilna naamlik Nkosazana Dlamini-Zuma. Ek dink 15 minute nadat sy saam met die ander ministers in die KGB vergader het, het sy al vergeet wat besluit is. Sy doen al die praat werk op die oomblik en DIT is gevaarlik!!

Mardia ·

Dit is wonderlike nuus. My vraag is net hoe is n mens veronderstel om terug te keer as daar nie bus of lugvervoer is nie? My seun wat terug gekeer het van Vietnam af sit in JHB gestrand en wil graag terugkeer na sy vrou en kind in Durban maar kan nie want daar is nie dienste nie

Robert ·

En mense kan nog steeds nie van een woonplek na ‘n ander trek/meubels vervoer nie… Malligheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.