SA’ners moenie maskers té ver bêre

Dr. Joe Phaahla, minister van gesondheid. (Foto: GCIS)

Dit staan ondernemings, restaurante, skole of ouetehuise steeds vry om die dra van maskers te verplig.

“Dit is wel nie meer die regering se beleid nie,” het die minister van gesondheid, dr. Joe Phaahla, Donderdag gesê nadat hy die opheffing van die land se laaste drie Covid-19-regulasies Woensdagaand in die Staatskoerant gepubliseer het.

Die regering verplig nou nie meer die dra van maskers binnenshuis nie. Alle beperkings op byeenkomste is amptelik opgehef en dit is nie langer nodig om ’n bewys van inenting óf ’n negatiewe PCR-toets te toon om die land binne te kom nie.

Phaahla het wel benadruk dat gesigmaskers ongetwyfeld beskerming teen respiratoriese siektes bied. Die minister vra Suid-Afrikaners om nie dadelik hul gesigmaskers in die asdrom te gooi nie en moedig hulle aan om hul maskers veral binnenshuis te dra.

“Moet dus asseblief nie verleë voel as jy steeds jou masker wil dra net omdat die regering dit nou nie meer verplig nie.”

Phaahla het tydens ’n mediakonferensie gesê die opheffing van die laaste Covid-19-regulasies – dít twee jaar, drie maande én vier volle virusgolwe nadat die eerste koronavirusgeval op 5 Maart 2020 in KwaZulu-Natal bevestig is – is tekenend daarvan dat Suid-Afrika eindelik ’n keerpunt bereik het.

(Foto: Unsplash)

“Vandag is ’n geskiedkundige dag,” meen Phaahla.

Hy het wel benadruk dat die Covid-19-pandemie nog nie iets van die verlede is nie en daar geen waarborg is dat nóg ’n ernstige variant nie dalk vorentoe die lig sal sien nie. Phaahla is wel optimisties dat Covid-19 eindelik endemies gaan raak.

Wat skole betref, het die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, Donderdag gesê die dra van maskers in en om die skool is nie meer nodig nie, maar leerders en onderwysers kan dit steeds doen as hulle wil.

Inentings

Die regering het tot dusver nie sy doelwit bereik om minstens 70% van die volwasse bevolking te laat inent nie. Phaahla sê die regering troos hom egter daaraan dat 36 700 miljoen entstofdosisse teen Woensdag aan 20,09 miljoen volwassenes en 1,9 miljoen kinders tussen 12 en 17 jaar toegedien is.

Dit beteken dat 50,48% van die bevolking minstens een dosis van die entstof ontvang het. Altesame 70,5% van die 60+-ouderdomsgroep is teen Covid-19 ingeënt, terwyl die 50-59-ouderdomsgroep ’n opkoms van 66,17% bereik het.

“Ons glo dat die groot opkoms van die 50+-ouderdomsgroep grootliks bygedra het tot die verminderde erns van hospitaalopname en sterftesyfers in die vierde golf, ’n patroon wat tot vandag toe aangehou het,” sê die minister.

Die Vrystaat is tans die enigste provinsie wat 60% (60,15%) van hul volwasse bevolking ingeënt het. Die Wes-Kaap het 57,37% van sy volwasse bevolking bereik, gevolg deur Limpopo (57%), Oos-Kaap (54,53%) en die Noord-Kaap (51,45%).

Phaahla het sy versekering gegee dat Suid-Afrika nog genoeg entstofdosisse het om nog Suid-Afrikaners teen Covid-19 te laat inent. Volgens die minister het die regering wel sommige kontrakte met Pfizer gekanselleer en in die proses R1,4 miljard gespaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

58 Kommentare

Boer ·

Gaan vlieg !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Ek het die goed al weg gegooi.

Nettie ·

Verstommend Manie, dat 5 mense jou af-duimpies gegee het!

Hulle is welkom om maskers te dra, maar om te dink dis regverdig dat winkels dit nog steeds kan afdwing wanneer dit NIE meer nodig is nie, en die wetenskap onteenseglik bewys het dit dra by tot MEER infeksies en nie minder nie, is absoluut verstommend.

Nici ·

O blikemmer maar die mense is onkundig. Die bloedbank net dan onlangs gese 98% van die bloed toon immuniteit teen Covid, hetsy deur vorige infeksie of inenting.

Alida ·

Ek en my suster het baie onlangs covid onder lede gehad sonder dat ons dit geweet het. Die dag voordat ons simptome begin toon het, het ons van Jhb af Kaap toe gevlieg. Was die volgende dag hondsiek en het positief getoets. Hopelik het die maskers wat ons in die vliegtuig gedra het, gekeer dat ons medepassasiers rondom ons ook siek geword het. Ek sal maar aanhou om my masker te dra op plekke waar mense baie opmekaar is soos in ‘n vliegtuig.

Leana ·

Seker ook maar goed hy kan nie hoor wat ek nou vir hom gesê het nie.

VaalDonkie ·

90% van burgers wie se bloed getoets is, het teenliggaampies. Ou Joe kan maar ontspan. Ons is oukei. Gespuit of te not, ons het ‘n mate van immuniteit opgebou.

Robert ·

Dit is nou nog meer na 98% se kant… ons het almal al die ding gehad en oorleef!

Delia ·

Ek glo dis elke persoon se reg om nog sy masker te dra.
Ek sal egter omdraai en my geld erens elders spandeer as n besigheid diens aan my weier omdat ek nie n masker dra nie.
Thats that…

De Villiers ·

Stel jy vir ons die voorbeeld en dra jou masker nog steeds, minster Phaahla.

Henri ·

“Phaahla sê die regering troos hom egter daaraan dat 36 700 miljoen entstofdosisse teen Woensdag aan 20,09 miljoen volwassenes en 1,9 miljoen kinders tussen 12 en 17 jaar toegedien is.”

Lees ek reg, of is dit ‘n tikfout? 36 700 000 000 entstofdosisse? Dit beteken elke SAner kon 500 keer geënt gewees het…

Alida ·

Ek en my suster het baie onlangs covid onder lede gehad sonder dat ons dit geweet het. Die dag voordat ons simptome begin toon het, het ons van Jhb af Kaap toe gevlieg. Was die volgende dag hondsiek en het positief getoets. Hopelik het die maskers wat ons in die vliegtuig gedra het, gekeer dat ons medepassasiers rondom ons ook siek geword het. Ek sal maar aanhou om my masker te dra op plekke waar mense baie opmekaar is soos in ‘n vliegtuig.

Manie ·

Die Wes-Kaapse Dept van Onderwys het aangedui dat hulle nie die dra van maskers in skole sal verplig nie.

JohanR ·

Wat ‘n klomp ANC moegoes! Se net maskers is klaar en uit. Altyd iets met julle lot.

wim ·

Is dit wat gister berig is van die studie uit Hong Kong wat destyds verkeerd aangehaal is om die dra van maskers buite hospitale in Suid-Afrika te regverdig. As dit wat daar berig is, en wat daardie studie werklik gese het waar is, dan is die raad wat die regering nou gee, om maskers steeds te dra as jy so voel, verkeerd en selfs gevaarlik.

Jannie van Niekerk ·

“Dra jou masker asb meneer” Koebaai winkel, ek gaan koop by jou kompetisie

SjN ·

Moenie bekommerd wees nie Dr, min doelwitte word in elk geval bereik.

Johann101 ·

Ons moet ons rue styf trek, en die regering in hul spore stuit… hul is nie klaar met hul bymotiewe & agenda nie…
Maar weer ‘n masker opsit vir watse rede… vergeet daarvan…

Robert ·

Hierdie 2 jaar het vir almal bewys die regering en meeste van die ander partye ook gee nie ‘n duit om vir ons nie. Solank hulle geld kry is hulle tevrede.

Anel ·

Om repiratories siektes te voorkom! Op watter planeet bly die lot? Maskers het juis respiratoriese probleme veroorsaak, om nie van sinus ens te praat nie. Druk julle maskers maar baie diep. Sal nie geld op dit mors nie of weer dra nie. Kiebaai meraai. En ook nie koop waar ekk dit moet dra nie. Die wat wil, dra dit maar, maar moennie teen gesonde mense diskrimeneer nie!!

Owlie ·

Ja as dit nie vir ander partye was wat teen hierdie nonsens op gestaan het sou hierdie geskiedkundige dag nooit gebeur het nie Daarvis seker al klaar datums en tye in plek vir die volgende verpligte maskers en vele meer Geen masker of inspuiting gaan enige men’s red as jy nie na jouself omsien en as niemand weetvwat om vir sekere siektes te gee nie Te veel mense wat amper nooit uit gegaan het nie en konstant maskers gedra hetbis oorlede.

Jan ·

Nou gaan dié, wat nie moet nie, my weer herken en die babatjies weer skrik

Terence ·

Asseblief, DA, Solidariteit en enige ander druk groep, vat die regering nogsteeds hof toe hieroor. Hulle trek dit amptelik terug, maar agteraf gee hulle nogsteeds ‘n indirekte instruksie om die goed te bly dra. Onthou, die maatreëls was eintlik daar om die regering se onbevoegdeid om mediese sorg te bied te verberg.

Robert ·

Hou die DA uit, totaal useless, hulle moes van dag een af geveg het.

Chris dupreez ·

As n winkel vereis dat ek n masker opsit, sal ek nog steeds daar koop, brandstof is eenvoudig te duur om na n ander winkel te ry.

Nettie ·

Die rede vir minder hospitaalopnames en sterftes tydens die 4de golf is oor die variant nie so dodelik was nie! Niks met julle sogenaamde kuur te doen gehad nie.

En dankie, ons verstaan. Moenie die maskers weggooi nie want oor ‘n paar weke verklaar die wereld organisasie aappokke as ‘n pandemie. En na 5 Aug word die nuwe gesondheidsregulasies deurgevoer wat tydens pandemies sal geld. Waaronder die dra van maskers dus weer verpligtend sal wees.

Robert ·

Daar sal geveg word daarteen. Die regulasies was totaal teen alle regte.

Daleen ·

Kyk na die feite. As hulle dit WEER verpligtend maak om maskers te dra – wanneer ook al – dan doen almal wat hier so grootbek is en se NOOIT weer dit maar of jy wil of nie want anders sit jy met jou dinges in die tjoekie (soos. So eerder as om nou baie braaf en grootbek te wees bly eerder stil en wees dankbaar dis opgehef.

ENFM ·

So ons spaar R1.4 miljard, en leen R7.6 biljoen, ou mense kan ‘n 2de “booster” kry en al moes daar miljoene dosisse vernietig word, wat verval het, is daar nog genoeg spuite vir almal..
Nou wonder ek of die wat teen hierdie tyd nog geen dosis ontvang het, van plan sal verander?
Hoe lyk die land se finansiële situasie? Sal mens die entstowwe kan eet as die geld en kos min raak?
Nogal toevallig dat die eerste geval van aappokke én die ophef van maskers dra toevallig binne 24 uur gebeur..
Dalk is dit net aapstreke..

Lood ·

Tot op datum is daar geen wetenskaplike bewys dat ‘n masker jou kan beskerm teen Covid 19 of ander virusse nie. Weet die minister dit nie?

Nommer 7 ·

Lood, tot op datum het niemand nog ooit aanspraak daarop gemaak dat n masker enige beskerming teen covid of virusse bied nie. Maskers beperk wel die VERSPREIDING van virusse. Weet u dit dan nogsteeds nie.

Neestemmer ·

Die mense wat nou nog nie uitgefigure het dat gaaitjes in maskers groter as viruse is nie, is welkom om steeds gemasker te wees of hulle moet net nooit staan nie. Jy is mos kwansuis heel veilig in ‘n restaurant as jy sit en eet so Covid val jou dus net aan as jy staan! En ek ondersteun al vir 2 jaar nie enige besigheid wat masker reels toegepas het nie….

Plaasnooi ·

Dis nou regtig belaglik !
Dit sal veroorsaak dat ek winkels en besighede wat my veplig om gemasker te wees, vermy !

Logan ·

Wel, as jy my gaan probeer dwing om ‘n masker te dra as ek by jou wil ingaan, gaan ek net na die ou langs jou toe. Ek hoef nie my geld vir jou te gee nie.

Alleen Wolf ·

Die besighede wat dit probeer afdwing sal sleg tweede kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.