‘SA’ners moet seker maak oor visums’

Lindiwe Sisulu, minister van internasionale betrekkinge (Foto: ANA)

Lindiwe Sisulu, minister van internasionale betrekkinge, het Dinsdag ʼn beroep op Suid-Afrikaners gedoen wat oorsee reis, veral na China, om seker te maak hulle het voldoende reisdokumente en visums.

Dit volg ná sewe Suid-Afrikaners, insluitend die 19-jarige Tristan-Lee Niemand, uit ʼn tronk in Jiangsu-provinsie in China vrygelaat is en binnekort gedeporteer sal word.

“Ek is dankbaar die nagmerrie is verby vir die families. Ons doen weer ʼn beroep op jongmense om seker te maak hulle het die regte dokumente en om die ambassades te kontak om die inligting te verifieer wat hulle van werwingsagentskappe ontvang,” het Sisulu gesê.

Volgens die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) sal Suid-Afrikaanse diplomate in China steeds met die skole en plaaslike owerhede saamwerk om seker te maak dat alle reisreëlings [vir die sewe persone] gefinaliseer word en hulle “so vinnig as moontlik” op pad kan wees huis toe.

Niemand is een van minstens 100 Suid-Afrikaners wat in China aangehou word oor visum-oortredings. Sy word sedert November in Nanjing aangehou en haar gesin en die departement het sedertdien onverpoosd gewerk om haar terug te bring huis toe. Haar pa, Richard Bridger, het aan die Cape Times gesê hy het nog nie enige kontak met sy dogter gehad sedert sy in aanhouding geneem is nie. Hy het verduidelik sy dogter sou Engels gaan gee in China deur ʼn agentskap wat onderneem het om vir haar ʼn werksvisum te bekom. Sy was daar met ʼn studentevisum.

Intussen het Dirco bevestig nog agt Suid-Afrikaners wat in die Zheijang-provinsie in China aangehou is, sal op 23 Desember terug na Suid-Afrika gedeporteer word. Die reëlings rakende hul terugkeer sal getref word sodra hulle vrygelaat is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Paul ·

Moenie skuld uit deel nie, vat verantwoordelikheid en staan hulle by, sommer daar van die begin by die aansoek af!

jaco ·

sonder regstellende aksie en BEE sal al hierdie werksoekery in ander lande ook nie nodig wees nie

Rabes ·

Dit is die plig van binnelandse sake om toe te sien dat die aansoeker die regte dokumente hê. Nou wil hulle die probleme op jan publiek skywe. Wie weet wat is die korrekte dokumente?

My mening ·

Ongelukkig is dit elke aansoeker se eie verantwoordelikheid om die regte vorms en ondersteunende dokumente te bekom- en dis ‘n nagmerrie. Die vorms kry jy van die land waarheen jy wil gaan, nie Suid-Afrika nie en die webtuistes is gewoonlik so verwarrend, jy het nie ‘n idee waar om te begin nie. En op elke webtuiste is ‘n ander vorm! Maar dis hoekom jy weer en weer en weer seker moet maak dat jy die regte vorms en dokumente het voordat jy aansoek doen, want dit bly jou verantwoordelikheid.

zoom zoom ·

Hoekom moet ons visums hê vir China as SA deur die regerende party aan China so stuk stuk verkoop word.

Gertryda ·

My dogter het in Sjina, khazakstan, vietnam en nou in Kambodija onderwys gegee . Dit is elke persoon se eie verantwoordelikheid om dokumentasie te kry
Gebruik n geakrediteerde maatskappy om al jou dokumente te verifireer en om vir jou werke te kry
Sy het nog nooit n probleem gehad nie

Rabes ·

Ek kan jou net sê in Kaapstad het ‘n vrou by binnelandse sake my gehelp en die korrekte inligting aan my verskaf waarheen en hoe ek moet doen. Vir my was dit nie ‘n nagmerie nie , want die inligting wat ek van daardie swartvrou ontvang het was korrek en nee ek’s nie mal nie.

Hi rabes ·

Eks baie bly jy het die korrekte inligting onvang. En jy was mooi gehelp… maar dit is nie hul PLIG nie.. .. was nog nooit… hul het GEEN plig by binnelandse sake om jou visum reg te kry nie… as jy oorsee wil reis , is dit jou EIE plig om seker te maak jou papiere is in order… Ek was al in 39 lande… en het nog nooit nodig gehad om om na n binnelandse sake te gaan vir bystand nie…. die naam BINNELANDSE sake
.. is kenteken genoeg om te verstaan ..of hoe?

Maar nou ja… die internet met miljarde bladsye kan seker moeilik wees.

Basjan ·

@Hi Rabes, whaw 39 lande besoek! Dit moet ‘n rekord van een of ander aard wees! Fantesties! Fenominaal! Uitstekend! As jy saam met my in die destydse weermag was, kon ek vir jou gesê het: “Gaan haal vir jou ‘n pip (rankenteken) in die stoor!”

Netso ·

My aarde Lindiwe, het jy darem iets gedoen vir jou jaar se salaris al was dit net om onsin te praat?

Paul ·

In die ‘ou’ dae het ons mense gehelp, hulle bygestaan, in alle bedrywe, maar deesdae is dit soos per Gertruida se ervaring is, elkeen op sy eie. Dit sê als van die ingesteldheid van die mens vandag, jy gee niks meer as jou deel nie.

Sê net ·

Klink meer vir my of die mense almal met ñ slap riem gevang is.
If it sounds to good to be true, it normally is.

Maak seker alles is in order voor jy die land verlaat. Niks erger as om in ñ vreemde land of plek nie alles te hê wat jy moet nie.

Hennie ·

Wie het die papegaai se hok geskut.?
Wie kan nie verantwoordelikheid vat nie?
Wie het dit eenvoudig nie?

John ·

…. en hoe moeilik is dit vir Sjinese om hierheen te reis en weer terug te keer met muti vir groot geld. Ons word lekker misbruik deur die Sjinese en ons regering kruip so daar dat hulle nie eens ‘n vinger wil verroer vir ons mense wat daar vasval nie. Sjina predik globalisasie maar sy angel is vol gif.

Johan ·

As jy 2.3 biljoen inwoners het soek jy Nie nog Nie!Dink net,6.9 biljoen etes per dag!Om dit in pespektief te stel,as SA inwoners 3 etes n dag eet vir 30 dae is dit 4.2 biljoen etes per maand!DAAR is nie n groter gevaar as China op die oomblik Nie,Siener het dit 150 Jaar terug voorspel.Dis hoekom Trump eendag as die beste President bekend sal staan,Al verguis sy eie mense hom Nou.

Andre ·

Sy is baie skerp om dit uit te dink. Niemand anders sou dit kon uitdink behalwe sy. So dankbaar vir die persverklaring. Arme joernaliste wat die belangrike nuus moes gaan aanhoor om dit vir ons te bring. Sy is seker nou gedaan na die inspanning en sal seker nou moet gaan rus tot volgende. jaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.