SA’ners wat vir Israel veg sal aangekeer word, sê Pandor  

Minister Naledi Pandor (Foto: Jacoline Schoonees/DIRCO)

Suid-Afrika se minister van internasionale betrekkinge en samewerking het gesê enige Suid-Afrikaners wat vir of saam die Israeliese weermag veg, sal in hegtenis geneem word by hul terugkeer na Suid-Afrika.

Dr. Naledi Pandor het vroeër die week dié uitlatings gemaak tydens ʼn geleentheid wat gehou is in solidariteit met Palestina.

“Ek het reeds ʼn verklaring uitgereik om diegene wat Suid-Afrikaans is en wat saam met of in die Israeliese weermag veg, te waarsku. Ons is gereed, wanneer jy by die huis kom, gaan ons jou in hegtenis neem,” het Pandor gesê.

Die minister se departement het reeds in Desember ʼn verklaring uitgereik waarin Suid-Afrikaanse burgers versoek is om nie by buitelandse gewapende magte aan te sluit nie “wat kan bydra tot die skending van binnelandse en internasionale reg”.

In die verklaring is daar aangevoer dat die Suid-Afrikaanse regering baie bekommerd is oor berigte dat sommige Suid-Afrikaanse burgers en permanente inwoners aangesluit het of dit oorweeg om by die Israeliese weermag aan te sluit in sy oorlog in Gaza.

“Sodanige optrede kan moontlik bydra tot die skending van internasionale reg en die pleging van verdere internasionale misdade, en hulle sodoende aanspreeklik maak vir vervolging in Suid-Afrika.”

Die departement het daarop gewys dat enige persoon wat buitelandse militêre hulp in Israel wil verleen, eers aansoek by die Nasionale Konvensionele Wapenbeheerkomitee (NCACC) moet doen wat dan ʼn aanbeveling sal maak aan die minister dat so ʼn aansoek toegestaan of geweier word.

“Enige persoon wat by die Israeliese weermag aansluit sonder die nodige toestemming van die NCACC, oortree die wet en kan vervolg word.”

Enige permanente Suid-Afrikaanse burger kan volgens die departement dié status verloor indien hy of sy onder die vlag van ʼn ander land in ʼn oorlog betrokke raak wat Suid-Afrika nie ondersteun of mee saamstem nie.

“Dit is in hierdie konteks dat Suid-Afrikaanse burgers bewus gemaak moet word van die gevolge van aansluiting by die Israeliese weermag of enige buitelandse gewapende magte wat by konflikte betrokke is, met die oog op die voorkoming van onopsetlike aandadigheid aan internasionale misdade of oortredings van binnelandse wetgewing.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

72 Kommentare

Aai ·

Ek lag vir jou so wat gaan jy doen met die Suid Afrikaaners wat in Israel bly is hulle nou trerroriste?

Piet 6 ·

Hulle moet liewer daardie geld en tyd gebruik om die staatskapers en ministers wat betrokke was, te arresteer.

Oros Soros ·

Sjoe, maar die ANC vry vreeslik hard na befondsing. Sedert die “Israel Bashing” begin is, het die ANC se finansieële probleme soos mis voor die son verdwyn. Toeval? Nee

Andre ·

Ag asseblief! Regte “gogga maak vir baba bang” storie! Hou net jou rok aan!

Pieter ·

Julle probeer al die regverdiges “aankeer” vir so lank as julle bestaan en raai wat, soos in die bos, jaag julle net julle eie ondergang…! Good luck…

Pieter ·

nous ek sommer nog meer lus om aspris te wees. Verstaan die mense nie dat hulle ‘n merk dra…

Pieter ·

Naledi Pandor onthou om te vas sodat jy kan verstaan hoe honger voel…
If you don’t walk the walk, why talk the talk?

Pieter ·

Gehalte SA burgers stem nie eers saam met wat in ons EIE land aangaan nie. Miskien moet ons as SA bietjie begin hulle “status” hersien.

KB ·

Daar kom die Marxisme nou mooi na vore – onderdrukking.
Waar is die vryheid van spraak, Pandor?

Pieter ·

PSALMS 27:3 AFR53
Al word ‘n laer teen my opgeslaan, my hart sal nie vrees nie; al staan ‘n oorlog teen my op, nogtans vertrou ek.

SmartieMan ·

Ag asseblief. Probeer liewers iets reg doen vir jou eie land se mense!

Jan ·

Wat van die, die Suid-Afrikaanse regering ingesluit, wat die Palestyne help. Dit is ok. Moord en verkragting van onskuldige burgers is aanvaarbaar.

Pieter ·

So , mag ons dan vir die teroriste gaan veg, aangesien SA , hulle ondersteun?

Jolandé ·

As ek iets gaan se wat ek wil se, sal ek reguit tronk tou gaan.

Porseleintjie ·

Enige vyand van Israel is ‘n vyand van God. Do not touch Israel!!!

koos10 ·

Maar julle kan luidkeels steun aan Hamas, en sommer ook Rusland, verkondig, namens SA, sonder om eers te vra hoe die mense van SA voel daaroor. Hoe gouer julle uitgestem word hoe beter. Reg en verkeerd bestaan nie vir julle nie. God Drie Eening is vir julle net ‘n nagedagte.

Oosieoos ·

Jy moet liewer bekommerd wees wie in SA vir jou regering sal veg dommie. Jy sal verbaas wees doen gerus a opname

trotsNAMSA ·

Daardie persone wat nou in Israel veg, is gebore Suid-Afrikaans gebore Jode wat alreeds hul opleiding van 2 jaar in Israel voltooi het. Na opleiding kom hulle terug na SA en bly heerlik in SA met dubbele burgerskap. As hulle nie terug kan kom na SA nie, sal hulle as setlaars die Palestyne se grond afneem. Wie het die meeste geld in SA ? Terug sal hulle kom, SA is net te beter as om in Israel te bly as dit kom by ekonomiese sake.
In elke land is ‘n groep Israeliete. Watter kant gaan hulle met dubbele burgerskap veg ? SA of terugkeer na Israel as setlaars ?

Manie ·

Hoe gaan hulle dit in ieder geval weet, ek kan vir 3 maande daar gaan vakansie hou? Israel sal ook nie uitpraat nie.

Ore ·

Minister, mag ek vir Rusland of Hamas gaan veg? Het ek toestemming nodig of sal u dit verwelkom? Wat ‘n verleentheid.

Frederik ·

Wow – nou veg jy teen jou eie land. Please remember: “A house divided against itself cannot stand…”. Dis ook hoekom die ANC elke jaar verder verbrokkel…

Dieter ·

ek is bevrees vryheid van spraak, geloof is iets van die verlede.
Sal graag wil sien dat diegene wat Rusland en kuba en China onder dieselfde kan geskeer word.
Dit sluit in ons parlement wat hart en Beursie agter hamas staan, wat terrorsme vrylik ondersteun en bedryf.
Kom nou Pandora. julle leef in n droomwereld.

Bevorder geregtigheid - Vrydenker Vlakvark ·

Minister Naledi Pandor, gaan BESTUDEER die boek van die outeur Robert Spencer getiteld “The Palestinian Delusion – The Catastrophic History of the Middle East Peace Process” (jaar 2020 weergawe). Hy is ook die outeur van die boek JIHAD.

fafa ·

Sou graag wou weet onder welke wetgewing sodanige “oortreder” aangekla sou word-vir jare veg oud soldate en dienspligtiges in ander lande teen vergoeding in dollars , en hierdie is skielik ‘n oortreding? Jy sal nie jou pro-hamas terroriste beleid op burgers kan afdwing ophuidige Landswette nie -sorry Antie

Annelize ·

Ja, tipies die regering van SA en sy kaders.

Ondersteun alles wat verkeerd, imoreel en loodreg teen die grein van alles wat goed en reg is, ingaan.

miraclealigner ·

Nou kom arresteer my nou maar dan. Jy en watter army?! Die narre kan nou maar exit, stage right please….

Hazel Dean ·

Kyk ek wil nou nie dáái gesiggie in die nag raakloop nie…

Heinrich ·

Nee Pandora, nie “onder die vlag van ʼn ander land in ʼn oorlog betrokke raak wat Suid-Afrika nie ondersteun of mee saamstem nie” maar eerder ” onder die vlag van ʼn ander land in ʼn oorlog betrokke raak wat die ANC nie ondersteun of mee saamstem nie”. Groot verskil tussen ‘n terroriste organisasie wat ‘n ander ondersteun en en beskaafde mense van ‘n land wat ‘n ander land se reg op selfbeskerming erken.

Bolandse Nooi ·

En wat as iemand aangesluit het by die Palestynse magte? Sal dié Suid-Afrikaners dan ook vervolg word as hulle weer in SA arriveer?

Bolandse Nooi ·

Aunty Pandora moet miskien in haar boks terugklim. Your time is over, Aunty Pandora. Ek hoop ‘genuine’ so. In 1992 toe daar referendum gehou is oor die “Ja/Nee”-stem vir stemgeregtigheid vir ALMAL, was die 68% Ja-stemmers (gelukkig was ek nie een van hulle nie), bitter bang vir wat gaan gebeur as “our people” NIE toegelaat word om ook te stem nie; die mense was BANG vir ‘n volslae burgeropstand. Nou, 30+ jaar later, is ons weer bang vir ‘n bloedige stryd, maar ek vat eerder hierdie as om langer onder die selfvernietigende, korrupte juk van die ANC te verkeer.

hpven ·

Pandor praat namens die ANC, beslis nie namens ons oud soldate en PMC’s wat destyds en steeds terroriste beveg nie. Persoonlik sal ek terroriste beveg en Israel ondersteun en bystaan tot en met my dood!

Jenny ·

Wie is sy om sulke besluite te neem, as ek kon sou ek daar gaan baklei het, my voorouers is Jode en ek sal saam met hulle staan. Ek staan 100% vir Israel, sy kan nie my voorouers se afkoms verander nie en ek sal vir God se volk Israel (Jode) staan tot ek sterf.

domheks ·

@Hazel Dean. Sal my bene afhardloop! Net soos die whisky advertensie, as sy in die nag voor jou verskyn sal jy hardloop.

Louis ·

Klink na dubbel standaarde, in 2015 het Sudan se pres. Ongeskonde uit SA gevlieg na Afrika Summit ondanks ‘n lasbrief vir sy arristasie vanaf ICC.

Di ·

Grap van die jaar. JULLE korrupte ANC KADERS moes lankal aangekeer en in die tronk gestop word.

Dries ·

Ai die vrou bly in n droom wereld van haar eie,, ek sal veg vir Isreal, nie sy of enige anckanker kader sal my verhoed nie,, ou tannie indien ek jy is gaan ek permanent op pensioen. Jou tyd en die anc se leeftyd perk het verval. Ek is n trotse PMC lid. Kry vir jou n stel adidas en begin draf,,, hehehehehe

minnie muis ·

nou ander kant van munstuk—– so sy sal mense help wat vir hamas will veg?

Delia ·

Hoewel ek glad nie met haar saamstem oor goed nie, di k ek regtig dis onnodig om lelike opmerkings oor haar gesig te maak. Sy het nie haarself gemaak. Kritiseer haar optrede/ opinies/gedrag ens, maar regtig nie hoe sy lyk.

Jakes ·

As ek die agvare Pandor was sou ek eerder solank n ander werk soek want na die verkiesing gaan die spul van gulle werkloos wees en baie van hulle se voorland gaan die tronk wees. Die Zondo Komissie se bevindings sal beslis opgevolg word want meeste van Ramaphosa en sy ministers word geimpliseer. As hulle maar net weet wat kom.

Gaitsigubib ·

Dis opmerklik hoeveer egernis sy ontlok met haar uitlatings. As hulle ‘n bejaarde oom eers aanrand en dan arresteer vir openbare geweld dan is almal stil (sleg n paar kommentare). Ek dink nie Pandor moet haar bekommer nie. Niemand gaan veg nie – hulle doen dit nie hier nie en hulle sal dit ook nie daar doen nie. Hulle doen die selfde in die VSA oor die oorlog in Oekraiene. Dit laat my dink aan honde wat blaf vir ander honde wanneer daar n hek tussen hulle is.

Renier ·

Onthou net antie ous,julle het ons nodig,nie ons vir julle nie. Groetnis

Pieter ·

Geld dit nou as jy vir die Palestyne ook veg, wonder ek nou? Net Isreal word genoem.

SjN ·

Daar is belangriker sake tuis wat meer aandag vereis, maar nou ja, net nog n geval van gogga maak vir baba bang.

Papsak ·

Ek se weer Pandor moet haar bek hou ek staan 100% agter Irael kyk liewers hoe het julle SA vermink dan val jy oor Irael asb

Micheal ·

Doen n toets en doen aansoek by:
rusland (Sal jy vervolg word? – Nee)
Ukraine ( jy sal vervolg word)
hamas (Sal jy vervolg word? -Nee)
Israel ( jy sal vervolg word)

Jacobus ·

Wat my regtig tot kommer stem is die tempo waarteen ons agbare minister (Dr nogal) haar varkies verloor. Sjoe, geld is darem maar ‘n genadelose meester!

Onnie ·

Whahahaaaaa Antie, jy weet nie eers waarvan jy praat nie! Gaan lees jou Bybel. Ek sal veg vir wie ek wil, niemand het jou permissie gevra nie. Bepaal jou eerder by die kriminele in jou eie geleerdere. Ons land is in sy maai en jy worry oor Palestyne? Hulle weet nie eers wie jy is nie, maar jy veg vir hul regte – dit terwyl Suid Afrikaners jou (buitensporige) salaris betaal. Skande!

TO ·

As hulle vir Rusland gaan veg het, het julle ‘n erewag by die lughawe gekry en ‘n medalje, net nie vir Oekraïne of Israel nie.

Andre ·

…en Irán het seker al die agbare se aftreeplekkie in Dubai afbetaal?

Ronel ·

Ai tannie, jy het nie n idee waarvan jy praat en meg wie jy sukkel nie. Hierdie mense is God se mense, dieselfde God wat vir jou lewe gegee het natuurlik Genade. As jy nie self Bybel lees nie (wat ek dink beslis die geval is), vra vir iemand wat weet om jou die “geskiedenis” van ISRAEL en almal wat hulle ooit teengestaan het te vertel. Dis nie n mooi storie nie, vir die wat teen Israel is. Sorry ou tannie, dis feite, ABSOLUUT niks wat enige mens daaromtrent gaan doen nie!!!

KB ·

En ek dag antie “kopdoek” was erg…nou het ons ʼn voëlverskrikker wat haar oortref. Genade, hoe sterk kom daai 30% nóú deur!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.