Sangoma se slange jaag LUR skrik op die lyf

Een van die slange in die voertuig. (Foto: Faith Mazibuko/Twitter)

As LUR vir gemeenskapsveiligheid in Gauteng het Faith Mazibuko waarskynlik al heelparty interessante karakters teëgekom.

Maandag het sy haar egter vasgeloop in ʼn heel ander teenstander toe ʼn slang oënskynlik uit die venster van ʼn motor in ʼn parkeerterrein waar die LUR en haar span gewag het, probeer seil het.

Pinkie Numa, Mazibuko se woordvoerder, sê hulle het pas hul werk in Sharpeville afgehandel en Mazibuko was op pad om besoek af te lê by die familie van Ntante Mhlambi, ʼn voorsitter van ʼn gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), wat onlangs dood is.

Mazibuko het in die parkeerterrein van die Evaton-winkelsentrum vir die provinsiale GPF-voorsitter en die distrikspolisie gewag wat ook hul eer sou gaan betoon.

Numa sê ʼn wit BMW het naby die LUR se voertuig stilgehou en die eienaar het uitgeklim.

“Een van die motorvensters was effens oop. ʼn Beampte wat lid is van die LUR se beskermingsmag het gesien dat ʼn slang probeer uitkom.

“Die eienaar is terug na die voertuig en het die venster toegemaak, maar het nie die motor gesluit nie.”

Die beamptes het Mazibuko van die slang kom vertel, waarna hulle foto’s daarvan geneem en Mazibuko dit op Twitter gedeel het.

Numa sê met die eienaar se terugkeer na die voertuig is hy gevra of hy ʼn permit het vir die slange – dit is later vasgestel daar was twee slange in die voertuig – en hy het aangebied dat die groep saam met hom na sy huis kan gaan om na die permit te kyk.

“Die eienaar het gesê hy is ʼn sangoma en die slange is sy kinders.”

Die plasing het heelwat snaakse kommentaar op Twitter veroorsaak. Een gebruiker het gesê die LUR moet die slang in hegtenis neem omdat dit nie ʼn masker dra nie.

Nog ʼn gebruiker het dit as ʼn uitstekende manier bestempel om kapers en gryprowers af te skrik en skryf dat hy self ʼn groot slangliefhebber is en dikwels sy slange in die kar los.

Ander wou niks weet van die slangbesigheid nie en het geskryf dat hulle glad nie gemaklik met ʼn slang in die motor sou wees nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Elinette ·

Eish, only in AFRICA. Maar wraggies ‘n goeie manier om diewe af te sit, moet ek erken. Wanneer die mense darem ook hul “tradisies” met allerlei gogga-goeters sal laat staan, weet nugter. Ons probeer hulle al vir naastenby 400 jaar regkry, maar sukses is maar min.

Persheks Adri ·

Ek kry net daar ‘n hartaanval werklik waar!!!

Hulle hou hulle op met snert dié klomp sangomas

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.