SANParke-personeel vas vir renosterstropery  

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

Drie van SANParke se personeellede in die Krugerwildtuin is in hegtenis geneem vir beweerde betrokkenheid by renosterstropery.

Isaac Phaahla, woordvoerder van die wildtuin, het gesê die drie is Dinsdag buite die Krugerhek in hegtenis geneem tydens ʼn intelligensiegedrewe operasie deur lede van SANParke, misdaadintelligensie en veediefstaleenhede.

“Twee van die beamptes was as veiligheidswagte in diens terwyl die ander verdagte vir die tegniese dienste-afdeling in een van die ruskampe gewerk het.”

Phaahla het gesê daar sal met dissiplinêre optrede teen hulle begin word sodra hulle in die hof verskyn het.

Die verdagtes is in hegtenis geneem nadat beamptes die motor waarin hulle was agternagesit het en daar op renosterhoring beslag gelê is.

Gareth Coleman, besturende direkteur van die wildtuin, het gesê dit is altyd ontmoedigend wanneer personeel by kriminele aktiwiteite betrokke is.

“Dit het ʼn invloed op vertroue tussen werknemers wat ʼn uitwerking het op ons verantwoordelikhede om op te tree as ʼn effektiewe bewaringsowerheid wat die inwoners van Suid-Afrika dien.”

Die teenstropingseenhede in die wildtuin het tussen Julie en September ʼn totaal van 16 vermeende stropers in hegtenis geneem en op sewe jaggewere beslag gelê.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Anel ·

Hoekom word hulle nie sumier afgedank nie? Hulle kry seker nog salaris en al die ander voordele. Gooi in die tronk en gooi die sleutel weg.

Miskruier ·

Walglik!! absoluut walglik, is daar net nie meer integriteit in die land oor nie?

Colin ·

Dis nie so eenvoudig nie, veral nie in die Kruger nie. Daar is ‘n hele paar duisend renosters. Daar bly steeds meer as 1kg horing agter nadat die diere onthoring is en dit ontmoedig steeds nie stropers nie. Praat uit ondervinding. Volgende probleem is waatgeen met al daai horings?

Gert Johannes ·

Soek maar eers die skelms, rowers, aanvallers en moordenaars in jou eie geledere. en dan verder.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.