SANParke trek perlemoenstropers vas

(Argieffoto) (Foto: SAPD)

Tientalle perlemoenstropers is Donderdag in die Tsitsikamma Nasionale Park in die Wes-Kaap aangekeer.

Suid-Afrika Nasionale Parke (SANParke) se bewaarders het Donderdag 48 beweerde stropers in die weste kant van die park, tussen Keurbooms en Soutrivier, vasgetrek.

“Kort nadat hulle vasgetrek is, het die polisie hulle na die naaste polisiestasie geneem. Daar is beslag gelê op meer as 142 kg perlemoen,” sê Nandi Mgwadlamba, streekswoordvoerder van SANParke.

Fundisile Mketeni, uitvoerende hoof van SANParke, het die bewaarders en polisie geloof vir hul goeie werk.

“Ons organisasie vorm deel van plaaslike polisieforums in dorpe op die Tuinroete. Só kan ons as ʼn span teen stropers veg.”

Die verdagtes sal na verwagting Maandag in die hof verskyn. Hulle is na bewering van Gansbaai, ʼn klein dorpie in die Wes-Kaap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Perlemoentjie ·

En so mag ons nie eers 1 uit haal vir eie gebruik nie, ons kus is gestroop! Maak my siek dat ons eie mense dit nie mag geniet nie. Die mense moet swaar gestraf word, want ag ek lus so vir ‘n ou perlemoentjie. Wonder as ek dalk net enetjie kon kry…………

Ai tog ·

En dan is daar van ons wat nie eers weet hoe dit smaak nie!

Capie ·

Nou laat blyk Sanparke en die polisie hulle doen so goeie werk. Een maal per jaar haal hulle een persent van die stropers uit om hulle kamtig te vervolg en dan weer terug in die water te wees. Dan word almal heuning om die mond gesmeer om weer bonuse te kry vir goeie werk

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.