SAPD se wiele kom af: Byna 1 uit elke 4 vangwa’s is onklaar

(Argieffoto)

Een uit elke vier sigbare polisiëringsvoertuie in die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal is stukkend.

Bheki Cele, minister van polisie, het in antwoord op ’n onlangse parlementêre vraag van die DA bekend gemaak dat 26,8% van voertuie in KwaZulu-Natal, 26,5% van voertuie in die Oos-Kaap en 26,2% van sigbare polisiëringsvoertuie in die Noord-Kaap tans onklaar is.

Altesaam 23,5% van speurders in die Noord-Kaap se voertuie is ook stukkend of onbruikbaar.

Byna een uit elke vyf speurders in die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal sit met dieselfde probleem.

Polisievoertuie tans onklaar:

ProvinsieSigbare polisiëringSpeurdiens
Oos-Kaap26,5%19,6%
Vrystaat18,7%14,4%
Gauteng22%14,1%
KwaZulu-Natal26,8% 19,5%
Limpopo19%15,6%
Mpumalanga14,6%11,1%
Noordwes13,6%12,4%
Noord-Kaap26,2% 23,5%
Wes-Kaap17,2%12,7%
Nasionale gemiddeld21,1%15,9%

 

Andrew Whitfield, die DA se woordvoerder oor polisie, sê dié statistieke weerspieël die desperate krete van gemeenskappe landwyd  wat sê dat hulle nooit ʼn polisievoertuig iewers sien nie.

In die lig hiervan is dit ook nie verbasend nie dat die land se misdaadsyfers kommerwekkend hoog is, sê Whitfield.

“Sigbare polisiëring speel ʼn deurslaggewende rol om misdaad te voorkom. Wanneer die polisie sigbaar is, is daar minder misdaad. Speurders, wat deurslaggewend is in die oplossing van geweldsmisdade, behoort boonop nie bekommerd te wees oor ʼn tekort aan voertuie om misdaadtonele vir ondersoeke te bereik nie.

“Hoe lank moet Suid-Afrika Bheki Cele se voortdurende mislukkings nog verduur? Wat moet nog gebeur voordat pres. [Cyril] Ramaphosa optree en hom uit sy amp verwyder?” sê Whitfield.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Minnie ·

Ons ambulanse lyk pragtig, skoon en gereed enige tyd van die dag of nag….

Willem ·

Dit is omdat voertuie vir hul eie behoeftes gebruik word dat dit nie hou nie.

Johann ·

Kan jou verseker Beki se vloot luukse karre is nie in dieselfde toestand nie?

Minnie ·

Dis omdat daar nie meer daaglikse inspeksies of parades gedoen word nie.
Die voertuie binne lyk soos asblikke, word gestamp en verniel deur polisie lede wat dit vir privaat doeleindes gebruik . Hul steur hul glad nie aan staande ordes nie, ry hul kinders skool toe, families werk toe ens.
Hier in Weskaap het hul oorgenoeg voertuie volgens rekords, maar meeste is so verniel dat dit onbruikbaar is.
Ons dorp se polisie asook die speurders dink daagliks hul is op n renbaan.
Die probleem is die bestuurders, nie n tekort aan voertuie nie !

Anel ·

Omdat die bestuurders nie veranteoordelik gehou word nie en dat die meeste nie behoorlik kan bestuur nie. Maar hulle mo bestuur!!

marina ·

Behki Cele is soos die Italiaanse mafia base….
Onaantasbaar …so ook die ANC regering …met n rampokker as president !
SA gaan dieselfde pad volg as Zimbabwe…is al 90 % daar !!!

Delia ·

So ry n SAPD lid 2 wiele bo oor n sypaadjie in spitstyd by n verkeerslig. Ek dink toe hy ry nou seker so agter n saak aan. Tot my verbasing, klim hy uit, maak sy broek los en urineer ten aanskoue van almal. Mind you, die garage 2 blokke verder was seker te ver om te ry. Hy klim in die bakkie, weer af by die sypaadjie en ry doodluiters verder. Ek maak my mond maar toe wat so oop hang en ry ook verder.

Papsak ·

Ek stem voertuie word vir hulle gebruik om hulle dinge te doen daarom lyk polisievoertuie so ga ga regtig slordig

Lillian ·

Daar is hope redes vir hierdie gemors, lede wat voertuie opsetlik verniel, want dis nie hul eiendom nie, staatswerktuigkundiges wat nie behoorlik opgelei is om die voertuie te diens nie, leweransiers van parte wat nie betaal word nie, en voertuie wat dan by staatsgarage staan vir onbepaalde tye. Vra my ek weet, ek was daar…

annie ·

Verkeerspolisie se sigbaarheid 0%. Net langnaweke en vakansies 1% by kitskosplekke.

Elize ·

Nee dit is 100% by kitskosplekke. Kom kyk maar hier by KFC in Phillipnelpark

christo ·

Klap dan maar ‘n toon, soos ons jare gelede sou sê.
1. Met elke skof oorname is die bestuurder wat oorneem, veronderstel om die voertuig te inspekteer en die vorm te voltooi dat dit nagegaan is vir skade en dat die bande, water en olie nagegaan is.
2. Laai dan maar die lede op strategiese plekke in stede af om te voet te patroleer. Dalk sal daar dan beter na die voertuie omgesien word.
3. Koop gewone ‘ baseline ‘ voertuie aan en nie luukse bakkies en motors nie.
4. Die Wes-Kaapse regering gebruik VW Polo’s ( plaaslik vervaardig )as standaard voertuig vir alle departemente. Dit vereenvoudig die instandhouding en kan dus makliker deur die staatsgarage versien word.
5. Wat staatsamptenare nie besef nie, is dat hierdie laksheid minder geld beskikbaar stel vir salarisse en dus ook vir vakante poste.
6. “Ook maar lekker stupid, né. ” soos Ouboet sou sê.

Blom ·

My man is in die SAPD en moet elke dag gevangenis gaan haal in Johannesburg. Die skedonk voertuig wat hy gekry het om dit meer te doen moet ons uit ons eie sak onderhou!!

Elize ·

Hy kan mos net sê “sorry the car is broken”. Vir wat julle eie geld mors op sulke gemors? Moet ek ook soos Ouboet sê “ook maar lekker stupid”

Di ·

Die hele land se wiele het reeds afgeval vandat die skelms die land regeer! Weereens ‘n bewys dat hulle nooit ‘n land suksesvol kan regeer nie! Wys my een land waar hulle aan bewind is, wat ‘n sukses daarvan gemaak het, GEEN!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.